Maandag=Wasdag 32: Tande

Almal wat Afrikaans is en wil skryf kan hier by my Wasdag aansluit. Ons skryf in Afrikaans en ook oor alledaagste ondervindings of dinge.

Ek wil jou ook nooi om jou skakel in my kommentaar te plaas sodat ander lesers ook kan gaan kuier by jou en lees wat jy alles te sê het.

Geniet dit, dit is mos Afrikaans en Afrikaans is n heerlike taal om in te skryf.

Die volgende persone het oor ‘n besonderse voorwerp geskryf. BAIE DANKIE julle is baie pligsgetrou en sommer sterre ook omdat jul so lekker skryf.

Appeltjie met n handgemaakte hout dosie

https://appeltjie.wordpress.com/2020/10/12/maandagwasdag-31/

Kameel trek lekker haar kinders se bene met haar engeltjiepotjie

https://kameel179438031.wordpress.com/2020/10/13/kameel-die-engeltjiepot/

Tannie Frannie het n pragtige kristal vaas wat baie waarde het

https://frandr.wordpress.com/2020/10/14/maandag-wasdag-31-n-kosbare-voorwerp/

Kreukels en plooie(die uwe) ou klavier

https://kreukels.home.blog/2020/10/12/maandagwasdag-31-n-besondere-voorwerp-foto/

TANDE

Tande soos in – tande om mee te kou/byt; mense tande/diere tande; ‘n kam se tande/implemente se tande.

Hierdie week skryf ek oor TANDE. My hond Trompie se tande en ook myne.

20 Funny Dentist Jokes – Boys' Life magazine

Honde tande

Ek het vandag(16 Oktober) Trompie “hospitaal” toe geneem om sy tande skoon te laat maak. Ons moes 8 uur inboek en hy kan weer 4 uur huistoe kom. Die tande word onder narkose gedoen. Na tien jaar het plaak opgehoop en dit moet afgekrap word. Ek hoop maar dat sy tande self nog goed genoeg is om ‘n paar jaar te hou. Hy het die laaste tyd nie regtig behoefte gehad om sy rou gedroogde beesvelletjies wat ek vir hom koop te kou nie. Selfs sy wortel het hy halfhartig begin kou as ek dit vir hom gegee het. Hy het gelek-lek net voor ons plaas toe is asof daar iets tussen sy tande sit.

Toe ons Sondag terug is van plaas het ek n tandestokkie gevat en tussen sy voortandjies gekrap wat lyk my bietjie gehelp het. Dit het my laat besluit om maar ‘n afspraak te maak dat die tande moet skoon kom. Gaan seker ‘n plaas se prys kos maar nou ja, dis lank al tyd gewees om dit te doen. Hul gaan sommer ander toetse ook doen omdat hy maar n geskiedenis het van blaasstene. Ek het ook genoem dat dit vir my lyk of hy Parkenson’s se siekte het. Hy het trillende(bewende) bene wat al meer en meer voor kom. 

$750 later is Trompie terug. Skoon tande en sonder sy klein voorste bo- en onder tandjies. Hy het ook weer blaasstene waarvoor hy nou eers antibiotika gekry het want dit lyk vir dr of daar ‘n ontsteking moet wees. Wat ‘n gedoente. Arme hondekind. Hy kla nie. Maak net sulke lang sugte uit sy keel. Hy moet nou eers sagte kos kry totdat sy tandvleise genees het. 

Mense tande

Ek self is in ‘n posisie, dat ek amper kan mens sê, lewenslank winkeltande het. Ek was so 23 jaar toe al my tande getrek moes word omdat my tande net baie sleg was van geen kalk, of wat ook al die tekort was, in die water wat ons gebruik het. Die enemmel het net verswak en my tande moes gereeld gestop word. Toe trek die tandarts al my tande uit onder narkose. My nuwe tande is dadelik in die gate gedruk. Gelukkig het ek dit gedurende die Julie-vakansie gedoen. Toe die skool weer begin was alles netjies afgeswel. Kinders het nie eers agter gekom dat ek nuwe tande het nie. Hul het wel gesien ek het ‘n stukkie goud in my een voortand gehad wat nuut was. Daardie jare het almal mos ‘n stukkie goud in hul tande gehad om in die mode te wees.

Nou, jare later en in n “vreemde” land moes ek vir my ‘n nuwe stel tande laat maak. My ou stel is al so afgeslyt dat ek gladnie regtig lekker kan byt nie. 

Ek het na ‘n tandarts hier in Upper Hutt gegaan. Hy het x-srale geneem en gewys hoe min my kraakbeen is. Veral die onderste kraakbeen is net ‘n klein riffie hier en daar. Ek bespreek toe om dit maar te laat doen omdat ek gladnie inplantings kan bekostig nie.

