Jippie-jippie, dis Saterdag Amelia se verjaarsdagpartytjie!
Mamma het ‘n koek bestel wat by klein Amelia se smaak pas. Kiri die dinosaur. Ongelukkig het die tannie wat die koek sou bak gebel om te sê haar man het Covid. Sy sal moontlik nie die koek kan bak nie.
Mamma is baie slim en gekonfyt in koekbak. Sy besluit om self die koek te bak. Eers het sy ‘n toetslopie gedoen om te sien, en te proe of dit lekker gaan wees. Sy beplan toe ook hoe om die koek te sny om die regte vorm te kry.
Donderdagaand, voor Saterdag se partytjie, bak Mamma die koek deel. Beatrix en Amelia geniet dit om Mamma te help, en natuurlik die bak uit te lêk. Yummy, dis te heerlik.
Vrydagaand versier Mamma tot laat.
Ouma word opgekommandeer om Saterdag saam met Pappa, Amelia en Beatrix te ry. Ouma moet die koek, wat sy toe nog nie gesien het na hy versier is nie, versigtig op haar skoot te hou. Dit moenie beweeg of stamp nie.
Saterdagoggend 10 uur sit Amelia reeds in haar stoeltjie in die motor. Beatrix dwaal iewers rond en kom nie aan nie. Ouma word voor in die motor geplaas. Handdoek op die skoot. Toe word die koek versigtig op Ouma se skoot geplaas. “Moenie die doos bo-oor koek skuif of beweeg nie, Ouma.”
Sjoe, Ouma sit kierts regop met die koek op haar skoot terwyl Beatrix in die motor gehelp word. “Maggies Pappa, maar die koek is gewigtig so op my skoot. Ek hoop ek kan hom stil hou!”(Die bord waarop die koek is, is ‘n swaar houtbord)
Ons begin ry. Ouma hou die koek vir al wat sy kan.
Die pad na Staglands is vreeslik nou en vol kronkels en draaie. Bult op en weer af. As die draai na regs is keer Ouma sodat die koek nie by die venster uit glip nie. Pappa ry met tye so naby aan die afgrond om draaie dat Ouma eers koek stewig vashou en dan haar oë styf toe knyp.
Toe gebeur die onvoorsiene. Skielik verskyn ‘n groot trok met houtstompe van vooraf om die draai.

Daars nie regtig plek om verby te kom nie. Pappa ry half van die pad af en kom tot stilstand net voordat hy in ‘n groot slaggat sou land. Vragmotor skuur verby, Pappa ry agteruit, en om die slaggat.
Sjoe, die sweet slaan uit op Ouma se voorkop van skrik en vasklou aan die koek.
Gelukkig het die res van die rit goed afgeloop. Almal was bly dat ons veilig by Staglands gestop het.
Daar was poue, ‘n kalkoen en hoenders wat ons begroet het. Alger was op uitkyk vir kossies wat kinders meestal vir hul het. Pappa het die koek gevat en dit versigtig na die verjaarsdagtafel geneem.
Die kinders het die eet deel baie geniet. Die koek was pragtig en heerlik gewees. Na die etery het elke kind ‘n pakkie met kos vir diere gekry. Hul is toe almal uit en het hul gate uit geniet. Die diere is so mak dat hul selfs uit kinders se hande eet.
Toe ons huistoe ry is die res van die koek en houtbord weer op my skoot gesit sodat die res heel by huis kan uitkom. Ouma hou nog steeds weer stewig vas. Skielik begin motorradio speel. Pappa brom:”Wat gaan radio sommer aan?” Hy kliek hom af. Ons gaan weer om ‘n draai. Radio begin weer speel! Haha, dis Ouma wat elke keer die punt van die houtbord teen die aan knoppie druk as ons om ‘n draai gaan.
Nou ja, daar het ons die storie van Kiri die dinosaur koek wat op reis gegaan het op Ouma se skoot.

Die partytjie was Saterdag 23 Julie 2022, by Staglands ‘n voël en diere park.
As jy wil weet hoe Kiri die dinosaur lyk kliek gerus gou hier:
Ek kan net dink hoe jy aan daardie hout bord moes vashou om die koek veilig te hou, Ineke! Bly als het goed afgeloop en dat die kinders dit geniet het!
LikeLike
Dankie Aletta, beslis ‘n groot avontuur gewees.
LikeLike
O my senuwees! Bly die koek het veilig by sy bestemming opgedaag! Hierdie kan n oulike kleuterverhaal word met mooi illustrasies
LikeLiked by 2 people
Dis die idee om dit ‘n storie op ou end te maak. Beatrix is klaar al opgewonde om storie te hoor. Sy sal my weer help met illustrasies as ek die dag daar uitkom.
LikeLike
Toe word jy sommer willens nillens ‘n DJ ook 😘
LikeLike
Haha, nou praat jy. Gaan storie vir Beatrix lees en ons gaan nog verder uitbrei as sy voorstelle het.
LikeLiked by 1 person
Dit is pragtig en die storie ook. Die lekker van ouma wees.
LikeLike
Dankie Christa. Ja, ouma wees is heerlik. So baie klein dingetjies wat dit lekker maak
LikeLiked by 1 person
Presies, en soveel meer tyd om dit te geniet. Wou nog vra, waarom was mamma nie by diue partytjie nie?
LikeLike
Mamma was daar. Sy het eers ‘n ander mamma en dogtertjie gaan oplaai. Dis hoekom ons twee karre gebruik het. Verder het sy maar daar rond gekuier.
LikeLiked by 1 person
Jy het jou goed van jou taak gekwyt hoor
LikeLike
Dankie jong, gelukkig ken ek daardie kronkelpad baie goed. My Plaasoppas plaas is naby Staglands en ek het hom baie gery. Steeds bly dit nagal ‘n riller as dit so reën en met bome wat omval en grondversuiwings oor pad.
LikeLiked by 1 person
Wat sal hulle vier tog sonder ouma doen!🤗
LikeLike
Sê ek ook! My ou bene het amper nie die swaar bord kon hou tot einde nie.
LikeLike
Ouma! Jy is ons ster, want jy het deur al die gevare gesirg dat die koek heel bly!
LikeLike
Haha, ja jong. As Ouma iets doen doen sy dit nie halfpad nie, sy gooi als in om eindpunt te haal.
LikeLiked by 1 person
Natuuuurrrrlik! Hoe dan anders? 😁
LikeLike
Put ‘n mens nogal uit op my hoge ouderdom!
LikeLiked by 1 person
Jajaaa
LikeLiked by 1 person