Dis weer wasdag. Dis weer tyd vir lekker skryf. Almal wat lief is vir Afrikaans kan kom sit en saam skryf.
Gaan lees gerus wat die volgende ouens geskryf het oor “Omgewing”
https://kameel179438031.wordpress.com/2019/12/10/kameel-omgewing-en-
My se asems en omtes
AS jy geskryf het kan jy asseblief jou skakel in my kommentaar plak? Ander lesers sal ook graag jou skrywe wil lees.
Geniet dit te volle!
Briewe 2019

Wie ontvang nog handgeskrewe briewe?
Nie sommer nie!
Gedurende die skrywery vir NaNoWriMo in November het ek ‘n bietjie tussen my gestoorde papiere gegrawe. Ek het onder andere na my lêer, waarin ek al my knipsels geplak het, gesoek. Ek het dit steeds nie gekry nie maar met die grawery het ek wel op ander interessante papiere afgekom waarvan ek al vergeet het.
Ook baie interessant dat ‘n mens se brein oopgesluit word sodra jou oë dinge sien.
Ek het eergister weer sommer ‘n bietjie gekrap om te kyk wat ek eenkant gesit het om weer in diepte te gaan lees.
Jy weet mos hoe kyk mens deur ‘n klomp papiere. Jy bladder sommer so deur dit sonder om te stop om te lees. Wel, dis hoe ek dit toe doen. Bladder, bladder:
Aha, ‘n netjiese koevertjie wat nog so ‘n gekleurde randjie om die buitekant het. Die seël het ‘n stempel op wat nie duidelik is nie. Net die jaartal is sigbaar – 2007. My adres is my posbus in Potgietersrus. Agterop is die afsender se adres. Dis van my oudste suster wat nog altyd ‘n baie mooi handskrif het.
Nuuskierig maak ek die koevert oop en haal briefie uit. Net een blaaitjie, ook met ‘n patroontjie rondom die buiterandjie van velletjie papier. Ek maak dit oop en lees.
My hart raak sommer seer toe ek lees wat daarin staan.
Dit is geskryf nadat ek en my suster finaal besluit het om nie meer met mekaar bemoeienis te maak nie.
Sy stel dit baie mooi: “Miskien is dit beter as ons uit mekaar se vaarwater uitbly.”
En ons het beslis uit mekaar se pad gebly. Selfs met my vertrek oorsee was daar steeds geen genade om te versoen nie. Ons is darem wel weer op soort van skryf. Als is egter bolangs.
Woeps daar besluit my laptop om op te hou werk. Ek sukkel met die nuwe rekenaar. Hy wil net nie glad loop nie.
Iets wat my getref het wat sy ook geskryf het was:
“Jy is en was egter van jongs af n geslote mens van nature.”
Dat ek nou op my ouderdom uiteindelik hoor hoe ek is. Geslote is beslis waar. Dis waar my grootste probleem in die lewe lê. Met al my skrywery oor my verled kon ek dieper in my gevoelens ingaan en ook uitwerk van wanneer ek so geslote begin raak het. Lewensomstandighede het werklik ‘n groot invloed op mens se lewe.
Op n meer aangename noot:
Toe ek en my oorlede man nog na mekaar gevry het ,het ons weekliks vir mekaar geskryf. Hy was in Secunda en ek in Potgietersrus. Hy het die mooiste briewe vir my geskryf. Was sommer van die begin af smoor verlief op die man! Sy handskrif was groot en duidelik. Hy wou altyd hê dat mens aan tafel sit. Voete bymekaar, skouers regop en die skryf hand op die papier en die ander hand hou die boek of papier vas sodat dit nie skuif nie. Die papier moet ook effens skuins lê.
Ai, nou verf ek ‘n mooi prentjie van die geliefde van my waar hy sy skryfwerk aan tafel sit en doen. Onthou, hy was ‘n man van ses voet + amper ses duim met n gewig van oor die 110 kg. Hy kon byvoorbeeld nie sy naam teken as hy nie sit en die papier op die tafel lê nie.
Lekker ou lekker.
Dan was daar ook die ooms en tantes van oorsee wat alger met ‘n verjaarsdag en Kersfees, nie net ‘n kaartjie gestuur het nie maar, ook ‘n briefie in en soms nuwe fotos van almal. Ek het steeds nog van die poskaarte en verjaarsdagkaartjies wat hul gestuur het. Ek het altyd die kaartjies weggebêre. Toe my ma-hulle trek, na seker twintig jaar in ons huis, raai wat gee my ma vir my? Die skoendoos met my versameling kaartjies en poskaarte van jare toet(1952- 1972)
Vandag is daar niks aan om op ‘n rekenaar of foon gou ‘n paar woorde te stuur nie. Dan nog met allerhande letters wat uitgelaat word asof dit ‘n kode is wat geskryf word. Dis so onpersoonlik soos kan kom om hierdie klaargemaakte goed af te laai en dan te stuur met al die pragtige woorde op.
Laat ‘n boodskap