
Hester gee vir ons die inspirasievonk:
VERSLAWING.
https://af.wikipedia.org/wiki/Verslawing
Verslawing is ‘n breinversteuring wat gekenmerk word deur kompulsiewe betrokkenheid by lonende stimuli ondanks nadelige gevolge.[1][2][3][4][5][6] Ondanks die betrokkenheid van ‘n aantal psigososiale faktore, ‘n biologiese proses — een wat veroorsaak word deur herhaalde blootstelling aan ‘n verslawende stimulus — is die kern patologie wat die ontwikkeling en instandhouding van ‘n verslawing dryf, volgens die “breinsiekte-model” van verslawing.[1] baie geleerdes wat verslawing bestudeer, voer egter aan dat die breinsiekte-model onvolledig en misleidend is.[7][8][9][10][11][12]
‘n Mens kan verslawing op verskillende maniere bekyk en besluit wat dit mag voorstel of beteken.
My verslawing is tydgebonde. Ek kan net nie sonder vasgestelde tye werk of selfs lewe nie. Hoekom is dit vir my verslawing?
Ek vermoed alles het begin met die grootword proses. As jy nie soggens vyfuur opstaan om te gaan melk nie gaan jy nie tyd hê om skoon te maak, aan te trek, ontbyt te eet, en om dan ses dertig langs die hoofpad vir die skoolbus te wag nie. Alles met tyd.
Nadat ek klaar gestudeer het en begin skoolhou het, het die klasgee tye begin. Eers was dit klasonderwys en die tyd kon maar partykeer bietjie meer of minder wees. Toe begin die laerskool met vak onderwys en elke vak het slegs ‘n skere tyd dat kinders by jou is of dat periodes op mekaar volg. Alles volgens tyd.
Na die laerskool tydperk is dit hoërskool onderwys. Dit is geheel afhanklik van tyd. Elke periode is ‘n halfuur en daar word gewissel. Volgende halfuur of uur het mens weer ander kinders of ‘n ander vak om aan te bied. Alles slaafs volgens die horlosie.
Die beste van hierdie tydverslawing is dat ek na veertig jaar in die onderwys steeds op die horlosie kyk hoe laat dit is. Ses uur soggens, opstaan, aantrek, ontbyt in volgende uur. Dan is dit loop vir die oggend en so gaan alles in tydgleuwe.
Dis steeds vir my moeilik om nie ‘n sekere tyd of uur sekere dinge te doen nie. My liggaamsverslawing aan roetine en tyd gee my met tye grys hare ten koste van my eie gemoedsrus. Ek raak sommer omgekrap as ek nie twaalfuur my middagete kry nie en dan my middagslapie doen nie.
Dit gaan al baie beter noudat ek verplig is om tuis te bly en nie meer voorskool en na-skool toesig doen nie. Dis egter steeds nog in my bloed om dinge aan my tydverslawing te heg
Hester sê: Dis hoe dit werk!
Hierdie skrywe vorm deel van die bloguitdaging wat gesamentlik aangebied word deur myself (Dis Ekke) en Lekkervurigeaffêre.
Jou inspirasievonk vir hierdie Woordwarrel is verslawing.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke tweede Donderdag voor twaalfuur ’n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ’n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Doen ‘n “pingback” of plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ’n terugskakeling na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ’n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
Laat ‘n boodskap