Kategorie: Afrikaans

  • Maandag=Wasdag 19: Hardkoppig

    Hardkoppig/koppig/eie wys? Ek het so ses jaar gelede ‘n vrou ontmoet waarmee ek baie goeie vriende geword het met verloop van tyd. Sy is enig in haar soort. Ons het al heelwat sakke sout saam opgeëet. My eerste kennismaking met haar was by die skryfsessies in ons plaaslike biblioteek. Sy het my ook oorgehaal om…

  • Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.

    Kom mense, ek nooi almal uit om saam te skryf in Afrikaans. Almal is welkom om hul gedagtes te deel hier op my Wasdag blog, solank jy in Afrikaans skryf is alles reg. Afrikaans is ‘n heerlike taal om in te skryf. Daar is so baie juweeltjies in ons taal wat behoue moet bly.  Hoe…

  • Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

    Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…

  • Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

    ‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf.  Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…

  • Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

    Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie.  Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…

  • Maandag=Wasdag 14: Waarvan hou jy meer?

    Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Dis sowaar weer Maandag. Die week het verby gevlieg sonder dat ek werklik my gedagtes op Maandag gefokus het. Sondagoggend, gedurende my lopery met Trompie, wonder ek toe nogal waaroor ek gaan skryf. Ek wil nie weer so diep in ‘n gedagte ingaan dat dit te morbied raak nie. Ongelukkig…

  • Maandag=Wasdag 13: Terugflitse

    Maandag is Wasdag het weer ongesiens nader gekom, en vandag word daar weer wasgoed opgehang. Hier word na hartelus geskryf. Niemand gaan ‘n vinger wys na jou skryfsels nie. Ons gaan dit alles saam met jou geniet. Geniet, omdat dit in Afrikaans is en Afrikaans is n besonderse taal om in te skryf. Verlede week…

  • Maandag=Wasdag 12: Bokdinge

    Dis weer ‘n nat en reënerige Maandag hier by my. Gelukkig nog nie te koud nie. Daar het wel die naweek so stof-sneeutjie op hoë gebergtes geval. Dit het gemaak dat die dae so bietjie kouer was. Ek loop al meer as drie weke en dink aan die volgende storie. Die woord ‘bok’ het in…

  • Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp.

    Maandag is weer met ons. Ek hoop dat die week goed verloop het. Hier wil dit steeds nie koud word nie of laat ek liewer sê dis steeds amper somers warm. Daar het darem die naweek heerlike reën geval en is steeds reënerig vandag. Die Wasgoed sal maar binne moet hang. Almal wat van Afrikaans…

  • Maandag=Wasdag 10: HOU KOERS

    10 Hou Koers Maandag het weer aangebreek. Dis weer tyd om wasgoed op te hang. Ek nooi almal, wat lief is vir Afrikaans, om iets saam te skryf. As jy geskryf het kan jy jou skakel by my kommentaar inplak en ander skrywers/lesers kan ook jou stukkie lees en geniet.  Baie dankie aan al die…