Etiket: skryf
-
Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies
Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…
-
Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.
‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf. Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…
-
Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …
Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie. Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…
-
Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?
Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…
-
Maandag=Wasdag 12: Bokdinge
Dis weer ‘n nat en reënerige Maandag hier by my. Gelukkig nog nie te koud nie. Daar het wel die naweek so stof-sneeutjie op hoë gebergtes geval. Dit het gemaak dat die dae so bietjie kouer was. Ek loop al meer as drie weke en dink aan die volgende storie. Die woord ‘bok’ het in…
-
Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.
Maandag is weer met ons. Ek hoop dat die week goed verloop het. Hier wil dit steeds nie koud word nie of laat ek liewer sê dis steeds amper somers warm. Daar het darem die naweek heerlike reën geval en is steeds reënerig vandag. Die Wasgoed sal maar binne moet hang. Almal wat van Afrikaans…
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: GELOOF
Romeine 3:20 20 Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; in teendeel, deur die wet leer ‘n mens wat sonde is.
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: GELOOF
Romeine 10:17 17 Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: Geloof
Galasiërs 2: 20 20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: GELOOF
Hebreërs 11:1 Om te GLO, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.