Maandag=Wasdag: LOOP

My nuwe laptop het gister al “gecrash”. Vandag het hy halfpad gewerk en toe weer “gecrash” volgens aanwysings. Ons het egter erge wind en weer gehad wat die internet met rukke uitgeruk het. Gelukkig werk my ou skootrekenaar toe nog. Hy is egter so stadig dat ek omtrent n halfuur moes wag voordat hy my bladsy oopmaak waar ek my stuk wou skryf. Uiteindelik is dit nou gedoen. Hou dume vas dat die bladsy gaan laai.

Honde en loop

Vandat ek ‘n hond gehad het was daar altyd ‘n erf wat hul kon gebruik as toilet.

Toe ek in my eenheid, Villa Paloma 3, intrek het ‘n loop probleem opgeduik. Daar was nie ‘n tuin nie. Voorste deeltjie was geplavei; die agterste deeltjie ook. 

Ek het drie honde gehad daardie tyd. Boesman ‘n groot boerboel; Nancy en Bobby twee miniatuur Schnauzers. Hul het, in geval van nood, agter hul besigheid kon doen. Ek moes daagliks met die honde loop omdat hul geleer het om nie in die huis te mors nie. 

Soggens vroeg, voor ses, het ek die drie brakke in die kar gelaai en na die sportveld buite Potgietersrus geneem om hul dinge te doen en sommer vir oefening ook. Daar was nie regtig ‘n noemenswaardige sportveld nie. Net Netbalbane wat omhein was met ‘n grondpad aan die een sykant. Verder aan was die golfbaan. Ek het nooit golfbaan toe gegaan nie. Daar was tussen netbalbane en golfbaan maklik ‘n goeie blok bosse tussenin wat met grondpad  omsoom was. 

Ons  parkeer in skaduwee van ‘n doringboom en laat honde uit. Hul het al op die einde geweet dat ons ver gaan loop en het vooruit gehardloop. Gelukkig was die veld baie woes sodat hul nie juis diep in die bosse ingegaan het nie behalwe as hul iets interessants geruik het. Boesman was egter ‘n vreeslike bang ou snaar, en moes my net heeltyd in die oog hou. Hy het dus dadelik teruggekom as ek hom geroep het. Dit was lekker om veral in die somer so vroeg te gaan loop

Daar was gereeld ‘n duikertjie tussen die bome wat ons gesien het. Sy het later ‘n klein bokkie gekry en dit was te dierbaar om te sien, totdat iemand besluit het om ‘n strik te stel, haar te vang en af te slag. Die kein duikertjie is ook doodgemaak. Die karkas het steeds een oggend daar gelê toe ek gaan loop het. Slegs dele van die bokkie is uitgesny.

Dan was daar ook spore wat oor die pad geloop het. Eers het ek nie geweet watter dier  dit was nie totdat ek die miervreter/itermagog in lewende lywe gesien loop het oppad na sy gat. Ek het wel voordat ek hom gesien het die spore gevolg wat na ou hol termiet nes geloop het. Dis hoekom ek geweet het dat hy oppad was na die gat toe. Ek het stadig geloop sodat honde hom nie skrikmaak of jaag nie. Hy het rustig, op n stywe stappie, nes toe gegaan. Van daar af het ek uitgekyk of ek hom nie weer sien nie, wat nie weer gebeur het nie. Ek het elke oggend vir hom more gesê en dat hy lekker moet slaap. 

Dis lekker om so met die diere in jou gedagtes te kan praat.

Nancy links, Megan regs

Dit was altyd moeilik om die twee saam af te neem. Nancy was my liefling en Megan die een wat ek gered het van n baas wat n regte boelie was met haar. Sy was tot haar dood vreemd van aard en wou altyd Nancy afknou.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

14 reaksies op “Maandag=Wasdag: LOOP”

  1. Kameel Avatar

    Jou honde het gemaak dat jy baie oefening gekry het Scrapy. Ek het eers my karlisensie op 33 jarige ouderdom gekry… en daarna was my lopery ook op ‘n end.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het beslis van kleins af baie geloop omdat ons ook maar nie vervoer gehad het nie. Die lopery hou my kop ook skoon en oop vir gadagtes. Gister het ons woeste wind van 140km p uur gehad. Amper van my voete afgewaai. My kop het skoon toegewaai.

      Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel Avatar

    Hier by ons is dit ook ‘n groot ding om elke dag die honde te vat om te gaan loop. Hulle mag nie hulle lope loop in die kompleks self nie en jy sien die honde-eienaars so ‘n paar keer per dag by die hek uitgaan, bos toe of strand toe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het nou n tuin waar Trompie sy ding kan doen maar hy doen die minimum. Wag tot ons loop. Hier is nie bosse om in te gaan nie. Almal loop met poo-sakkies om op te tel agter die homde. Lopery hou my ook goed aan die gang.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai Avatar

    Ag hoe verlang ek na die outjies

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek ook, gister bietjie tussen fotos geblaai op my ou laptop waar dit op is.

      Like

  4. Toortsie Avatar

    Ek het sowaar ook oor loop met my honde geskryf. 😁 Perdebytjie het nou die dag ook oor ‘n ietermagog geskryf, as ek reg is.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man. Dis juis na aanleiding van Bytjie se storie dat ek onthou het van ons lopery met die honde. Ons het Soggens en saans daar gaan loop.

      Liked by 1 person

  5. Loop – toortsie.com Avatar

    […] In opdrag van Scrapydo. […]

    Like

  6. Dr Christa van Staden Avatar

    Ek verstaan daardie frustrasie. Rekenaars en veral internet wat nie wil werk nie. Hier is dit ‘n Vrydagsiekte. Lief jou woewe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Eks nie gewoond aan die rekenaar ding nie. Maak my fies as dit so maak. Vandag werk dit “touch wood”nog al die pad. Die twee woefe is beide in die honde hemel. Hul bly maar liewe diere. Geniet jy jou kuier met jou mense? Verkeerde vraag, natuurlik geniet jy dit. Is jul al oor die moegheid van die lang vlieg?

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        Hi Scapy, ons is al weer teee dae terug in Ust. En ek het byna elke dag geslaap, ek was op! Oor twee weke doen ons dit weer. 🙈

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ai toggie, jou arme liggaam sal maar net moet aanhou en uithou terwyl die kop hom rondjaag van hier na daar.

          Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.