Maandag=Wasdag no 26: Skoene

Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder.

Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker.

Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan lees wat jy oor die onderwerp te vertelle het.

Geniet dit.

Skoene

Christa https://christavanstaden.com/ vertel van haar wit skoene wat volgens die grênd dames nie gedra mag word nie. Dit moet of blink swart of silwer wees. Dit was darem nou in die ‘70s waarvan sy gepraat het. Haar skrywe het my laat dink aan my trouskoene wat ek steeds na al die jare nog in my kas bêre. 

Dit was einde Junie 1980. Ek bly in Potgietersrus ‘n plattelandse dorpie. Ek staan op troue wat einde Augustus sou wees.

Hoe nou gemaak. Daar’s nie tyd vir n nuwe rok maak nie. Gelukkig was daar ‘n dame wat uit haar huis uit trourokke uithuur.  Nie een rok het regtig my aandag getrek nie, tog moes ek besluit en klaarkry want ek moes nog skoene ook gaan soek wat by die rok moes pas. Die dame laat my ‘n roomkleurige rok aanpas. Dit was toe bietjie groot vir my maar sy het gesê sy sal die nate ‘n bietjie afwerk(wat sy toe nooit gedoen het nie) 

Toe kom die skoene soek! In Potgietersrus is daar nie juis ‘n keuse van winkels nie. Die boutique het nie regtig skoene verkoop nie. Ek gaan toe maar na die grênd skoenwinkel om te kyk wat daar is. Hierdie skoenwikeltjie was regtig ‘n plekkie waar jy jou hartsverlange kon uitleef deur net te kyk want die skoene was duur; soos in ekstra duur. Ongelukkig was daar nie amper wit skoene nie of te wel roomkleurige skoene nie. Daar was wel ‘n meer half gryser roomkleurige paar skoene. Hul het hierdie fyn, hengse, hoë hakke gehad. Gelukkig het ek redelik hoë hakskoene gedra omdat ek maar 5’6” was. My aanstaande was 6’5”  en die skoene kon my lekker lengte gee. Ek het besluit om maar oë toe te knyp en die skoene te koop. 

Die skoene gee steeds mooi herinnering aan die heerlike troue wat ons gehad het 30 Augustus 1980, veertig jaar gelede.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

22 reaksies op “Maandag=Wasdag no 26: Skoene”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag Scrapy, dit was nou lekker lees. Ja, nee, kyk, as mens ‘n spesifieke kleur skoen in gedagte het, kan dit ‘n ding afgee as mens eers begin soek in klein dorpies.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis n probleem. Het netso gesukkel met blomme vir my ruiker.

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir jou inskrywing. Gaan nou eers gou lees.

      Like

  2. Tannie Frannie Avatar

    Dis pragtige skoene!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie. Ook maar net eenkeer aangetrek. Hul is baie spesiaal.

      Liked by 1 person

  3. Kameel Avatar

    Daardie skoene is nou antiek 😊 Dink jy moet vir jou ‘n smart date kry sodat jy hulle nog eenkeer kan dra. Terg jou sommer. Sal graag ‘n troufoto wil sien.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het darem al n troufoto ingesit jare terug. Sal kyk vir een weer. Party dae het ek nogal lus vir n lekker vriendskap(as jy verstaan wat ek meen) Mis soms n geesgenoot.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Ons almal het daardie een persoon nođig waar ons ons harte kan ontbloot sonder om bang te wees vir oordeel. 😊

        Like

  4. Kameel – Skoene – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag=Wasdag Uitdaging […]

    Like

  5. rondomtaliedraai Avatar

    Dis ook ‘n hele leeftyd gelede. Die lewe het wye draaie geloop!

    Like

    1. Tannie Frannie Avatar

      Tina, ek mis jou Vrydagbyskrifte en Sondagkopies. Is jy oukei?

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ek wonder ook wat het van Vrydagbyskrifte geword.

        Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, laat mens lekker terug dink. Het jy gesien dat Frannie jou Vrydag byskrifte mis? Jy moet maar weer probeer jong.Groot asb.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie bly om jou weer te sien skryf.

      Like

  6. Skoeisel relaas vir Scrapy – Lekkervurigeaffêre Avatar

    […] Scrapy wil dat ons oor skoene vertel en haar Wasdag is al amper verby. Sal seker die agteros in die kraal met my relaas wees. […]

    Like

  7. Met hierdie skoene skop 'n mens 'n geelslang in sy hol - Dis Ekke Avatar

    […] het ons uitgenooi om oor skoene te skryf vir haar Maandag=Wasdag uitdaging no 26. Skoene en ek was nog nooit groot maats nie. Ek het immers in Namakwaland grootgeword en in die […]

    Like

  8. Ek en my hemelhoë skoene … – Dr. Christa van Staden Avatar

    […] Scrapy vra die ander dag dat ons oor skoene skryf, dus is hierdie weer deel van ‘n bloguitdaging. […]

    Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: