Die hele week sing ek in my gedagtes die volgende liedjie https://www.youtube.com/watch?v=aV-jaOBbgGc Dit reën hier aanmekaar. Wens ek kan bietjie oorstuur na die dele waar dit so droog is. Musiek was nog altyd baie belangrik in my lewe. Van kleins af het ek, as die geleentheid daar was, musiek geluister. Toe ek student was het…… Lees meer Maandag=Wasdag 34 :Musiek
Etiket: geniet
Maandag=Wasdag no 23: Hand/e/werk
Vandag kombineer ek twee woorde – hand + werk. As jy net een gebruik is dit reg met my, gebruik jy altwee of voeg hul saam is ook goed so, solank jy dit geniet om te skryf. Ek doen die uitdagings op ‘n Maandag sodat almal ‘n week het om daaraan te werk of te…… Lees meer Maandag=Wasdag no 23: Hand/e/werk
Nabetragting van 2019 se NaNoWriMo.
Nabetragting 25/11/2019 Verlede jaar het ek die eerste keer deelgeneem aan NaNoWriMo(2018). Ek het in die begin van 2018 my eerste boekie gepubliseer wat oor die eerste ses jaar van my lewe is. My November skrywe was toe die onthou van my lewe van my eerste skooldag tot die einde van my studie as onderwyser…… Lees meer Nabetragting van 2019 se NaNoWriMo.
Maandag=Wasdag no 15: Soek en nie gevind maar…
Maandag is weer hier en dis tyd vir n nuwe skryfseltjie. As jy voel om saam te gesels is jy van harte welkom. Ons skryf in Afrikaans, want Afrikaans is n wonderlike taal om in te skryf. Dan is jy ook welkom om n stukkie te skryf. As jy dit op jou blog gesit het…… Lees meer Maandag=Wasdag no 15: Soek en nie gevind maar…
Avontuur op die plaas deel 4
More, Maandag, is dit weer terug hok toe na twee weke se vakansie. Die laaste skof vir 2019. Deel 4 van die avontuur op die plaas.Ek is vanoggend nou al weer by Vrydag en het nie gister se stories vertel nie. Donderdag oggend hoor ek weer skape blêr op ‘n afstand. Ek het besluit om…… Lees meer Avontuur op die plaas deel 4
Boetie sy’s ‘n Perskeblom
https://www.youtube.com/watch?v=E1pi-fP_I3k Boetie sy’s ‘n Perskblom was en is steeds vir my die lekkerste en mooiste liedjie om volkspele op te doen. In my derde jaar moes ons ‘n ekstra vak doen wat ons nog ‘n kwalifikasie gegee het. Ek het Volkspele gedoen. Die saal waarin ons dit gedoen het was ‘n gimnastieksaal met ‘n plank…… Lees meer Boetie sy’s ‘n Perskeblom
Maandag=Wasdag: no 8 Karakter
Maandag is weer met ons. Dis reeds Augustus 2019. Waar vlieg die tyd heen? Is jy lief vir Afrikaans? Jy is op die regte plek. Hier gesels en geniet ons Afrikaans. Almal is welkom om ‘n woord of die woorde te gebruik wat ek gee . Dis maar net om jou gedagtes aan die gang…… Lees meer Maandag=Wasdag: no 8 Karakter
Maandag=Wasdag: No 5
Nog ‘n Maandag het aangebreek. Dit is reënerig en die wasgoed kom nie maklik droog nie. Ons het winterreën, so ek moenie kla nie. Meeste mense het darem ‘n tuimeldroër(wat ek nie het nie.)My goedjies word maar binne in die sitkamer op ‘n droograkkie gehang. Gelukkig maak die weer nie saak nie. Mens kan lekker…… Lees meer Maandag=Wasdag: No 5
Maandag = Wasdag : 3 Vervelig
Maandag is hier en dis tyd vir nog ‘n skryfseltjie om uit te hang. Ek gee vyf woorde waarvan jy een, twee of almal kan kies om iets oor te skryf. As jy geen gevoel vir een van die woorde kry nie kan jy sommer net ‘n ietsie skryf net vir ontspanning. Die lengte of…… Lees meer Maandag = Wasdag : 3 Vervelig
Skrywersblok
Skryf dit neer “Begin skryf, maak nie saak wat of waar nie. “Die water vloei nie voordat die kraan nie oopgedraai word nie.” – Louis L’Amour Dis frustrerend maar waar: die enigste manier om deur skrywersblok te breek is eenvoudig om te begin skryf. Gelukkig is daar darem maniere om te help om jou by…… Lees meer Skrywersblok