Maandag=Wasdag23: Roetine of geen roetine

Kom mense laat ons bietjie hoor, Is jy ‘n roetine mens of nie? Hierdie is ‘n plek waar ons lekker in Afrikaans kuier. As jy saam geskryf het kan jy beslis jou skakel in my kommentaar plak. Ek self sal daarvan hou om te lees wat jy skryf maar ander lesers sal ook beslis belangstel…… Lees meer Maandag=Wasdag23: Roetine of geen roetine

Angstigheid.

Vandag 9/9/2021 geskryf en gebeur. Die lewe het drie weke terug radikaal verander. Die hele New Zealand is in ‘lock down’ in vlak vier geplaas weens een persoon wat buite in die gemeenskap in Auckland positief getoets is vir Delta virus. Ons was in twee weke van tuisbly. Geen kontak met mekaar. Daar word tuis…… Lees meer Angstigheid.

Maandag=Wasdag 22:As die verlede by jou kom spook.

As die verlede by jou kom spook. My verlede spook kom meestal by my kuier as ek soggens gewone tyd (so net na vyf) wakker word.  ‘n Draaitjie loop, terug in bed klim en omdat dit nog donker is weer vir so ‘n uur of so insluimer of regtig slaap. Die aan die slaap raak…… Lees meer Maandag=Wasdag 22:As die verlede by jou kom spook.

Maandag=Wasdag 19: Hardkoppig

Hardkoppig/koppig/eie wys? Ek het so ses jaar gelede ‘n vrou ontmoet waarmee ek baie goeie vriende geword het met verloop van tyd. Sy is enig in haar soort. Ons het al heelwat sakke sout saam opgeëet. My eerste kennismaking met haar was by die skryfsessies in ons plaaslike biblioteek. Sy het my ook oorgehaal om…… Lees meer Maandag=Wasdag 19: Hardkoppig

Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.

https://www.alltrails.com/trail/south-africa/gauteng/hennops-krokodilberg-route Kom mense, ek nooi almal uit om saam te skryf in Afrikaans. Almal is welkom om hul gedagtes te deel hier op my Wasdag blog, solank jy in Afrikaans skryf is alles reg. Afrikaans is ‘n heerlike taal om in te skryf. Daar is so baie juweeltjies in ons taal wat behoue moet bly. …… Lees meer Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.

Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…… Lees meer Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

‘n Tjommeltjie Vandag voel ek sommer net lus om te tjommel. Klink en proe die woord ‘tjommel’ nie lekker op die oor en tong nie? Daar het reeds so baie gebeur vandat ek laas regtig behoefte gehad het om te skryf.  Vir twee weke het ek nie my Engelse skryfsessie bygewoon nie. Hoekom kan jy…… Lees meer Maandag=Wasdag: Sommer ‘n tjommeltjie.

Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie.  Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…… Lees meer Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

Maandag=Wasdag 13: Terugflitse

Maandag is Wasdag het weer ongesiens nader gekom, en vandag word daar weer wasgoed opgehang. Hier word na hartelus geskryf. Niemand gaan ‘n vinger wys na jou skryfsels nie. Ons gaan dit alles saam met jou geniet. Geniet, omdat dit in Afrikaans is en Afrikaans is n besonderse taal om in te skryf. Verlede week…… Lees meer Maandag=Wasdag 13: Terugflitse