Hierdie week gesels ons oor ons eie omgewing. Die omgewing en sy mense waarmee ons te doen kry. Almal is welkom om saam te skryf. Ons skryf in Afrikaans. Ons is trots op ons taal en wil die taal laat voortleef. Hoe kan die taal voortleef? Skryf mense, skryf.
As jy geskryf het kan jy jou skakel in my kommentaar plak sodat andee lesrs ook jou avonture kan lees en beleef.
Geniet dit en leef jou uit!
Dankie aan die volgende persone wat verlede week saam geskryf het:
Kameel is altyd dadelik met haar skrywe: https://kameel179438031.wordpress.com/2019/12/02/kameel-loop/
Toortsie se https://toortsie.com/2019/12/03/loop/
Una se loop https://travel4601.wordpress.com/2019/12/02/the-dog-whisperer/
Omgewing: Mense

Eerste wil ek my menslike omgewing beskryf. Ek het nie regtig mense wat by my aan huis kuier nie. Daar is egter heelwat mense in die omgewing wat my ken en met wie ek gereeld praat. Met my en Trompie se gereelde lopies ontmoet ek daagliks dieselfde persone langs die pad. Dis heerlik om so met almal te gesels.
Vroeg soggens sit daar meestal ‘n man en vrou op hul dek en rook. Ek ruik ook meestal hul koffie as die windjie na my toe waai. Ons groet meestal.
Volgende is dit van die vroeë mense wat busstop toe loop of daar wag. Ek het vriende gemaak met ‘n dame wat elke oggend vroeg gou haar ontbyt rokie maak voordat sy op die bus klim. Sy pas naweke haar dogter se Staffie op en loop gereeld by my huis verby. Ons praat dan ook met mekaar. Die dame werk in Wellington en kry ‘n spesiale bus wat reguit Wellington toe ry nadat Upper Hutt mense opgelaai is. In die middag kom sy terug met die trein en dan die bus tot by die huis. Ek gesels meestal in die middag ook weer met haar. Sy het meestal ‘n wegneem ete in haar drasak wat heerlik vir Trompie ruik.
Later in die oggend, as ek weer loop, is daar altyd ‘n outjie wat met sy selfoon loop en daarna kyk. Hy dra altyd ‘n ou bol hoedjie en ‘n sonbril. Hy het ‘n geestelike gebrek en loop elke oggend rond en gebruik sy foon om te weet waar hy is. Hy groet meestal. Soms sê hy niks en loop net verby. Daar is ook ‘n ou Omie wat met ‘n mank been en ‘n kierie loop. Hy lyk vir my al redelik oud. Hy loop baie stadig. Trompie loop meestal by hom verby en dan draai hy om om my te groet en ons vra mekaar hoe dit gaan. Hy praat nie baie nie. As ek verder loop sê hy altyd: “Be good!”
Ook soggens met die terugloop kom ek ‘n ander man teen wat ‘n hartomleiding gehad het. Hy stap elke dag van die huis tot by BP garage waar hy sy vriende kry en ‘n koppie koffie drink. Daarna stap hy weer terug. Hy is ‘n interessante man. Eintlik ‘n vuurvreter. Hy was ‘n beesboer wat die boerdery oorgegee het aan sy seun. Ons gesels altyd lekker oor beeste en skape, en dan natuurlik al die mense met hul honde wat so ongeskik kan wees.
Langs my aan die eenkant woon daar ‘n gesin met vier kinders. Ons kuier soms net oor die heining. Die vrou hou haar tuin mooi netjies terwyl die man die meeste van die tyd besig is op sy foon. Die vier kinders is regtig oulike kinders. Ek haal my hoed af dat die pa en ma hul goed onder die duim hou.
Aan die anderkant van my bly ‘n jonger egpaar sonder kinders. Ons verneem ook na mekaar se welstand as ons mekaar sien. Die twee mense is meestal uithuisig en by die werk van vroeg tot laat.
Oorkant my is daar ‘n versorgsentrum vir minderbevoorregte mense met gebreke. Daar is een vrou wat daagliks met haar loopstoeltjie die blok omloop. Sy dra versterking skoene omdat sy n beroerte gehad het en haar een helfte aangetas is. Tog laat sy haar nie onder kry nie en loop sy lang ente. Sy praat ook altyd met my met haar skewe mond.
Ek het ook nog die eende vrou wat net om die hoek bly. Ons gesels gereeld oor die Paradys eende wat op die oomblik ses eendjies het wat hopelik almal gaan oorleef. Die ma eend is besig om die kleingoed stadig maar seker nader aan die huis te bring. Ons bespreek ook gereeld die boer met sy twee honde wat die goddelike dag blaf en sy skape wat van wind moet lewe. Daar is ‘n stuk oop park deel langs haar erf vanwaar die bergklimmers die berg op en af klim. Die parkeerplek is ook snags die bymekaarkom plek van jong motor lawaaiers en drinkers.
Natuurlik is daar dan ook nog daagliks die geselsie met die kinders by die skool asook die vriendelike kantoor personeel.
Dit dan wat my omgewing en die mense om my.
Naskrif: Die afgelope naweek het ons erge donderweer en reën gehad wat baie verspoelings gebring het. Paaie is gesluit en mense moes tuis bly. Veral die Suid Eiland het geurgeloop. Ons het hier gelukkig nie te woeste oorstromings gehad nie.
Nou vandag, asof die weer nie genoeg was nie, het n vuurspuwende berg op White Island besluit om uit te bars terwyl daar besoekers op was.
https://www.stuff.co.nz/national/118057679/white-island-volcano-erupts-in-the-bay-of-plenty
Laat ‘n boodskap