Maandag=Wasdag 21: Ingesteldheid

Betekenis: ingesteldheid

Ek kon nie die woord se betekenis vind in my 1961 Verklarende Afrikaanse Woordeboek van Kritzinger et al. nie.

Gesteldheid:

beteken- toestand of staat.

Dit moet maar doen vir nou.

Ingesteldheid

Verlede week Woensdag word ons vir drie dae in inperking, in vlak 4, geplaas. Vrydag word dit nog aangeskuif na Dinsdag aand 11.59pm. Dit laat my dink aan hoe mense die omstandighede hanteer. Ingesteldheid is baie belangrik hier. Dis maklik om te kerm en te kla oor toestande. Probleem is daar kan op die stadium niks aan gedoen word nie. My ingesteldheid is om te hou by die reĆ«ls soos vasgelĆŖ.

Voor die inperking het ek al aan die woord ingesteldheid gedink. Gelukkig is my ingesteldheid so, sodat ek nie maklik tou opgooi nie.Ā 

Ek het in die begin van die jaar begin om my in te leef om waterverf te gebruik om my gevoelens uit te beeld. Alles het goed verloop. Ek het heerlik ā€˜n klomp klasse aanlyn gevolg. Party was nie in my lyn van doen nie maar ek het dit steeds probeer. As ā€˜n mens ingestel is op iets kan daar nogal sukses wees. Ongelukkig het my ingesteldheid my in die steek gelaat ongeveer vyf weke terug. Ek het my verfwerk probeer doen maar dit wou nie werk nie. Dit was omdat ek nie op daardie stadium ingestel was om dit te doen nie. Ek het ā€˜n bietjie aan geploeter en toe besluit om my projek weg te sit.Ā 

Saterdag besluit ek toe om ā€˜n nuwe projek te begin(dit was my beer wat ek geverf het) Dit vat tyd en konsentrasie om aan te gaan. Gelukkig was my ingesteldheid weer in plek. Die beer was ā€˜n sukses; dit het gemaak dat ek teruggegaan het na my meneer Vos wat net nie wou werk nie. Hy is steeds nog nie heeltemaal reg nie maar hy is beslis klaar geverf en ek is tevrede daarmee. Ek sal eendag, as ek reg is, dalk hom weer probeer. Ek hoop my ingesteldheid om meneer Vos weer te verf is dan ā€˜n beter weergawe van hom en dat hy nie weer so lank vir my gaan lĆŖ en loer nie.(Hierdie een se gesig en oog wou net nie vorm aanneem nie.)

Hoe is jou ingesteldheid teenoor:

 Jouself? Teenoor ander? Teenoor die natuur?

Kom skryf saam met my asseblief. Dis lekker om Afrikaans te skryf en dis wat ons hier doen. SKRYF in AFRIKAANS en GENIET dit.Ā 


Posted

in

, , , ,

by

Tags:

Comments

11 reaksies op “Maandag=Wasdag 21: Ingesteldheid”

  1. seegogga Avatar

    Ek dink beide hierdie prente is uitstekend! Jou oĆ« is veral pragtig, maar ook die pels vd diere. Ek is regtig beĆÆndruk!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir jou mooi woorde. Ek is so bly ek het op die vrou af gekom om met haar hulp die oƫ en ook pels reg te kry. Sy doen self die mooiste waterverf prente van diere.

      Like

  2. sandreyerskryf.wordpress.com Avatar

    Ek dink ook dis pragtig! Jy is baie goed met oƫ! Jy het merkwaardig gevorder vandat ek laas gesien het. Hoop jy geniet die proses.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie San, ek geniet my gate uit. Met tye wil die perfeksionisme intree dan moet ek hom met geweld wegklap anders gaan dit soos met arme ou Vossie wat nie na my sin is nie.

      Like

  3. Aletta - nowathome Avatar

    Dit is so pragtig Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Aletta, jy kan dit ook probeer. Dis heerlik om so te verf.

      Like

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Ek wil dit beslis probeer! Moet net aan die gang kom! šŸ™ƒ

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Jy sal sien as jy die moed bymekaar skraap en begin gaan jy nie ophou nie. Dis baie lekker en maak mens innerlik tevrede met jou eie skepping.

          Like

          1. Aletta - nowathome Avatar

            Ek sien daarna uit! šŸ˜

            Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.