Kategorie: Maandag = Wasdag
-
Maandag=Wasdag 34 :Musiek
Die hele week sing ek in my gedagtes die volgende liedjie Dit reën hier aanmekaar. Wens ek kan bietjie oorstuur na die dele waar dit so droog is. Musiek was nog altyd baie belangrik in my lewe. Van kleins af het ek, as die geleentheid daar was, musiek geluister. Toe ek student was het ek…
-
Maandag=Wasdag 33: Ry-/ding
Dis weer Maandag en die wasgoed moet gewas word. Verlede week se wasgoed het opgehoop weens omstandighede buite my beheer. Hierdie keer gaan dit nie weer gebeur nie. Ons skryf hier in Afrikaans omdat dit nie net ons moedertaal is nie maar ook omdat ons lief is vir Afrikaans. Kom skryf ook ‘n stukkie en…
-
Maandag=Wasdag 32: Tande
Almal wat Afrikaans is en wil skryf kan hier by my Wasdag aansluit. Ons skryf in Afrikaans en ook oor alledaagste ondervindings of dinge. Ek wil jou ook nooi om jou skakel in my kommentaar te plaas sodat ander lesers ook kan gaan kuier by jou en lees wat jy alles te sê het. Geniet…
-
Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.
Kom skryf saam met my op ‘n heerlike Maandag. Jy het die hele week om jou stukkie te skryf en dan jou skakel in my kommentaar te plak of ‘n pieng-terug te stuur. Ek verander op ‘n Maandag die onderwerp. Lekker skryf en lees. Die volgende persone het lekker saam gesels Appeltjie – Ouma maak…
-
Maandag=Wasdag 29: Bou of maak iets.
Goeie dag op ‘n stormagtige Maandag hier in New Zealand. Wind tot 135 km p u, buie reën, donderweer en ook moontlik hael en sneeu. Dis amper einde September en nog is dit nie die einde van winterkoue nie. Kom ons kikker die dag ‘n bietjie op met ‘n paar vertellings. Bou of maak iets.…
-
Maandag=Wasdag 28: Avontuur, ondervinding, Vertelling.
Maandag is weer hier. Dankie aan die volgende ouens wat saam gesels het verlede week: Appeltjie Maandag = Waskamer 27 Kamer Kameel Kameel – Kamers Lekkervurig Hier gaan ons dan. Almal wat Afrikaans is kan saam skryf. Gee asseblief vir my ‘n skakel of pieng-terug in my kommentaar sodat ek erkenning kan gee aan jou skrywe…
-
Maandag=Wasdag 27: Kamer
Welkom by nog n Maandag. Almal wat Afrikaans skryf kan kom saam skryf en deel in my wasgoedmandjie. Al die wasgoed is gesorteer vir die week. As jy so voel kan jy na my webtuiste n pieng-terug stuur of sommer net jou pos se skakel in my kommentaar plak sodat ander ook kan lees wat…
-
Maandag=Wasdag no 26: Skoene
Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder. Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker. Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan…
-
Maandag=Wasdag no 25: ALFABET
Alfabet Die alfabet het 26 letters. Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom. Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om…
-
Maandag=Wasdag no 24: Sport/s
Hierdie wasdag het so vinnig gekom dat ek skaars tyd het om my draaie behoorlik te loop. Die wind waai asof hy daarvoor betaal word. Dis kurk droog en daar is geen vooruitsig vir reën nie. Ek het weer die nuwe skooljaar aangepak en alles is weer volstoom aan die gang. Hierdie week se skrywe…