Etiket: skryf
-
Van uit my voordeur.
Voor my voordeur As ek my deur oopmaak word ek begroet deur ‘n son wat van krag tot krag gaan wees. In die bedding teen die buite loopvlak en reeling blom die agapanthussen vol koppe blommetjies wat oopvou om ‘n wit blommetjies bol te vorm. Daar is ook ‘n ou bekende tipiese ligte blou kleinerige…
-
2026 Uit my Dagboek. Nuwe jaar, nuwe dinge.
‘n nuwe jaar 4/01/2026 My geliefde man het altyd gese: Die pad na die hel is uitgele met goeie voornemens. Daarmee kan ek ook nou saamstem want ek het myself belowe om op my blog te skryf. Wat het daarvan gekom? Drie stukke geskryf en dis al. Baie verskonings. Niks help nie. As jy iets…
-
Wat het ek reeds bereik in 2024?
Een van my skillshare onderwysers https://www.mygiantstrawberry.com/ by wie ek begin het om waterverf te doen het eenmaal per maand ‘n lekker nuusbrief. Sy gee ook altyd ‘n paar skakels na interessante artikels, raad vir liggaam en siel, tuinmaak en natuurlik waterverf kunstenaars wat heerlike leesstof het. Hierdie keer het sy die volgende gesê (ek gee…
-
Dannie die draak
Dannie Draak Dannie die draak dans, Dartel, dobber, dribbel Da die doem doem === Donderdae dra Dannie dassies Duidelik dink Dannie draak Drome draai deur deure === Dannie Draak dans daagliks. Da die doem doem Dannie is ‘n ligblou gehekelde opgestopte draak. Op haar bors is ‘n rooi gehekelde hart en ook ‘n paar rooi…
-
Nuwe begin-nuwe plaasstorie
Uiteindelik weer ‘n begin 29/08/2022 Na ‘n tydperk van laaglê het ek vandag weer ‘n gevoel gekry om te wil skryf wat hier gebeur. Alles was die afgelope maande net te veel om te verwerk. Die aanpassing was moeilik en selfs amper te veel vir my gemoed. Gelukkig na ‘n ten ene laste dr besoek,…
-
Hoe dit gekom het dat… ons pampoen eet
Hoekom pampoen van alle dinge? Van huis uit, as ‘n Nederlander. het ek as kind nooit met pampoen te doen gekry nie. Ons het net nie pampoen gekry nie omdat dit onbekend was. In die koshuis het ek vir die eerste keer pampoen gekry. Dit was so-so vir my. Ek was nooit ‘n groot soettand…
-
Woordwarrel: Letterkeer
Vandeesweek speel ons letterkeer. Letterkeer of anagram, en soms wisselvorm verduidelik Mielistronk op Wikipedia ” is ‘n woord of sin, gevorm uit die letters van ‘n ander woord of ‘n ander sin, maar in ‘n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem gebruik.” Trolle spektakel Drie Trolle drentel-stap die…
-
Woordwarrel: Nog meer spoke
Jou inspirasievonk vir vandag is “spookasem”. Hierdie bloguitdaging handel oor die nuutskepping van woorde, idiome en gesegdes in Afrikaans wat ‘n kultuurverandering kan voortbring of sommer net die leser / aanhoorder irriteer. Hester is steeds besig om te spook met die woord spook. Toe kom spook die woord ook by my die hele naweek. Vanoggend…
-
Woordwarrel: -ismes
Lekkervurig bied hierdie week se woordwarrel aan. Sy is een wat met woorde kan toor en goël. Gaan lees gerus hier https://lekkervurigeaffere.blog/2021/10/21/woordwarrel-donderdag-inspirasievonk-21-oktober-2021/ wat sy aanbied en lees sommer hoe die woordwarrel werk (lekker praat die w’s met my; woordwarrel werk werklik.) -ismes Woorde wat op -isme/s eindig het my verstom laat staan omdat daar so…
-
Maandag=Wasdag 24: Uitspan vir twee maande.
Liewe lesers ek het besluit om bietjie laag te lê met Afrikaans skryf. Ek het die stoute skoene aangetrek en ingeskryf vir twee skryfsessies wat elk oor ses weke strek. Die eerste sessie word aangebied deur: https://www.wow-womenonwriting.com/WOWclasses.html Face Your Fears II: Women Writers Anonymous starts on Monday, September 27, 2021. In this six-week class, you’ll read…