Kategorie: Sommer net
-
Sommer net: Kommunikasie
Na aanleiding van Hester se skrywe HesterLeyNel on 2021-11-14 Ek moet bieg – ek is ‘n baie stil op my eie mens, met klem op stil. Hoe het dit gekom dat ek nie my mond kan oopmaak nie? My laerskool jare was heerlike onbevange jare. ‘n Vierman plaasskool en ons was soos een groot familie. Ek het…
-
Behoefte van my hart. Die beste.
Nadat ek Aletta https://nowathome.wordpress.com/ se vinkies in die boom gesien het kom die woorde skielik by my op: Hoog bo die water skommel die vinkies Versamelde gedigte (1980)–C. Louis Leipoldt Die Beste C L Leipoldt Geil lusern in die laagste landjie; Geil groen blare en blomme blou; Aalwyn rooi op die voorste randjie, Rooi soos bloed teen die…
-
Angstigheid.
Vandag 9/9/2021 geskryf en gebeur. Die lewe het drie weke terug radikaal verander. Die hele New Zealand is in ‘lock down’ in vlak vier geplaas weens een persoon wat buite in die gemeenskap in Auckland positief getoets is vir Delta virus. Ons was in twee weke van tuisbly. Geen kontak met mekaar. Daar word tuis…
-
Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.
‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf. Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…
-
Maandag=Wasdag 12: Bokdinge
Dis weer ‘n nat en reënerige Maandag hier by my. Gelukkig nog nie te koud nie. Daar het wel die naweek so stof-sneeutjie op hoë gebergtes geval. Dit het gemaak dat die dae so bietjie kouer was. Ek loop al meer as drie weke en dink aan die volgende storie. Die woord ‘bok’ het in…
-
Skryf ‘n versie elke dag: Februarie: GELOOF
Hebreërs 4:14 14 Terwyl ons dan nou n Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.
-
Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.
Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande. Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf. Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken…
-
Maandag=Wasdag: Teen+/op my yskas
Nog ‘n week het verby gevlieg en hier hang ons alweer die wasgoed op om droog te word. Dit was maar weer ‘n bedrywige week gewees. Alles op hierdie blad draai om Afrikaans. As jy lus voel kan jy gerus ‘n stukkie skryf en vertel wat alles teen jou yskas of op jou yskas is.…
-
Liewe Heksie
Wie onthou vir Liewe Heksie? Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap.
-
Kouse, kouse,kouse
Crista: https://christavanstaden.com/2020/07/09/sykouse-in-qazaqstan/ skryf oor sykouse wat sy moes dra toe sy skoolgehou het vroeër jare. Hester: https://www.hesterleynel.co.za/2020/07/12/sykouse-tights-pantyhose-skinny-jeans-leggings-en-jeggings/ skryf ‘n hele interessante blog oor sykouse, broekiekouse en vandag se jeggings Ek kan die volgende byvoeg: Terwyl ek op kollege was het ons steeds sykouse gedra met skoene. Veral ook in die winter en as ons gaan…