Inkopies en winkels
Ongemaklike gevoel by winkel.
Ek het Woensdag?kan Dinsdag ook wees, gou gaan inkopies doen.
Eerste keer wat ek na supermark gegaan het was laat Vrydag middag na ek ingeboek het by motel. Ek het teen ‘n heining geparkeer want al die ander plekke was vol.
Hierdie keer was daar min mense want dit was middel van die dag. ‘n Wit kombi staan oor twee plekke geparkeer. Ek parkeer langs die agterkant van die combi(‘van’ soos hul dit hier noem) aan my regterkant. Voor ek nog behoorlik die motor afgesluit het kom mr Swart van voor om kombi tussen my en kombi in. Dit maak my heel ongemaklik. Herinneringe flits verby van Afrika. Ek besluit om liewers ‘n ander parkeerplek te kry en parkeer weer langs die heining.
In die winkel was daar twee menere Swart besig om iets te ete te koop. Hul loop die hele winkel vol en bekyk als. Praat aanmekaar oor en weer met mekaar. Een het ‘n ‘pie’ in sy hand terwyl ander een nog iets soek.
Toe ek uitkom met my inkopies was hul gelukkig weg. Daardie benoude gevoel bly maar in ‘n mens, dis soos skaduwees wat oor mens val.
Laaste Vrydagaand koop ek weer fish and chips, wat gans en al te veel vir my was.
Vir Kersfees het ek klaar voorbereide en verpakte skaapskenkel met kapokaartappels en bietjie ertjies en wortels gekoop by supermark. Dit was heel geurig en lekker vir Kersete gewees.
Gister(Vrydag 30e) weer dieselfde verpakte ete gekoop vir ou/nuwe jaar se ete die aand. Gister(Donderdag) ook weer fish and chips gekoop.
Kaaswinkel en restaurant ete. Woensdag 27/12/2022
Kaaswinkel
Woensdag besluit ek om te kyk vir iets te ete by kaaswinkel. Hul het ‘mac and cheese’ wat hul adverteer. Gaan na 5 soontoe. Hul doen ongelukkig nie meer mac en kaas nie want die persoon wat dit gedoen het se kaas is smaakloos en nie op standaard nie. Baie interessante kaas en dinge wat hul verkoop. Ongelukkig niks om regtig vir aandete te gebruik nie.
(Moet ook net noem dat meeste winkels toe was die naweek. Daar is stelselmatig winkels wat wel Woensdag oop gemaak het. Hul sluit eers 10 uur oop en maak vier uur toe)
Die hoofstraat het baie klein winkeltjies. Boekwinkels galore. Begin by Royal Hotel met uitbeelding van mense wat lees. Aangetrek in outydse klere met boek in die hand.


Royal Hotel
Na die teleurstelling van geen mac en kaas nie besluit ek om myself te treat met ‘n ete in die restaurant van die Royal Hotel.
Dis steeds warm al is dit teen ses uur. Mense sit buite op die dek. Daars heelwat beweging in en uit.
Ek bestel vis van die dag wat deur die kelner aanbeveel is. Kry ook ‘n glasie Rose borrelwyn – heerlik.
‘n Vuurwarm broodjie word bedien met bietjie botter.
Die vis lyk en was heerlik. Aspersies, gekookte aartappel in skil, geurige groen blaartjies as slaai en ‘n garnaal. Kaviaar op die vis!
‘n Ander kelner steek ‘n vlammetjie aan wat elke keer dood gaan as iemand verby loop.
“My vlammetjie is uit,” verduidelik ek aan kelner(vrou). “I’ll light your flame,” antw sy.
Ek vra kelner wat my bedien, of ek die vis met mes en vurk moet eet wat eintlik vir gewone maaltyd is? Hy weet toe nie van spesiale vis vurk en mes nie. Daar is ook nie soiets beskikbaar nie.(Ou het seker gedink die ou vrou is bietjie kêns!)
Lekker rustig geëet. Heel ontspanne, was duur maar die moeite werd gewees. $53(maal dit met 10 is R530) vir maaltyd.

Laat ‘n boodskap