Goeie dag op ‘n stormagtige Maandag hier in New Zealand. Wind tot 135 km p u, buie reën, donderweer en ook moontlik hael en sneeu. Dis amper einde September en nog is dit nie die einde van winterkoue nie.
Kom ons kikker die dag ‘n bietjie op met ‘n paar vertellings.
Bou of maak iets. Enige ding wat jy wil, regtig of denkbeeldig, maak nie saak nie.
Afrikaans is ‘n pragtige taal. Ek is baie lief vir Afrikaans en ek is seker jy deel die gevoel saam met my. Dit is nou die geleentheid om bietjie in Afrikaans te skryf. >k hoop jy neem jou pen(skryfapparaat) op en deel n paar dinge met ons almal.
As jy jou stukkie geskryf het kan jy jou skakel in my kommentaar insit of n pingterug gee sodat ander ouens ook saam kan lees.
Dankie aan die volgende ouens wat verlede keer geskryf het:
Appeltjie
https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/20/maandag-wasdag-28-avontuur-ondervinding-vertelling/
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/22/kameel-avontuur-2/
Ek bou!
Ek loop van gister(dis toe ek laas Donderdag hier op die plaas aanland) af al en tob oor wat om te gebruik vir “prikkel”om oor te skryf.
Gister het ek my eerste dag afgehandel en uitgesorteer. Pootuit gaan slaap. Vanoggend, tweede dag hier, besluit ek om maar die wasdag oor te slaan.
Nou sit ek aan die einde van die dag en skryf my Wasdag want ek kry toe sommer skielik ‘n brein golf(inspirasie, idee, deurbraak sê die vertaling van brain wave)
So het dit gekom:
Ek moes gou bult-af gaan om hek se slot oop te sluit want my kinders gaan kom kuier. Uitgeput kom ek tuis en moet die kaggel pak sodat dit kan warm word binne. Dis maar baie koud hier bo in die gebergtes van vroeg aand en nag.
Sit eers n klompie opgeskeurde karton en koerant in frommels in die kaggel. Gaan haal klein/fyn houtjies(kindle is vir my so n mooi woord vir die houtjies) Pak dit bo-op die papier sodat dit mekaar kruis en nie langs mekaar lê nie. Nou groter stompe bo-op die dunner hout. Een groot stuk hout kom laaste wat stadig moet brand om kole te maak.
Elke keer dra ek die klompie houte van buite af in my arms in. Dis hoekom ek drie keer moes loop. Ek ken nie van, in ‘n houer sit en, alles gelyk inbring nie! Sou in elke geval te swaar vir my wees om te dra.
Ek bekyk die storie so; wonder of dit gaan brand as ek dit aansteek. En dis waar die gedagte opgekom het om iets te bou(wat ek mos nou gedoen het) of te maak.
Eintlik moet ek seker maar vir dr Google vra om vir my aanwysings te stuur hoe om ‘n vuur te pak en maak.

Dit was toe n groot sukses!

Dr Google verduidelik!
Laat ‘n boodskap