Kategorie: Maandag = Wasdag

  • Maandag=Wasdag no 23: Hand/e/werk

    Vandag kombineer ek twee woorde – hand + werk. As jy net een gebruik is dit reg met my, gebruik jy altwee of voeg hul saam is ook goed so, solank jy dit geniet om te skryf. Ek doen die uitdagings op ‘n Maandag sodat almal ‘n week het om daaraan te werk of te…

  • Maandag=Wasdag: no 22: Geskenk/geskenke.

    Hiers dit weer Maandag. Dis nogal warm hier in New Zealand en droog! Ek hoop daar is uikoms in droë dele. Hierdie keer gesels ons oor geskenke. Skryf Afrikaans en geniet dit want Afrikaans voel en proe so lekker. Almal wat Afrikaans skryf kan deelneem solank jy dit geniet. Kameel, my getroue deelnemer het geskryf.…

  • Maandag=Wasdag no 21 2020: Drome

    Maandag is weer hier en ons hang weer wasgoed uit. Ons kry nogal koud, dis woes winderig en beste is dit reën saggies nog die hele dag. Kom en deel asseblief iets oor jou drome met my en ander lesers. Ons skryf Afrikaans en geniet ons gate uit. Dankie aan Kameel wat ewe getrou geskryf…

  • Maandag=Wasdag no 20: Eerste vir 2020. Eerste indruk/ke.

    Eerste indruk/ke Weer op die plaas. ‘n Ander een hierdie keer so daar is heelwat nuwe indrukke wat ek beleef. Kom ek op die plaas Donderdagmiddag. Ek pak uit en kyk na buite. Die huis het baie vensters wat uitkyk op die vallei. Dis heerlik rustig. Vroeg die volgende oggend gaan ek kombuis toe. Wat…

  • Maandag=Wasdag no 19 van 2019: Sintuie

    Dis weer Maandag en dit gaan die laaste Wasdag vir die jaar wees. Ek gaan vir tien dae weer plaas toe. Hierdie keer gaan dit beslis nie ‘n gejaag van skape wees nie want die plaas se kampe is behoorlik afgekamp. Daar is wel ‘n koei wat die eienaar nie vertrou nie, so, ek bly…

  • Maandag=Wasdag: No 18: Briewe

    Dis weer wasdag. Dis weer tyd vir lekker skryf. Almal wat lief is vir Afrikaans kan kom sit en saam skryf. Gaan lees gerus wat die volgende ouens geskryf het oor “Omgewing” https://kameel179438031.wordpress.com/2019/12/10/kameel-omgewing-en- My se asems en omtes AS jy geskryf het kan jy asseblief jou skakel in my kommentaar plak? Ander lesers sal ook…

  • Maandag=Wasdag: no 17 Omgewing: Mense

    Hierdie week gesels ons oor ons eie omgewing. Die omgewing en sy mense waarmee ons te doen kry. Almal is welkom om saam te skryf. Ons skryf in Afrikaans. Ons is trots op ons taal en wil die taal laat voortleef. Hoe kan die taal voortleef? Skryf mense, skryf. As jy geskryf het kan jy…

  • Maandag=Wasdag: LOOP

    My nuwe laptop het gister al “gecrash”. Vandag het hy halfpad gewerk en toe weer “gecrash” volgens aanwysings. Ons het egter erge wind en weer gehad wat die internet met rukke uitgeruk het. Gelukkig werk my ou skootrekenaar toe nog. Hy is egter so stadig dat ek omtrent n halfuur moes wag voordat hy my…

  • Maandag=Wasdag: no 16; LOOP

    Goeie dag al die wasdag mense! Ek het ‘n stuk geskryf oor LOOP wat ek nêrens kan opspoor op die oomblik nie. LOOP kan as werklike menslike loop gebruik. as die loop van ‘n geweer as die loop van ‘n rivier as die loop van die lewe gebruik word. Hierdie week skryf iets waarin jy…

  • NANOWRIMO neem oor Maandag=Wasdag staan oor tot Desember

    Verposing Maandag=Wasdag gaan bietjie rus en oorstaan tot Desemder.  Ek gaan deelneem aan  Dit is die tweede jaar dat ek deelneem. Verlede jaar het ek 50 000 woorde voltooi in 30 dae. Ek het al my gedagtes neergeskryf oor my jare  en ervarings op skool. Van graad een tot matriek en daarna drie jaar onderwysopleiding.…