‘n Tjommeltjie
Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf.
Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy vra? Want ek het nie kans gesien vir twee nuwe dames se aanhoudende gekekkel oor hul eie leefwyse van toentertyd nie. Dis interessant om na verskillende mense se ondevindings en belewenisse te luister maar as dit oordoen word is dit ook nie meer lekker nie. Ek was skoon suf na die sessie en dit het my heel depressief laat voel omdat hul sulke”fantastiese skrywers” is. (Dis nou my eie mening want ek het skoon minderwaardig gevoel omdat my skryfwerk nie so goed soos hulle s’n is nie) Ek besluit toe om die volgende keer nie te gaan nie min wetende dat ek die keer daarna ook nie sou gaan nie.
Hoekom het ek ‘n tweede keer nie gegaan nie?
Omstandighede was net sodat ek dit nie kon doen nie. As ek reg onthou het ek dalk verlede jaar vertel van my keel wat net voor Kersfees toegeswel het. Ek was veronderstel om weer plaas toe te gaan om my geliefde skape, hond en katte op te pas. Ek kon dit toe nie doen nie want ek het dokter toe gegaan omdat die swelling so erg was dat ek swaar asem gehaal het.
‘n Lang storie kort. Dit het beter gegaan maar nie oor nie. Weer dokter besoek en hy stuur my inligting weg sodat ek kamera kan sluk om te kyk wat alles veroorsaak. Dit was in begin van Februarie.
Maandag 21 Junie kry ek ‘n boodskap dat ek hospitaal moet bel vir ‘n afspraak vir ‘n gastroskopie. Ek bel. Ek kon Dinsdag 8:30am ‘n afspraak maak. Ongelukkig het dit nie gewerk nie want ek moes met die bus hospitaal toe ry omdat ek nie sou kon bestuur na die tyd nie. Ek moes reël vir iemand om my op te laai. Hul maak toe ‘n afspraak vir 12:30pm. Dit sou werk. Ek kon met bus tot daar ry en my seun kan my na werk(na 4) oplaai.
Ek het gaan kyk na bus rooster, net nadat ‘n seuntjie wie ek skooltoe vat af gesien het in sy klas, wat die tye is om bus te kry. Onthou, ek moet van hier af stasie toe ry en van daar ‘n ander bus wat verby hospitaal ry.
Die geluk is toe aan my kant.
Met wat ek amper by die huis kom bring my buurman sy asblik uit.
”Wanneer gaan jy weer werk vandag?”
“Nee eks die dag af.”
Wat ‘n geluk.
“Sien jy kans om my hospitaal toe te vat asseblief?”
“Verseker, met plesier.”
Sie daar, probleem opgelos. Hy het my gevat en my seun het na die tyd my opgelaai.
Dis egter toe nie so eenvoudig as wat ons gedink het nie. Die prosedure beteken dat hul ‘n verdowingsmiddel in my keel spuit om keel te verslap en te verdoof voordat die kamera na jou maag en eerste deel van dunderm gestuur word. Gelukkig het ek al my medisyne waarvoor ek allergies is neergeskryf op die aansoek vorm. Daar is die mondelikse verdowing een waarvoor ek allergies is. Hul het toe die prosedure onder ‘n ligte narkose gedoen. Dis hoekom ek eers na vier kon huistoe gaan. Hul moes my eers monitor om te sien of ek reg is om huistoe te gaan. Gelukkig is daar niks kwaadaardigs nie maar daar is ‘n hele paar rooi kolle waarvan hul monsters geneem het om te toets wat die oorsaak is.
Nou kom ek by die tweede week dat ek nie gaan skryf het nie.
Die spreekkamer het laat weet my dr wil my sien en dit kon toe 12 uur Vrydag wees; wat ek toe gedoen het. Ek het twee antibiotikas gekry om die bakterie dood te maak wat die irritasie veroorsaak. Volgens die dokter is dit ‘n bakterie in my maag. Myne is ooraktief en dis wat irritasie veroorsaak.
Dit dan hoekom ek tweekeer nie my skryfsessies gedoen het nie.
As jy belangstel watter bakterië my so karnuffel kan jy vinnig hier lees.
https://www.healthnavigator.org.nz/health-a-z/h/helicobacter-pylori/
Ai, Scrapy, ek is dankbaar jy weet nou wat fout is. Ek hoop jy word sommer gou gesond.
