Maandag=Wasdag 33: Ry-/ding

Dis weer Maandag en die wasgoed moet gewas word. Verlede week se wasgoed het opgehoop weens omstandighede buite my beheer. Hierdie keer gaan dit nie weer gebeur nie. 

Ons skryf hier in Afrikaans omdat dit nie net ons moedertaal is nie maar ook omdat ons lief is vir Afrikaans. Kom skryf ook ‘n stukkie en pos jou skakel in by my kommentaar sodat ander ook kan lees wat jy te sê het oor hierdie week se onderwerp.

Ek het gister 1 November begin skryf aan my 50 000 woorde vir NaNoWriMo. As mens elke dag 1660+ woorde skryf kan mens dit doen. 

Hierdie stuk gaan ek ook as deel van my 1660 woorde vir 2 November gebruik.

Die onderwerp is ry-/ding. Jy kan net ry gebruik of net ding. Jy kan dit as een woord gebruik naamlik ryding. Solank jy dit geniet.  Lekker skryf en lees.

RYDING

In my lewe het ek ‘n verskeidenheid ry-dinge gehad of gebruik.

Eerste wat natuurlik my baba stootwaentjie. My ma het my in een gestoot om te gaan inkopies doen of om net bietjie te gaan loop in die vars lug. Self het ek ook ‘n popwaentjie gehad waarin ek my pop gestoot het.

Toe ek in standerd twee het ek ‘n fiets vir my verjaarsdag gekry. Ek het hom gebruik om skooltoe te ry omdat die skool ver van ons af was. My fiets is ook gebruik om by ou Joedelman die Jood ‘n brood of soms melk te koop. Die winkeltjie was oorkant die Hennopsrivier as mens van Erasmia se kant af gekom het. Dit was seker maklik twee kilometers van ons huis af.

Afgesien van my pa se familie motor en later ‘n bakkie het hy n groot heinkel scooter gehad waarmee hy daagliks die vyf en twintig kilometer na Yskor, sy werk, gery het. My suster het op ‘n stadium ‘n scootertjie gehad waarmee sy gery het. Ek wou altyd ‘n motorfiets gehad het maar my Pa het sy voet neergesit en dit nie toegelaat nie. Daardie jare het ek na my Pa geluister en gedoen wat hy van my verwag. 

Met die hulp van my Pa het ek my eerste motor, ‘n poeier-blou volkswagen kewer gekoop. Ek was baie trots op my ou volla. Drie jaar later het ek hom ingeruil vir n ligblou colt waarmee ek elke naweek Pretoria na Potgietersrus gery het. Dit was nog op die ou Pienaarsrivier-Warmbad pad. Ai, hoe lekker is dit om so terug te dink aan daardie ongebonde jare. Mens kon nog langs die pad stop om n broodjie te eet of om ietsie te drink.

Na die colt het ek vir ‘n klomp jare ‘n groen opel kadet gery. Ook nuut gekoop. As mens spaar kan mens darem ‘n kar gekoop het daardie tyd. Vandag moet jy jare lank afbetaal voordat die ryding joune is.

Opel Kadett D 1 v sst.jpg
Was nie so n groen nie. Meer donker groen.

In 1980 trou ek en my man besluit dat my kadet nie groot en luuks genoeg is nie. Hy koop(ek betaal) ‘n pienk opel cadett 1800. Omdat ons so min gery het het my man agtergekom dat dit n bietjie petrol gebruik om hom aan die gang te hou. Nie lank nadat ons ou pienkes gekoop het nie is ons in Pretoria en oppad terug Secunda toe. Ons stop vir oulaas naby Unisa by ‘n kafee om iets te drink. Ons loop uit, kar toe, en met die kom daar ‘n rooi opel rebel verby gery. Soos een man sê ons dis ons kar daardie. My man, toe ook nie links nie, het dadelik die volgende dag ‘n rooi rebel bestel en ons het pienkes ingeruil vir ‘n mooie, rooie motor. Ons het baie diens uit die karretjie gekry. Na my man se dood moes ek ‘n paar keer Pietersburg toe ry wat gemaak het dat dit tyd was vir n nuwe ryding. Vrou alleen kon nie langs die pad gaan staan met ‘n stukkende kar nie.

Opel Kadett Rebel | Junk Mail
Presies so gelyk.

Ek bedank uit die onderwys in 1993, en kry ‘n betaling van my pensioen. Ek kon vir my ‘n splinternuwe groen Toyota conquest koop. My seun kon nie verstaan hoekom ek groen gevat het nie want dit was nou nie die eerste keuse van kleur nie. Ek het die groen gevat omdat die motor daar gestaan het in die garage en ek kon hom koop sonder om eers een te moes bestel. Die conquest het my gehou tot 2008 toe ek hom moes verkoop om NZ toe te trek.

Daar is nog ‘n paar rydinge waarvan ek kan vetel:

BAKKIES

My pa het later jare altyd met ‘n bakkie gery omdat dit die beste was om goed te vervoer. Vandat ek in standerd ses was het ons op ‘n plot gebly en moes daar voer aangery word. 

My man het ook ‘n bakkie gehad. Eers ‘n Toyota Mark two ou bakkie waarmee hy karwywerk gedoen het. Later jare het hy ‘n wit Mazda bakkie gehad waarop hy baie heilig was. Hy self het met ‘n vespa scooter daagliks werktoe gery. Die 6’5” lange lyf op die verspot kleine vespatjie sal ek altyd onthou. Kierts regop, helmet op die kop.

