Wie onthou vir Liewe Heksie?
Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap.
Skryfsels oor en uit eie ondervindings
Wie onthou vir Liewe Heksie?
Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap.
Nou het ek alles gehoor. Jy is omtrent uniek Scrapy!!! ❤
LikeLike
Haha, jy vertel my. Verlang toe sommer terug na my voorlees dae. Kinders het daarvan gehou om die emosies op my gesig dop te hou en dan te lag as ek wil huil!
LikeLiked by 1 person
ek doen ek doen ek doen. Ek is mal oor liewe heksie. Het ‘n paar video’s op rekenaar afgelaai. Soms is die klank bietjie swak, maar ek het dit begin wys vir my gr 2 kinders. die meeste van hulle is kleurling kinders en het nie met haar groot geword nie. Maar hulle kyk en giggel en geniet. Net so ook Huppelkind. Ek het die bundel en lees dit elke jaar vir my kinders. Fantasie in die kinderwêreld per excellence! En dan die nuwer, meer moderne Jamie en Sebastiaan (‘n pratende kat) deur Martie Preller.
LikeLike
Dis heerlik. Ek gaan bietjie kyk of ek iets van Jamie en Sebastiaan kan kry. Ek wil my kleinkind steeds in Afrikaans hou. Sy is besig om te verengels.
LikeLike
Dis n voorleesstorie vir 5 – 10jariges.
LikeLike
Het Jamie se boek gekry op kindle. Dis al n ou storie as mens dit so kan noem.
LikeLike
Yip . Ek lees dit van 2005 af elke jaar vir my skoolkinders. Maar die humor en fantasie is uitstekend
LikeLiked by 1 person
Man, dit is mos nou goeie idee. Ek sal dit moet oorweeg.
LikeLike
Ek geniet my gate uit en my stem kry ook oefening omdat ek nie eintliik met mense in aanraking kom om mee te praat nie. My stembande het heeltemaal verslap noudat ek nie meer skoolhou nie.
LikeLiked by 1 person
Daai is waar, hoor Scrapy, mens se stem voel soms sommer jees. Ek mis my honde, hulle het my stembande geoefen.
LikeLike
Al die jare se skoolhou het my stembande baie goed ontwikkel, nou het hul lui geword en wil met tye nie werk nie. Moet baie kere om verskoning vra dat my stem nie uitkom nie. As ek eenmaal aan praat is gaan dit weer beter.
LikeLiked by 1 person
Ag Scrapy, ek gaan myne dan ook moet oefen.
LikeLike
Haha, ja, sal nie lekker wees as jou hondekinders jou nie kan hoor nie.
LikeLiked by 1 person
Hulle oefen my stem, hoor. Hulle is baie loud.
LikeLike
Ek weet! Mens hoor sommer van ver af as dit Schnauzer se kind is wat blaf. Trompie kan netso lekker hard praat.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie wrg oor hulle.
LikeLiked by 1 person
Dis te oulik Ineke!
LikeLike
Nie dat Trompie dink ek is baie oulik om so te praat nie. Hy moet maar sy ore toedruk as hy nie wil luister nie.
LikeLike
Ha ha, ek glo hy geniet dit
LikeLike
Beslis, net my stem is genoeg vir hom.
LikeLike
💕
LikeLike
Ons het nou onlangs na voorlesings van Liewe Heksie op RSG geluister. Ek en die kinders het lekker gelag toe ons Liewe Heksie ná soveel dekades weer ontmoet het.
LikeLike
Dis was vir my ook heerlik om weer na haar te luister. Sy is ook maar n karaktertjie op haar eie gewees. Wil dit vir Bea begin lees as ek tyd kry.
LikeLiked by 1 person
Kostelike storieties daardie tanna
On Sun, Sep 20, 2020 at 10:50 AM Kreukels en plooie wrote:
> scrapydo2.wordpress.com posted: ” Wie onthou vir Liewe Heksie? Ek het vir > my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir > Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker > slaap. https://www.youtube.com/watch?v=XYGmNs6274A ” >
LikeLike
Ja, Ek en kinders by skool was altyd mal daaroor. Vrydae of aan einde van dag by skool het ek vir hul voorgelees.
LikeLike
Ek geniet ook haar stories.
LikeLike
Ek geniet haar nog steeds. Sy is uniek met al haar dingetjies.
LikeLiked by 1 person
Haar onskuld is wat my trek.
LikeLike
Ja en dit is eg kinderlike onskuld, ook die verskoning wat sy telkens vra as sy so vergeet.
LikeLiked by 1 person
My gunsteling karakter, enig Afrikaans. Ek het ook soos Hester die onlangse RSG heruitsendings met kleutervreugde herluister.
LikeLike
Ek het nou ook daarop af gekom en geniet dit. Dis Penpunt wat boek 8 van Heksie bespreek het wat my laat besef het dat dit iets is wat ek moet hê.
LikeLike