LikeLike
Dankie vir ondersteuning. Wou eintlik sommer vanoggend ophou pille drink omdat my maag werk. Dis iets waarvan ek niks hou nie. Toe ek lees dis belangrik om kursus te voltooi sal ek maar uithou en aanhou.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, jy moet dadelik vir jou probiotika kry. ‘n Baie goeie ene. Om die goeie bakterieë in jou dermkanaal terug te sit. Ek verstaan dit, ek kry ook gastro van antibiotika. As jy die kursus nie voltooi nie, raak jou gestel immuun teen die medisyne e, dan werk dit nie volgende keer nie.
LikeLike
Ai toggie! Dankie ek gaan al my pille klaar maak dis belangrik. Hier is ‘n cold blast van Suidpool af en ek gaan nie ry nie. Dit reën yssies. en sneeu tussenin ook.
LikeLiked by 1 person
Ag ek hoop dat jy ook sommer gou-gou beter voel. Ek wou nog skryf oor jou laaste onderwerp! En het nie. Vergewe my.
LikeLike
Toemaar dit is okay met my. Ek verstaan dit goed want my skryftyd vlieg ook sommer net verby. Hop and skip ook maar. Ek het darem lekker aan jou lekker storie gelees nounet.
LikeLiked by 1 person
Mag die antibiotika sommer vinnig werk, Scrapy.🥰
LikeLike
Hoop ook so, dit werk goed op my ingewande!
LikeLike
Ek hoop jy is gou piekfyn. Soms kan sulke vreemde goed met ons gebeur nè!
LikeLike
Dankie San ek hoop ook so. Noudat ek so terug dink besef ek eers dat die maag besigheid al eintlik lank sluimer. Het in SA al tweekeer moes gaan vir kamera sluk en telkens sien hul dit lyk of n maagseer besig is om te ontwikkel. Baie interessant.
LikeLike
Ag dis erg as mens se gesondheid lol – ek hoop Trompie hou jou mooi geselskap en dat jy sommer gou weer jou fiks en vrolike self sal wees.
LikeLike
Ai moenie van Trompie praat nie. Hy voel aan ek is nie myself nie en nou bly hy rusteloos wees wat my nogal irriteer met tye. Hy voel beslis aan daars iets nie lekker nie. Vanoggend toe ons wou loop reën dit en ek wou terugdraai. Hy weier om terug te kom want hy weet hy moet nog die buite toilet gebruik. Moes toe maar in die ysreëntjie deurdruk tot hy klaar was. Haha dat mens jou so deur ‘n hond laat regeer.
LikeLiked by 1 person
Hoop jy het toe lekker warm en droog aangetrek en jou en Trompie bietjie bederf – mens laat hulle uit liefde toe om jou so te regeer.
LikeLike
Eerste Droog ek Trompie met die haardroër en dan trek ek myself droog aan. Hy is nommer een.
LikeLiked by 1 person
Gelukkige honne!
LikeLike
Ag jong hy is te dierbaar. Hy is tog so bly om my seun te sien as hy gou hier inval. Mens sal sweer hy het hom jare laas gesien. Hy hou ook nie op met geluide maak voordat my seun hom nie behoorlik aandag gegee het nie.
LikeLike
Hoop jy voel sommer gou beter Ineke!
LikeLike
Dankie Aletta. Medikasie vertraag my reaksies. Voel lus vir niks.
LikeLike
Pas jouself mooi op vriendin!
LikeLike
Dankie hoor, ek probeer my bes. Die koue het ook nou goed toegeslaan.
LikeLike
Dis net so koud hier by ons!
LikeLike
Nuwe koue oppad en dis reeds brrr koud.
LikeLike
Sterkte!
LikeLiked by 1 person
Ai Scrappy, kry dadelik probiotika wat jy saam met d antibiotika drink. Dit herstel die balans vd dermvlokkies,,,( wat deur d antibiotika versteur word. Dit sal jou laat beter voel en voorkom ook swaminfeksies. So bly jy gaan beter word.
LikeLike
Het gekry en drink dit. Bietjie laat maar hoop dit help.
LikeLike
Ek hoop so! Ek weet nie hoekom dokters dit eers voirskryf as hulle pasiente probleme kry nie. Is dit om ekstra geld te maak? Drink dit altyd saam met alle antibiotika.
LikeLike
Het ‘n groot bottel gekry. Dit gaan lank hou. Ek kan ook nie verstaan hoekom dr nie dit ook gee nie. Of net noem dat mens dit self aankoop as die Fonds dit nie betaal nie.
LikeLike
Ja regtig! Hoop jy word gou gesond
LikeLike