KASKAR

Een jaar het ons by die Hoërskool waar ek skool gehou het kaskarwedrenne gehad. Die jaar het ek ‘n standerd agt meisiesklas gehad. Ons het soos een span saam gewerk om ‘n mooi stewige kar te bou. Die kinders moes dit self stoot. Die ligste en waaghalsigste meisie was die bestuurder. Dit was ‘n rowwe spul gewees. Ons het tweede gekom met die hoeveelheid rondtes wat gery is. Dit was ‘n heerlike tyd( moet bysê die skool het hoor 1000 leerling gehad en om tweede te kom en ook nogal ‘n meisiesklas was beslis ‘n groot prestasie.)

BUS

Gedurende my hoërskool tyd moes ons met ‘n skoolbus ry. Die skool was dertig kilometer van ons huis af. Dit was vroeg opstaan en laat-middag weer tuiskom. Een jaar het die bus gerol en is ek beseer(wat toe nie te erg gelyk het op daardie stadium nie). My rug moes egter seer gekry het want later jare is daar vermoed dat dit gekraak moes gewees het. Daardie jare is daar ook nie juis xstrale geneem en so aan nie(1962)

Hier in NZ ry ek lekker bus want bo 65 kan van 9:30 am tot 3:00 nm gratis ry. Selfs treinry ook.

E-SCOOTER

Verlede jaar kom die e-scooters toe in omloop. Wat ‘n gedoente. Die ouens ry nie op die pad nie, hul ry op die sypaadjie, dit teen maklik twintig km per uur. Hul gee nie om nie.  Dit jaag vreeslik. Daar het toe lekker beserings gekom van ouens wat geval het en sleg beseer is. Die scooters is stop gesit totdat daar beter beheer oor hul gekom het. Elke stadsgebied kon toestemming gee om die scooters te laat ry. Ons s’n is gelukkig geheel en al verban wat ‘n goeie besluit was. Nou is die sypaadjie weer vir mense wat loop en nie vir scooters nie.

PERD

Hier in NZ word daar nogal perd gery in die dorpsgebiede. Hier is n resiesbaan naby my waar daar in die somer gedurende naweke groot wedrenne plaasvind. 

Volgende persone het voor-verlede geskryf. BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING.

Lekker vurig

Appeltjie

https://appeltjie.wordpress.com/2020/10/20/maandag-wasdag-32-tande/

Kameel

https://kameel179438031.wordpress.com/2020/10/20/kameel-tande/


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

21 reaksies op “Maandag=Wasdag 33: Ry-/ding”

  1. NaNoWriMo 2020 – I scrap 2 Avatar

    […] Maandag=Wasdag 33: Ry-/ding […]

    Like

  2. Kameel Avatar

    Jy het eintlik baie motors in jou tyd besit. Seker omdat ek so laat leer bestuur het, was motors nooit ‘n prioriteit in my lewe nie.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek moes net n ryding hê omdat ek meestal ver van my ouerhuis gebly het en ek meestal naweke huistoe gegaan het na my diere wat nog op die plot was. Het ook honde geskou, dan het mens n voertuig nodig gehad. Selfs een jaar van Pta af Durban toe gegaan vir skou. Met twee honde in n hotel in Pietermaritsburg oornag.

      Liked by 1 person

  3. Adrie Lee Avatar
    Adrie Lee

    Pragtig my tanna. Ek het van kleinstyd af baie trein gery. My pa was aflos stasiemeeste en ons het bykans elke vakansie vir hom gaan kuier. Die wereld van die noord kaap gesien. Vandag sit ek nie my voet op n trein nie, het net nie meer vertroue in trein drywers nie.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie bly jy lees my storietjies. Jy het my nou nog n ekstra ryding by laat kry naamlik treinry, wat ek nie so baie gedoen het nie maar tog wel. Ook vliegtuie kan nog bygevoeg word. Dankie vir die ekstra brein wave wat jy my gegee het.

      Like

  4. appeltjie Avatar

    hier is my bydrae. Foto’s het die manier om mens se gedagtes ver weg te dra. Dankie vir die een Scrapy. Lekker skryf aan jou skryfuitdaging.
    https://appeltjie.wordpress.com/2020/11/02/maandagwasdag33-ryding/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daardie fotos wat mens het is klein juweeltjies om jou gedagtes oop te maak vir herinneringe.

      Like

  5. […] is my bedrae tot die uitdaging tot Scrapydo se Maandag=Wasdag […]

    Like

  6. Anonimicus Avatar
    Anonimicus

    Het 1300 Kadett gehad wat tweeliter Monza slae gegee het en aangeduide 215 kon hardloop; dis ongeveer ware 186. Vir ‘n 1300 in 1990! Sy rev counter was gereeld af van die meter af, die naald onder die dashboard in. Meer as 9000 r/min. Wonderlike karretjie en 18.7km/l een keer.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      My groen kadet was ook 1300 en die rebel ook maar rebel het 5 ratte gehad.

      Liked by 1 person

      1. Anonimicus Avatar
        Anonimicus

        Myne was ook vyfspoed en die luukse model.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Niks luuks verder nie! Was baie lief vir die rooi karretjie.

          Liked by 1 person

          1. Anonimicus Avatar
            Anonimicus

            Myne het al die mooigoed ingehad, maar dit het hom nie gekeer om ‘n gat deur die bakwerk te roes binne sy eerste vuf maande nie, nogal ‘n kwaal op hulle. Maar daai masjientjie was myle beter as die groter 1400 en 1600’s.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Stem saam met die krag wat daardie klein enjintjies gehad het.

              Liked by 1 person

  7. Kameel – Ryding – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag =Wasdag Uitdaging. No 33 […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie ek het gelees. Bly om jou storie te lees.

      Liked by 1 person

  8. HesterLeyNel Avatar

    Ons het eens op ‘n tyd so ‘n grasgroen Volkswagen gehad.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was baie trots op my ou volla. R1000 gekos, uit die box gekoop.

      Liked by 1 person

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: