Etiket: beskryf
-
Maandag=Wasdag: no 17 Omgewing: Mense
Hierdie week gesels ons oor ons eie omgewing. Die omgewing en sy mense waarmee ons te doen kry. Almal is welkom om saam te skryf. Ons skryf in Afrikaans. Ons is trots op ons taal en wil die taal laat voortleef. Hoe kan die taal voortleef? Skryf mense, skryf. As jy geskryf het kan jy…
-
Belangrikheid van neerpen (journaling)
Ek het in Mei saam met HesterleyNel een-en-dertig dae, aantekeninge in ‘n dagboek gemaak. Om ‘n dagboek aan te hou help om ‘n skryfritme aan te leer, asook om jou gedagtes te ontleed en uit te sorteer. Drie redes hoekom neerpen(journaling) en ‘n dagboek so belangrik is. Eerste Rede: Neerpen dien as ‘n vingerwysing om…
-
NANOWRIMO neem oor Maandag=Wasdag staan oor tot Desember
Verposing Maandag=Wasdag gaan bietjie rus en oorstaan tot Desemder. Ek gaan deelneem aan Dit is die tweede jaar dat ek deelneem. Verlede jaar het ek 50 000 woorde voltooi in 30 dae. Ek het al my gedagtes neergeskryf oor my jare en ervarings op skool. Van graad een tot matriek en daarna drie jaar onderwysopleiding.…
-
Avontuur op die plaas deel 4
More, Maandag, is dit weer terug hok toe na twee weke se vakansie. Die laaste skof vir 2019. Deel 4 van die avontuur op die plaas.Ek is vanoggend nou al weer by Vrydag en het nie gister se stories vertel nie. Donderdag oggend hoor ek weer skape blêr op ‘n afstand. Ek het besluit om…
-
Maandag=Wasdag no 12. Wat ‘n avontuur!
Ek hang net gou nuwe wasgoed op. Ek op die oomblik ‘n plaasvrou! Dis katte, honde, skape, hoenders en kuikentjies. Ongelukkig is die weer so sleg dis gladnie baie aangenaam nie. Hier skryf ons in Afrikaans. Almal mag ‘n stuiwertjie in my arm beurs gooi as julle so voel. Vertel van n heerlike, opwindende avontuur…
-
Maandag = Wasdag no 10 Worsboom
Maandag=Wasdag het baie om die lyf. Ek kry dit net nie elke Maandag geplaas nie. Weens my besige lewe sukkel ek om betyds my stukkie te skryf en te plaas. Ek het ‘n stuk vir verlede week gedoen en toe vlieg die tyd uit my hande en dis alweer die volgende Maandag. Verlede week se…
-
Maandag=Wasdag: no 8 Karakter
Maandag is weer met ons. Dis reeds Augustus 2019. Waar vlieg die tyd heen? Is jy lief vir Afrikaans? Jy is op die regte plek. Hier gesels en geniet ons Afrikaans. Almal is welkom om ‘n woord of die woorde te gebruik wat ek gee . Dis maar net om jou gedagtes aan die gang…
-
Maandag=Wasdag no 6 2019
(My ou laptop wil nie WordPress oopmaak nie dis hoekom ek eers vandag se wasgoed uithang) Maandag breek aan. Die wasgoed moet gehang word, maar ai, die wasvrou is half lui vandag.Almal wat lus het om ‘n bietjie in Afrikaans te skryf is welkom om ietsie te skryf. Pos of ping jou pos-skakel in my…
-
Om ‘n boek te skryf: Sessie 9
Waar eindig jou boek? Hoe die boek eindig gaan help om die verloop van jou boek te beheer. Onthou die einde kan ook met verloop van jou skrywery verander. Dit gee egter momentum aan jou skrywe om te weet waar als gaan/kan eindig. Daar is iets om op te konsentreer terwyl jy skryf. Aksie stap:…
-
Om ‘n Boek te Skryf: Sessie 7
Voorspel jou boek se inhoud: Jy gaan nou net ‘n twee delige voorspelling doen. Die twee dele wat jy gaan gebruik is 1. die toneel(scene)met belangrike aksie of argument en dit koppel aan 2. oogpunt (point)of waarde en waarom dit daar is. Die betekenis is waarna die leser gaan soek. Jy het nou die hoekom,…