Etiket: lekker

  • Ek dink terug

    Skielik het ek besluit om bietjie tussen my skryfsels te grawe en kom toe op die volgende af: 2024/11/20 Waterverf Klas Die verfklas het nou twee maande agter die rug. Die vier dogters sien nog steeds daarna uit om Dinsdagmiddae saam met my verfkwaste op te tel en ‘n uur lank hul uit te leef. …

  • Liewe Kleinkinders

    Vanoggend het ek beter gevoel as gister. Stella, gee honde net na ses kos. Sy ry hierdie keer net na sewe. Dis reënerig. Toe ek teen kwart voor agt  huis ingaan is Bertus besig om uit te suig. Ek het gaan stort en hy is werk toe.  Kinders is reg om skooltoe te gaan. Hul…

  • Amelia en Tamariki viering

    Dis Donderdagmiddag na my heerlik persente koop vir Amelia die oggend (sien vorige blog pos -Verjaarsdaggeskenk vir Amelia) Ek neem my Nanny nap en staan so twee uur op. Net voor drie kom Seunlief verby my kamer: “Gaan Ma saam om Amelia te kry by kleuterskool? Hul het van 3 tot 4 Matariki feesviering.” “Ja,…

  • Featherston: Inkopies en Winkels

    Inkopies en winkels Ongemaklike gevoel by winkel. Ek het Woensdag?kan Dinsdag ook wees, gou gaan inkopies doen. Eerste keer wat ek na supermark gegaan het was laat Vrydag middag na ek ingeboek het by motel. Ek het teen ‘n heining geparkeer want al die ander plekke was vol. Hierdie keer was daar min mense want…

  • Kiri die dinosaur koek

    Jippie-jippie, dis Saterdag Amelia se verjaarsdagpartytjie! Mamma het ‘n koek bestel wat by klein Amelia se smaak pas. Kiri die dinosaur. Ongelukkig het die tannie wat die koek sou bak gebel om te sê haar man het Covid. Sy sal moontlik nie die koek kan bak nie. Mamma is baie slim en gekonfyt in koekbak.…

  • Maandag=Wasdag 17: “Klein” kinderliedjies

    Kinderliedjies uit die vroëe kindertyd Dis nat in Nieu Zealand. Die weer is baie stormagtig van gister al af. Dit reën nie net met emmers vol nie maar sommer met vol swembaddens. Dis net water. Trompie hou gladnie van die baie reën nie. Nou knyp hy en hy kyk my met sulke leep oë aan…

  • Maandag=Wasdag: 15 Dis lekker om …

    Sjoe, dit is vandag lekker nat hier. Gelukkig is dit nie te koud nie.  Verlede week het verby gegaan sonder dat ek regtig gaan sit het om te skryf. Die onderwerp was reg maar die vingers het net nie getik nie. Dit was ook ‘n lang naweek. Ons vereer die Engelse koningin nog met ‘n…

  • Maandag=Wasdag 13: Terugflitse

    Maandag is Wasdag het weer ongesiens nader gekom, en vandag word daar weer wasgoed opgehang. Hier word na hartelus geskryf. Niemand gaan ‘n vinger wys na jou skryfsels nie. Ons gaan dit alles saam met jou geniet. Geniet, omdat dit in Afrikaans is en Afrikaans is n besonderse taal om in te skryf. Verlede week…

  • Maandag=Wasdag 5: Draadloos

    Daars hy, weer ‘n Wasdag en goet wat opgehang moet word. Ek het die helfte van die week al begin dink om radio te gebruik die week. Loop ek toe met Trompie, en daar kom draadloos toe in my gedagtes en die idee steek sommer vas. Geniet die skryf want dis Afrikaans. Afrikaans is mos…

  • Maandag=Wasdag 39: Sê-goed en sommer net.

    Die laaste Wasdag vir 2020. Daar is regtig lekker geskryf die afgelope maande. Hierdie keer het ek gedink om sommer sulke los stukkies te skryf.  Ek het ‘n klompie sê-goed neer geskryf. Jy mag hul almal in ‘n denkbeeldige storie gebruik of net een uitsoek om oor te praat. As jy nog nuwe gesegdes ken…