Kategorie: Mense

  • Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

    ‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf.  Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…

  • Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

    Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie.  Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…

  • Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?

    Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…

  • Maandag=Wasdag no 7: Vreugde en/of plesier

    Maandag=Wasdag het aangebreek sonder dat ek dit besef het. Verlede week was ‘n vol week vir my gewees. Baie gedoen gekry. Verlede week se frustrasie het ‘n paar mooi beskrywings opgelewer. Toortsie stel toe nogal voor dat ons bietjie oor vreugde kan gesels. Frannie vertel toe ook oor haar oudword frustrasies. Ek besluit toe dat…

  • Maandag=Wasdag: 4 BRAND

    Vandag kom ek net nie aan die skryf nie. Die gedagtes draai en ek soek vir iets om oor te skryf. Brand het Saterdag al by my opgekom omdat dit werklik gebeur het. Nou twyfel ek of dit ‘n goeie onderwerp is om oor te skryf.  Ek gaan ophou twyfel en die beste maak van…

  • Maandag=Wasdag 40: Toekennings

    Die jaar is verby. Dis met dankbaarheid in my hart dat almal wat die jaar saam geskryf het nog steeds aanhou met skryf. Die volgende toekenning gaan aan almal wat saam geskryf het. SONNEBLOM TOEKENNING 2020 Uitmuntende skryfwerk Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/ Appeltjie https://appeltjie.wordpress.com/ Tannie Frannie https://frandr.wordpress.com/ Lekker vurig Toortsie https://toortsie.com/ Dis Ekke https://www.hesterleynel.co.za/ Christa https://christavanstaden.com/

  • Maandag=Wasdag 38: ‘n besondere persoon.

    Wel vriende en vriendinne die jaar spoed einde toe. Feesgety lê nog voor en dan is 2020 verby. Ek nooi almal uit wat van Afrikaans hou, of in Afrikaans skryf om saam te skryf. As jy jou stuk geskryf het kan jy asseblief jou vertelling se skakel in my kommentaar plak of n pieng terug…