Nog ‘n week het verby gevlieg en hier hang ons alweer die wasgoed op om droog te word. Dit was maar weer ‘n bedrywige week gewees.
Alles op hierdie blad draai om Afrikaans. As jy lus voel kan jy gerus ‘n stukkie skryf en vertel wat alles teen jou yskas of op jou yskas is.
Appeltjie het die voorstel gemaak.
As jy so voel kan jy gerus jou skakel in my kommentaar plak of ‘n ping-terug stuur sodat ander lesers ook kan lees wat alles op jou yskas is.
Lekker skryf en geniet dit gate uit.
Die volgende ouens het weer lekker saam geskryf. BAIE, BAIE DANKIE
Kameel was weer op haar pos met alles om haar
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/12/01/kameel-wat-soen-en-hoor/
Appeltjie het geskryf en nie haar skakel ingesit nie. Ek moes eers goudeur haar anale blaai want ek weet sy het geskryf.
https://appeltjie.wordpress.com/2020/11/29/maandagwasdag36-hoor-en-sien/
Frannie het nog n stuk oor kinders geskryf. Word waardeer Frannie en ekstra dankie.
https://frandr.wordpress.com/2020/12/02/maandagwasdag-35-kind/
Teen/bo-op my yskas
Dit is beslis ‘n uitdaging waaraan ek nooit gedink het nie. Ek gaan kyk toe wat ek alles daar het. Mmmm, interessant. Daar is eeue oue opplaksels. Sommiges het hul eie magnete en klou lekker vas terwyl ander met ‘n magnetiese strokie vasgehou word.
Links teen die deur is ‘n paar hollandse klompies wat my suster in 2006 gebring het van Holland af. Die klompies hou die haarkapper se kaartjie vas. Onder die kaartjie is ‘n magneet wat “Voel jy alleen” onderstebo adverteer en hou my bure se telefoon nommers vas.
Heel onder word, “Hoe om jou slaai in te pak” in ‘n spesiale houer wat dit vars hou vasgehou deur twee ronde magnete.
Regs is eers die yskas se ster gebruiksaanwysings. Nogal vier sterre. Langs sterre is Veearts se inligtingskaartjie.
Daar is Chris Hipkins, ons MP, se Labour rooi kaart met al die noodnommers op(Hierdie een is ook al stok-oud, weet nie eers of die nommers nog werk nie)
‘n Magneet met drie schnauzers op hou my gehoor vrou se kaartjie vas.
Daar is ‘n wasmasjien dienskaartjie.
Loodgieter kaartjie, sal hom nie gebruik nie want hy is te duur maar in geval van nood sal dit help. Dan laaste een is die apteek se tel no kaartjie.
Aan die een sykant van my yskas is twee notaboekies wat ek gereeld gebruik om my aankope of my onthou goed neerskryf. Ek gebruik die nota boekies veral as ek voorberei om huis te gaan oppas sodat ek nie iets vergeet nie.
Dan bo-op my yskas is daar:
Slaklokaas wat ek nog nie oopgemaak het nie.
Botteltjie OFF wat gebruik word om aan te spuit vir muskiete en veral ook sandvlieë(nie vlooie nie want die goedjies het vlerke en n skêrp suigbek wat hou steek om bloed te suig. Dit brand soos vuur waar hy jou steek.)
n Flits loer agter my gietertjie uit.
Daar is gif spuitbotteltjies en plantgif.
‘n Houer met Trompie se haarborsels en sy wurmpille en vlooigif.
Dit dan alles teen en op my yskas.

‘n Baie interessante yskas – waar is Bea se kunswerk?
LikeLike
Mmmm, nou vra jy my! Sal n plan moet maak en n muur inrig vir haar want my yskas is te klein. Sy het ook huistoe gevat om Mamma te wys van die meermin.
LikeLiked by 1 person
Interessant hoe mens presies weet waar om wat op te spoor al is dit hoe besig en vol.
LikeLike
‘n oulike uitdaging en jy het oulike goed teen/op jou yskas. Ek het geskryf.
LikeLike
A dankie, bly jy het geskryf. Het gelees ook al. Myne is maar net al my nood nommers wat ek meestal vergeet as ek hul nodig het. Nou weet ek tenminste ek kan hul kry.
LikeLiked by 1 person
Ideale plek vir noodnommers. 😁
LikeLike
Beslis. Ook bure no, sodra n vreemde persoon inkom om te help kan hul ook dadelik n no kry om te bel.
LikeLiked by 1 person
Dis my deelname . ek kyk altyd na mense se yskaste. Daai klinies skoon kaste laat my wonder waar is die mens wat in die kombuis hoort.
LikeLike
Daar is seker nie geen kombuisgebruikers nie. My een vriendin kook gladnie. Haar man sal iets aanmekaar slaan as hy lus het. Hulle eet vooraf gemaakte etes wat hul hul in supermark koop. Dan het sy nog die cheek om te sê van die goed is gladnie lekker nie, haha.
LikeLike
O gaats. My Geliefde maak elke dag lekker kos. Vleis en groente
LikeLike
Ja wat dis nie nodig om nie kos te maak nie. My vriendin het groot geword met geen vaardighede wat dit aan betref nie.
LikeLike
Heel interessant waar jy jou nommers bêre. Miskien sal ek nou beter oplet hoe lyk ander se yskaste.
LikeLike
Die nommers is nog heel outyds maar dit werk want daar kan altyd n probleem met vandag se selfone kom. Pap battery, of nie by jou nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het gewonder hoekom jy dit nie op selfoon stoor nie. Jy het verder gedink as ek… eintlik baie prakties.
LikeLike
Ek het dit op my foon ook. Ek weet ook dat as ek n nommer skielik nodig het moet ek eers my pasword of vingerafdruk insit en dit gaan n vreemde ou nie kan doen as hul no wil hê nie. Gaan selfde met my pille ook doen sodat as daar n amdulans kom om my op te laai hul net op lysie kan kyk om te sien watter pille ek gebruik. Of dat my kinders net daar kan kyk en sien wat ek gebruik.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie idee!!!
LikeLike
Veral in my geval wat alleen is. Almal wil altyd foon no weet om te bel of watter medikasie jy gebruik.
LikeLiked by 1 person
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/12/08/kameel-my-yskas/
LikeLike
Dankie gaan nog lees.
LikeLike