Maandag is weer met ons. Dis reeds Augustus 2019. Waar vlieg die tyd heen?
Is jy lief vir Afrikaans? Jy is op die regte plek. Hier gesels en geniet ons Afrikaans.
Almal is welkom om ‘n woord of die woorde te gebruik wat ek gee . Dis maar net om jou gedagtes aan die gang te kry. As jy oor iets anders wil skryf is jy welkom. Plak asseblief jou skakel in my kommentaar sodat ek melding kan maak van jou skrywe in my volgende wasdag uitgawe. Dit gee ander lesers ook die geleentheid om jou storie te lees en met jou kennis te maak.
Dankie aan die volgende persone wat lekker geskryf het:
Hester met haar kajuitkoors
Kameel met los gedagtes
https://kameel179438031.wordpress.com/2019/07/31/kameel-los-gedagtes/
Sleutelwoorde: waardering, karakter, dankbaarheid, geheimsinnig, spelling
Hierdie is ‘n beskrywing van ‘n vyfjarige seuntjie, J, wat soggens na die Voorskoolsentrum kom.
KARAKTER
Om ‘n vyfjarige seuntjie te wees, is nie maklik nie, en dit is ook vir hom moeilik om te aanvaar dat hy nie alles kan doen wat ouer kinders doen nie.
Hierdie vyfjarige seun is soms kostelik, maar ook irriterend. Hy het soms die vreemdste idees.
Vroeg oggende begin soos volg:
Pa laai klein J af by die hek. J, wil nie hê dat sy pa hom tot by die deur bring nie.Hy is mos oud genoeg om self sy tas te dra en na die klas te loop Hy sal begin hardloop, half loop, half struikel. Dit lyk of sy balans nie te goed ontwikkel is vir ‘n vyfjarige nie.
Kop af; hy klim die vier trappies; val altyd oor sy eie voete. Hy kom binne en kyk na my met sy groot vraende blou oë.
‘Goeiemôre, Ineke.’
‘Goeiemôre, J.’
‘Kan ek asseblief op die PlayStation speel?’
Altyd dieselfde vraag.
Ek antwoord hom altyd op dieselfde manier.
‘Met wie gaan jy op die PS4 speel?’
‘Ek weet nie.’
‘Vra dan iemand.’
‘Goed.’
Hy sal staan en wag tot ek ‘n voorstel maak wie dalk met hom kan speel.
‘Vra G of C.’
Hy gaan na die G:
‘ G, ek wil jou iets vra. SAl jy saam met my op die Playstation speel? ‘
Hy sal na my toe kom en die naam van die kind gee. Dit gebeur elke oggend vyf dae per week. Hy is goed gemanierd en beleefd, maar kan soms aanhoudend vrae aan my vra. Volgens my mening is hy nog nie skool gereed nie. Sy brein werk wel, maar sy gedrag en bewegings is meer die van ‘n vierjarige kind.

Moet interessant wees om al die karaktertjies te leer ken. Maar ek glo ook daar is baie geduld nodig. Jy doen goeie werk Ineke!!!
LikeLike
My taak is in 😊
https://kameel179438031.wordpress.com/2019/08/05/kameel-n-karakter/
LikeLike
Dankie jy is fluks so op n Maandag en Wasdag.
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel. Ek geniet die kinders omdat ek nie nodig het om hul te moet leer nie. Ek neem hul maar meer waar en sorg dat hul mekaar nie verongeluk nie, ha ha. Geduld is beslis nodig want sommige outjie sal jou uitrafel tot op die einde.
LikeLiked by 1 person
Dankie, dit is interessant maar baie maal irriterend as dieselfde dinge oor en oor reggestel moet word. Ek geniet dit egter baie
LikeLiked by 1 person
Ek let op dat die kleintjie jou op jou naam noem. Eureka! Hoe kan ons dit by Afrikanerkindertjies (en hulle ouers) indril? Elke kind ontwikkel seker maar teen sy eie pas, maar ek kry die indruk dat kinders wat streng gedissplineer word, nie altyd so vinnig ontwikkel soos hulle ongedissiplineerde maatjies nie – asof hulle te bang is om raas te kry oor iets wat hulle doen. En nou gaan die mammas my seker braai.
LikeLiked by 1 person
Dis nogal n faktor. Hier noem hul volwassenes op die naam a hul kans kry. Onderwysers word darem as mnr of Juf so en so aangespreek.
LikeLiked by 1 person
As hy struikel is daar dalk iets met sy ore verkeerd. Ek sou hom laat ondersoek?
LikeLike
Het al met onderwyseres gepraat maar sy het dit nog nie so opgelet nie. Dis ook nie vir my om iets te se nie
LikeLiked by 1 person
Dis waar…. ons hoop maar hulle hom deeglik dophou!
LikeLike
You wish! Daar het nogal n goeie terugvoer van ouerdag/aand gekom van die kind se ouers. Kan nou verstaan hoekom arme kind so optree soos hy optree.
LikeLiked by 1 person
Hi Scrapy, ek het vanoggend ‘n plasing begin oor ons boerbok na aanleiding van Poitief se Billy bok en terwyl ek skryf het ek plekke gesien waar ‘n paar van jou woorde handig te pas kon kom. En voor ek weet, het ek almal gebruik. Hier is dit https://christavanstaden.com/2019/08/06/herinneringe-aan-steve-ons-boerbok/
LikeLike
Aha, dis gaaf en jou skakel het ook hier aangeland. Dankie solank ek sal bietjie gaan lees.
LikeLiked by 1 person
Ek kyk so na die titel van die plasing en begin dan lag. Ek het nie verkeerd gelees nie, jy het sowaar pe ongeluk mandag geskryf in plaas van Maandag. Dit pas egter perfek by my inskrywing. Mandag …
LikeLike
Nou ja, daar het jy dit nou! Een van die woorde is ook spelling. Dankie vir die wys op die mandag wat in geglip het. Ek het hom reggestel.
LikeLiked by 1 person
Ek het daarvan gehou, die mandag. Dalk moet ons dit iewers as ‘n woord kry? Spelling is daar,
effens verkeerd gebruik by bokdrolletjies 🙈
LikeLike
Haha, mooi man. Sal mandag bietjie insit volgende keer. Daar kom dalk goeie dinge uit oor die man se dag of te wel mandag.
LikeLike
Dalkies net. Het ons ooit ‘n mandag?
LikeLike
Ons het nie want manne glo mos elke dag is hul dag.
LikeLiked by 1 person
Dit is waar
LikeLiked by 1 person