Om ‘n boek te skryf: Sessie 9

Waar eindig jou boek?

Hoe die boek eindig gaan help om die verloop van jou boek te beheer.
Onthou die einde kan ook met verloop van jou skrywery verander. Dit gee egter momentum aan jou skrywe om te weet waar als gaan/kan eindig. Daar is iets om op te konsentreer terwyl jy skryf.

Aksie stap:

Gebruik die drie oefen lopies wat jy gebruik het vir die opening van die boek.

Wenke vir fiksie, memo en verhalende nie-fiksie

Wenk 1
Wys hoe protoganis verander het.Wat weet hy/sy wat hy nie geweet het nie? Hoe voel hy/sy teenoor die verandering? Kyk na storie en voer die oplossing in na mate dit ontwikkel.

Wenk 2
Kry hy/sy wat hy wil hê? Hoe voel hy oor wat hy bereik het of nie bereik het nie? Of besef hy dat hy dit nooit so wou hê nie?

Wenk 3
Hoe versterk die einde jou storie? Mens wil graag wegloop met meer insig, en oor die gevoelens in die storie. Hoe sal leser voel oor die eindproduk wat opgebou het?

Wenk 4
As dit ‘n reeks is maak seker dat die einde bevredigend genoeg is op sy eie en nie die inleiding vir volgende boek nie. Elke boek moet eindig met die belofte waarmee jy begin het.

Wenke vir hulp/selfhelp:

Wenk 1
Wees duidelik oor die pyn wat gevoel word en hoe hul vorentoe kan beweeg en die wêreld weer in die oë kan kyk.

Wenk 2.
Bied hoop en inspirasie op ‘n tasbare wyse.

Laaste deel gaan oor:hoe om die momentum te behou.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: