
Vandag kom ek net nie aan die skryf nie. Die gedagtes draai en ek soek vir iets om oor te skryf. Brand het Saterdag al by my opgekom omdat dit werklik gebeur het. Nou twyfel ek of dit ‘n goeie onderwerp is om oor te skryf. Ek gaan ophou twyfel en die beste maak van my skryfwerk. Ek hoop dat ek jou bietjie geprikkel kry om iets oor brand te skryf.
Brand kan in ‘n verskydenheid vorms gebruik word. Brand soos in vuur, brandmaer, brandarm, branderplank?, sonbrand, sooibrand.
BRAND
Dis Saterdag oggend, amper half twaalf. Ek sit op my geliefde plek voor my skoot rekenaar besig om te lees wat almal te sê het. Veraf hoor ek die sirene van n nood voertuig. Ek bly nie baie ver van die staats hoofweg(State Highway soos hul dit noem) af nie. Daar is gereeld noodvoertuie wat oppad êrens heen is. Hierdie keer kom die geloei nader en ‘n brandweerwa jaag by my huis verby. Ek luister om te hoor hoe lank dit vat om stil te raak om te kan uitmaak hoe ver die wa ry. Alles is weer stil maar ek hoor weer ‘n sirene aankom. So waar, nog ‘n brandweerwa wat verby jaag. En nog een. En nog een. Vyf is nou al verby. Ek dog toe ek moet bietjie uitkyk in die rigting van waar die geluid heen gegaan het en gestop het.
Op die wind kom die reuk van rubber wat brand. Sal jy my nou glo; digte rookwolke styg op nie ver van waar ek op my agter dek staan. Mmmmm, dis beslis ernstig.
In die tussentyd het nog brandweerwaens verby gekom al loeiende en toetende omdat daar ‘n sirkel is wat op hul pad is sodat mense nie voor hul moet indraai nie.
‘n Ambulans is ook hier verby asook ‘n polisievoertuig. Ek het op einde elf brandweerwaens getel.
Ek stuur vir my seun ‘n boodskap om te vertel van brandweerwaens en rookwolk. Hy stuur vir my ‘n foto van die rook.

Dis ‘n ou wat ons ken wat die foto gestuur het. Die brandende huis is net twee huise van hom af. Sondag het die vriend vertel dat hy gaan kyk het, dit was nog voor brandweer aangekom het. Die mense het buite gestaan en gesê hy moet liewer weggaan, daars niks wat hy kan doen nie.
Die aand oor die nuus is daar net genoem dat daar ‘n brand was en dat dit twee eenhede was wat afgebrand het.
Vandag, dis nou Maandag en ‘n vakansiedag, was daar ‘n stuk in die koerant. Daar word nie veel gesê van die plek waar die brand begin het nie. Die ander eenheid wat afgebrand het was die eiendom van ‘n bejaarde man en vrou. Hul het net die klere aan hul lyf oor. Alles het afgebrand of is beskadig deur water.
Brand is beslis nie iets om mee te speel nie. Die oorsaak van die brand word nou ondersoek.
Ek het voorheen al vertel dat ek en kleinsus eendag die veld in die dorp aan die brand gesteek het.
Daar was ook ‘n keer toe ek in Potgietersrus gebly het dat ‘n huis net agter my afgebrand het. My seun was in Pretoria. Ek word die nag wakker van iets wat klink soos glas wat breek. Daar was ook ‘n vreemde lig wat van buite deur die kombuis venster skyn. Ek spring op en gaan kyk. Sowaar as vet, die huis agter my staan in ligte laaie. Dis die vensters wat so oopspat van die hitte. Na ‘n rukkie kom ‘n brandweerwa daar aan. Hul sukkel om in te ry want dis ‘n pypsteel erf. Die huis het tot op die grond afgebrand. Die mense se twee seuns het buite gestaan. Hul was alleen tuis en veronderstel om die huis op te pas.
Na die tyd het hul vertel hul het ‘n matras in sitkamer ingedra om gemaklik TV te kyk. Verwarmer aan gelos en gaan slaap en dis waar die probleem begin het.
Die twee seuns was naastenby dieselfde grootte as my seun en ek het die volgende oggend vir hul warm klere gegee want hul het niks gehad nie.
Die lewe is ook maar vol avonture.
Die volgende persone het lekker saam gesels oor water avonture:
BAIE DANKIE AAN JULLE
Christa
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2021/01/21/kameel-water/
Vuurvliegie
Laat ‘n boodskap