Die afspraak was vir einde Maart om met die proses, van afdrukke en vorms te maak, te begin. Ongelukkig is dit toe stopgesit deur die Virus wat sy kloue hier ingegrawe het. My afspraak is op ys gesit want ek kon nie die praktyk besoek nie omdat ek ten eerste, bo sewentig jaar is en ook omdat ons “lockdown” in drie dae se tyd na totale afsondering geskuif het. Ek kon nêrens heen gaan nie. 

Uiteindelik kon ek weer tandarts toe gaan toe ons in vlak 2 terug beweeg het. Dit was helfte Junie.

My afsprake is telkens ‘n week uitmekaar gemaak sodat elke stap genoeg tyd gehad het om die tande te bou. 

Met die eerste afspraak was die tandarts netjies met ‘n masker en gesig skerm op reg om my te behandel. Eers vra hy al die virus vrae en daarna het hy beduie wat gaan gebeur. Wat ‘n gedoente was dit nie. Uiteindelik  kry ek toe my stel tande helfte Augustus. Toe moes dit ingewy word. Van die begin af kon ek nie die boonste deel in my mond kry sonder om myself seer te maak nie. Dit wou net nie werk nie. Die tandarts het deeltjies weggefeil. Ek wou sommer telkens huil so seer was dit. Na n paar keer se afskraping het ek die tande nie weer ingesit voordat my mond weer gesond was nie. 

Op die ou end het ek darem dit nou al so ver dat ek die tande die hele dag inhou. Ek eet en byt nou te lekker. Dis beslis ‘n verbetering op wat ek gehad het. 

Een ding moet ek bysê: as ek gaan kuier en weet daar word geëet sit ek nog my ou byters in. Hul bly maar lekker gemaklik al is hul so stomp dat jy op hul Kaapstad toe kan ry, dis nou van Pretoria af en op jou boude, ha ha.

can you think of a few patients you'd like to try this technique of teeth  pulling on? | Funny dentist pictures, Dentist, Dentist humor

Posted

in

, , , ,

by

Comments

16 reaksies op “Maandag=Wasdag 32: Tande”

  1. Anonimicus Avatar
    Anonimicus

    Ek het so ‘n klompie jare gelede ‘n maaltand gebreek op ‘n sagte stokvisgraatjie by Ocean Basket. Toe dokter ek tuis sommer self die middeltweetand met allerhande gereedskap. Uiteindelik het ek my seun se Leatherman in ‘n kersvlam gesteriliseer, laat afkoel en toe self die een helfte getrek. Jitte, en honde gaan tandarts toe??!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee honde gaan veearts toe en hul maak die tande skoon en trek vrottes uit.

      Liked by 1 person

      1. Anonimicus Avatar
        Anonimicus

        Veeartse en pediaters is goeie dokters want hulle kan nie hulle pasiënte vra wat makeer nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Haha, nogal waar, pasiente antwoord ook nie terug nie.

          Liked by 1 person

          1. Anonimicus Avatar
            Anonimicus

            Patoloë s’n ook nie………….

            Like

  2. Kameel Avatar

    Trompie het in die botter geval die dag toe hy jou as ma gekry het Ineke. Tande…. wat ‘n probleem!!! Ek is nie lus vir valstande nie maar die ouderdom eis sy tol.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Party dae wonder ek of ek n probleem het om so lief te wees vir die brak! Hy’s darem baie lief vir my so ek kan seker maar teruggee aan hom ook. Jong die tande is en bly maar n storie. Gelukkig het ek nooit nodig gehad om baie tandarts toe te gaan nadat die tande getrek is nie. Voor die uittrek was ek altyd n senuweewrak as ek moes gaan want het geweet daar moet geboor en gestop word. Gereeld flougeval as dr ingespuit het totdat ek sonder verdowing die boordery en goed laat doen het. Inspuiting was/is erger as die pyn van die boor in die gaatjie.

      Liked by 1 person

  3. Tande, húlle…. – Lekkervurigeaffêre Avatar

    […] Scrapy vra ons moet oor tande wasdag pleeg. Ek het lank gelede my gebit relaas geskrywe en deel dit weer. (https://kreukels.home.blog/2020/10/19/maandagwasdag-32-tande/) […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het gaan lees en sien jy het dit inJunie verlede jaar geskryf. Lyk of ek toe nog nie jou ontdek het nie. Dis n lekker tande storie.

      Like

  4. […] is my bydrae tot Scrapydo se Maandag=Wasdag:32 Tande […]

    Like

  5. Kameel – Tande – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. Tande […]

    Like

  6. HesterLeyNel Avatar

    Ek hoop ou Trompie is al oor sy tandpyne en dat jy al geleer het om met die nuwe tande te eet. Dit bly maar ‘n stryd.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was by dr Woensdag met Trompie vir na-ondersoek. Sy is baie tevrede met die groei/toegroei van wonde. Is nou net weer die blaasstene wat weer besig is om probleme te gee. Hoop maar die antibiotika maak die ontsteking gesond want daar is steeds bloed in sy urine.

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: