Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie.  Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…… Lees meer Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

Maandag=Wasdag 13: Terugflitse

Maandag is Wasdag het weer ongesiens nader gekom, en vandag word daar weer wasgoed opgehang. Hier word na hartelus geskryf. Niemand gaan ‘n vinger wys na jou skryfsels nie. Ons gaan dit alles saam met jou geniet. Geniet, omdat dit in Afrikaans is en Afrikaans is n besonderse taal om in te skryf. Verlede week…… Lees meer Maandag=Wasdag 13: Terugflitse

Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.

Maandag is weer met ons. Ek hoop dat die week goed verloop het. Hier wil dit steeds nie koud word nie of laat ek liewer sê dis steeds amper somers warm. Daar het darem die naweek heerlike reën geval en is steeds reënerig vandag. Die Wasgoed sal maar binne moet hang. Almal wat van Afrikaans…… Lees meer Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.

Maandag=Wasdag no 8: Opwinding/opgewonde

(Ek kannie glo dat vandag tien jaar gelede die aardbewings in Christchurch plaasgevind het nie.) Dis weer Maandag en die weer speel mooi saam vir ‘n goeie wasdag. Hondekomberse en alle los matjies wat gewas kan word, word vandag gewas.  Hier, op ‘n Maandag, word lekker gekuier oor allerhande ondervindings en gebeurtenisse. Ons doen dit…… Lees meer Maandag=Wasdag no 8: Opwinding/opgewonde

Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.

Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande. Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf.  Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken…… Lees meer Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.

Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.

Wel vriende en vriendinne die jaar spoed einde toe. Feesgety lê nog voor en dan is 2020 verby. Ek nooi almal uit wat van Afrikaans hou, of in Afrikaans skryf om saam te skryf. As jy jou stuk geskryf het kan jy asseblief jou vertelling se skakel in my kommentaar plak of n pieng terug…… Lees meer Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.

Maandag=Wasdag 36: Hoor en sien.

Sjoe, ek is skoon uitgeskryf! My gô is omternt opgeskryf. Gelukkig het ek verlede Woensdag ‘n lekker stuk gevind wat ek hier gaan deel en gebruik vir vandeesweek se Wasdag. Ek het sommer die woorde ook by my telling vir NaNoWriMo getel, was n ekstra 570 woorde. Dinsdag skryf Tannie Frannie oor “Wat hoor jy…… Lees meer Maandag=Wasdag 36: Hoor en sien.

Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.

Kom skryf saam met my op ‘n heerlike Maandag. Jy het die hele week om jou stukkie te skryf en dan jou skakel in my kommentaar te plak of ‘n pieng-terug te stuur. Ek verander op ‘n Maandag die onderwerp. Lekker skryf en lees. Die volgende persone het lekker saam gesels Appeltjie – Ouma maak…… Lees meer Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.