Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…… Lees meer Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf.  Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…… Lees meer Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie.  Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…… Lees meer Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?

Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…… Lees meer Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?

Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.

Maandag is weer met ons. Ek hoop dat die week goed verloop het. Hier wil dit steeds nie koud word nie of laat ek liewer sê dis steeds amper somers warm. Daar het darem die naweek heerlike reën geval en is steeds reënerig vandag. Die Wasgoed sal maar binne moet hang. Almal wat van Afrikaans…… Lees meer Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.