Dannie die draak

Dannie Draak

Dannie die draak dans,

Dartel, dobber, dribbel

Da die doem doem

===

Donderdae dra Dannie dassies

Duidelik dink Dannie draak

Drome draai deur deure

===

Dannie Draak dans daagliks.

Da die doem doem

Dannie is ‘n ligblou gehekelde opgestopte draak. Op haar bors is ‘n rooi gehekelde hart en ook ‘n paar rooi kolle. Donkerblou vinne en klein vlerkies op die rug. Die ronde snoet is ook donkerblou. Twee swart kraalogies loer vir ons.

Gister middag net na skool kom Beatrix suutjies hier aan by Ouma se deur.

Ouma luister en vra:

“Hoor ek iemand by my deur?

Wie is daar?”  Vra Ouma wat met haar rug na die deur toe sit.

“Dis ekke, Beatrix,” kom dit saggies.

“Ooooo, ek wou sê ek hoor iemand buite my deur.”

In tussentyd het Beatrix haar gumboots uitgetrek en ingekom. Staan langs Ouma se stoel.

“Ouma, kan Ouma asseblief Dannie se been aan brei? Sy het ‘n af been en een af vlerkie.”

“Mmmm,” kom dit van Ouma. Sy bekyk die been en vlerkie.

“Jong ek het nie dieselfde kleur wol nie. Bring daardie sak met bolle wol.”

“Hierdie donker blou sal werk Ouma.”

“Nee wat mens gaan dit duidelik sien,” probeer Ouma Beatrix oortuig.

Wange word opgepof omdat Ouma nie die donker wol kan of wil  gebruik nie.

“Weet jy, ek kan hierdie dunner pienk wol gebruik en dit styf trek sodat mens dit nie kan sien nie.”

Opgewondenheid heers. Nou gaan Dannie se been weer aan kom en ook haar vlerkie.

“Nurse Beatrix,  jy moet nou eers Dannie aan die slaap maak sodat dokter Ouma kan opereer.” 

So gesê so gedaan. Dannie is rustig in droomland. Nurse Beatrix hou haar bloeddruk dop en dokter Ouma opereer versigtig. Steek in, steek uit, steek vir steek word netjies gewerk en styf getrek sodat niemand die pienk wolletjie sien nie.

“Goed nurse Beatrix, jy kan nou stadig Dannie wakker maak sodat sy nie skrik as sy wakker word nie.”

Alles het goed afgeloop. Dannie is weer gesond en haar ou self. Sy het vandag saam met Beatrix skooltoe gegaan.

Dit het hard gereën vanoggend toe ons skooltoe moes loop. Beatrix het vir Dannie onder haar reënjas ingedruk. Met haar tas op haar rug, hou sy aan Ouma se arm, waarmee sy die sambreel hou, vas. Ons moes vinnig loop. Dit was omtrent soos ‘n rivier langs die pad van al die reën. Gelukkig het Beatrix haar gumboots aan gehad en het die water nie haar voete nat gemaak nie.

By die skool het Beatrix haar reënjas uitgetrek en vir Dannie in haar skooltas gebêre(hulle is nie regtig veronderstel om meer speelgoed skooltoe te bring in jaar twee nie)

Dit dan weer ‘n heerlike avontuur met Ouma, Beatrix en Dannie die Draak.

(Ek is baie jammer maar ek kan steeds nie fotos van my foon aflaai nie. Mens het ‘n graad of kwalifikasie nodig om dit te doen wat ek nie het nie, haha – SUG)


Posted

in

, , ,

by

Comments

20 responses to “Dannie die draak”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag oulik! Geniet die ou poppie en moenie siek word van al die nat nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie dat jy gelees het. Nee jong ek sien nie kans vr siek wees tussen al die siekes gedurig om my. Hopenlik bly ek gesond.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Ek kan nie glo jy moet in reën skool toe stap nie

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Jong skool nie so ver van ons af nie. Ouens hier gee nie om om in reën te beweeg nie. Winters is baie nat en koud in elke geval. Kinders hier moet tot op 12 jaar deur ouers of volwassene gebring of gehaal word. Dis hoekom ek Dinsdae enWoensdae Bea skooltoe vat en gaan haal omdat beide ouers uithuisig werk. Het die middag darem kar gevat om te gaan haal en toe was dit natuurlik droog.

          Liked by 1 person

          1. Dr Christa van Staden Avatar

            Jy moet jouself oppas, neem die kar as dit koud en nat is.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Jong, Dis erger om kar in en uit te klim as om net te loop en klaar te kry. Ek het mos maar altyd met Trompie in reën, koue, wind geloop in die winter. Hom sy reënjas aan en ek myne. Kannie met sambreel loop want daars altyd wind! Om die elemente te trotseer help om mens gesond te hou ook. Die binne sit in verwarmde huise maak my benoud.

              Liked by 1 person

              1. Dr Christa van Staden Avatar

                Dit verstaan ek ook, het al skoon van die verwarmde huise se impak vergeet. Maar, wat as jy gly en val?

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Moet maar net stadig en rustig bly, Loop reeds met ‘n kierie om my balans te hou. Gebruik kierie om skooltoe te loop ook.

                  Liked by 1 person

                2. Dr Christa van Staden Avatar

                  Ok, daai is goeie idee.

                  Like

                3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ek voel baie veiliger as ek met my kierie loop omdat my balans nie van die beste meer is nie agv rug.

                  Liked by 1 person

                4. Dr Christa van Staden Avatar

                  Ai vriendin, voel steeds of jy liewerste moet ry.

                  Like

                5. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ek het die oefening nodig. Vandat ek nie meer Trompie het en gereeld loop nie verswak my loop en bewegings. Moet myself net aan die gang hou. Wil nie nou al ophou om regtig te kan loop nie.

                  Liked by 1 person

                6. Dr Christa van Staden Avatar

                  Dit is waar, en as mens in die winter nie loop nie, raak mens se lyf stram

                  Like

                7. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Rumatiek sorg ook daarvoor dat mens nie wil loop nie. In die tussentyd is die beweging juis nodig om rumatiek bietjie hok te slaan.

                  Liked by 1 person

  2. Positief Avatar

    Die fone word al hoe slimmer en ons raak al dommer, ai. Klink na heerlike avonture wat julle 3 beleef, hoop die reën het gestop voordat Beatrix en Dannie weer gehaal moes word

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het met motor gegaan om haar te haal. Dis moeilik om naby parkeerplek te kry omdat almal mos maar kinders oplaai en daar min spasie vir parkering is. Vroeg gegaan en steeds hele entjie weg van skool parkeer. En toe is dit mos droog toe skool uitkom.

      Like

  3. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Dis so pragtig geskryf, Scrapy. Jy is ñ ouma duisend!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, vir jou pragtige terugvoer. Jy maak my dag.

      Liked by 1 person

      1. Una se gedagtes Avatar
        Una se gedagtes

        ❤️

        Like

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.