Kom skryf saam met my op ‘n heerlike Maandag. Jy het die hele week om jou stukkie te skryf en dan jou skakel in my kommentaar te plak of ‘n pieng-terug te stuur. Ek verander op ‘n Maandag die onderwerp.
Lekker skryf en lees.
Die volgende persone het lekker saam gesels
Appeltjie – Ouma maak speelgoed!
https://appeltjie.wordpress.com/2020/10/05/maandag-wasdag-30-n-boer-maak-n-plan/
Kameel maak plan met wasgoed
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/10/06/kameel-n-boer-maak-n-plan/
Baie dankie vir jul getroue ondersteuning ek waardeer dit baie.
Opdrag 31
Neem n foto of n voorwerp wat vir jou waardevol is. Vertel hoekom dit spesiaal is, moontlik wat dit is of, hoe dit in jou besit gekom het of, hoe jy dit raakgeloop het.
‘n Besondere instrument
Dis Sondag. Ek is weer vir die naweek op die plaas waar ek na die dierasies en huis kyk.
Lê rustig en dommel in.
Ek moet teen vier uur alles versorg, toesluit en huistoe gaan.
Terwyl ek so tussen half slaap en half wakker wees op die rusbank lê; Trompie hier neffens my uitgestrek en ook lekker moeg; begin my brein so soetjies draaie loop na wat ek vir Maandag=Wasdag wil skryf.
So deur die slaap newels kom die storie in my kop.
Spring op. Maak gou ‘n koppie tee en begin skryf. Kyk as ek nie dadelik aantekeninge maak nie het ek alles netnou weer vergeet.
Soos ek al genoem het is hier ‘n ou rehabilitasie hospitaal vir alkoholiste en dwelm verslaafdes. Die gebou is reeds baie vervalle. Daar is egter nog ou meubelstukke en kabinette van die sentrum wat hier agter gebly het. Alles is verwaarloos.
Elke dag moet ek vir Mickey die boklam in die hospitaal invat en haar in die binnehof toemaak sodat sy daar kan wei. Sy is natuurlik nie baie gelukkig met die omstandighede nie en sit ‘n bek(keel) op as ek loop.
In die een, half privaat sitkamer, deel staan daar ‘n klavier.
Mankoliek, skeef, klawers oop, vol stof.
Telkens, as ek verby loop, dink ek om fotos te neem; wat ek toe vandag gedoen het.

Die klavier kan beslis baie stories vertel van eensame, verwaarloosde, bedwelmde mense. Party dae sal een kom, gaan sit, ‘n paar note druk en dan gly die vingers outomaties oor die klawers. Die mooiste melodië kom diep uit die klavier en die speler se hart. Een, een verskyn van die ander pasiënte en verluister hulle aan die klanke.
Daar word selfs bekende liedjies gespeel, saam gesing of net ritmies hande geklap of voete getik. ‘n Paar oomblikke van vergeet van pyn en verlange, net die klanke van die klavier.
Nou staan die klavier sommer in die leë kamer. Geen stoel nie. Geen mens wat luister of saamsing meer nie.
Wat gaan van die klavier word? Ek wonder.
Die klavier het my ook aan Laurika Rauch laat dink met Lisa se klavier.
Liza se klavier
Ek het ‘n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Refrein:
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Liza se klavier
Liza kan nie ophou as sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop
Of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
En drink haar appelkoostee
En kyk na Kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart see
Refrein
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk
Ver na bo
Vanuit die vullis van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop
Al moan die bure ook al hoe
Word Liza elke boemelaar se droom
Refrein
Musiek & liriek: Koos Kombuis
Uitgewer: Koos Kombuis/CAPASSO
Verskyn op:
Die gang
Grootste treffers Volume 2
19 Treffers van 21 jaar
Laat ‘n boodskap