Voorspel jou boek se inhoud:
Jy gaan nou net ‘n twee delige voorspelling doen. Die twee dele wat jy gaan gebruik is 1. die toneel(scene)met belangrike aksie of argument en dit koppel aan 2. oogpunt (point)of waarde en waarom dit daar is.
Die betekenis is waarna die leser gaan soek.
Jy het nou die hoekom, die vorm en stem uitgesorteer sodat jy nou ‘n opsomming kan maak van jou hoofstukke. Dit moet nie uitgebreide stukke wees nie. Jy kan later as jy tevrede is die res byvoeg.
In nie meer as drie bladsye nie skryf, ‘n toneel en doel van elke hoofstuk. Voorspel dus kortliks elke hoofstuk.
Opdrag:
Skryf die volledige kort beskrywing van elke hoofstuk in die twee vlakke: 1. Toneel. 2. Oogpunt/waarde/betekenis.
Sodra jy die twee elemente uitgesorteer het vir die hele boek, en jy verstaan waaroor alles gaan, het jy ‘n padkaart om te volg om jou boek te kan uitbrei en belangrike dinge in te vul. Dit kan verander en verdiep namate jy vorder. Die padkaart gaan ook sorg dat jy by die punt van bespreking bly en nie ekstra sypaaie volg nie.
Laat ‘n boodskap