Alfabet
Die alfabet het 26 letters.
Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom.
Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om dit te laat opvolg nie.
Geniet die uitdaging. Dit gee jou kans vir vrye teuels en ook om Afrikaans te skryf.
Afrikaans; dis waaroor dit gaan.
A = amandel, appelkoos, appels
B = bloeisels
C = Corgi
D = draaie
E = eerlik
F = figuur
G = geluk
H = hunker
I = indruk
J = jan alle man
K = kos
L = liefde
M = moedhou
N = niemand
O = opdrag
P = plaas
Q = quice
R = rustig
S = slim
T = terug
U = uitdaag
V = vandag
W = wil
X = x strale
Y = ysig
Z = zombie
Amandel bloeisels wys dat daar warmte in die lug is en dat lente naby is.
Elke oggend kom ek en Trompie ‘n dame met ‘n Corgi teen. Hul loop altyd n paar draaie om mekaar. Die eerlike waarheid is dat diere mekaar verdra, verstaan en respekteer. Die Corgi het ‘n figuur wat beslis n bietjie aandag moet kry. Trompie lyk ook maar n bietjie te rond so na die winter. Die geluk is dat die weer nou beter en warmer word en daar meer geloop kan word. Ons hunker lankal na droëer weer.
Die weer skep die indruk dat dit warmer word maar stel telkens teleur deur weer n koue nat front te stuur.
Die weer is nie soos Jan-alle-man wat maar doen soos wat mense wil hê.
Kos is n belangrike woord in mens se lewe. Dit kan as eetgoed gebruik word. Vir my kos dit liefde en moedhou om almal tevrede te stel. Niemand is volmaak nie.
Die opdrag hierdie keer plaas mens in omstandighede waar jy moet uithaal en wys as jy al die woorde na mekaar wil gebruik.
Nou knaag die honger aan my. Dalk sal ‘n quiche nou die regte ding wees om te maak. Ongelukkig is ek heel rustig op die oomblik en ek gaan slim wees. Ek gaan terug sit en droom oor die volgende uitdaging wat ek vandag vir my Memoir kursus gaan skryf. Ek wil dit vandag doen want môre kom week drie se uitdaging.
Vanoggend het ek ‘n ou vriend raakgeloop wat velkanker het. Hy het vir behandeling gegaan en ook x-strale van sy hart wat reeds nuwe kleppe het. Die windjie waai steeds ysig en die vriend het ‘n mus op gehad omdat hy al sy hare verloor het. Hy het vertel dat hy die eerste weke met die behandeling soos ‘n zombie was.
Ek is so bly hy is weer op die been. Hy het altyd elke dag gestap en dit is sy behoud dat hy fiks was. Hy’t ook baie gewig verloor.
Laat ‘n boodskap