Opwindend: lewensverhale en gebeurtenisse.
-
Maandag=Wasdag 31: ‘n Besondere voorwerp/foto.
Kom skryf saam met my op ‘n heerlike Maandag. Jy het die hele week om jou stukkie te skryf en dan jou skakel in my kommentaar te plak of ‘n pieng-terug te stuur. Ek verander op ‘n Maandag die onderwerp. Lekker skryf en lees. Die volgende persone het lekker saam gesels Appeltjie – Ouma maak…
-
Maandag=Wasdag 30: ‘n Boer maak ‘n plan
Dis ‘n heerlike Maandag hier by my. Die son skyn maar die windjie waai nog woes en is nogal koud ook. Tog is die lewe heerlik want die warmer weer is oppad. Almal wat van Afrikaans hou en ook lief vir Afrikaans is is welkom om deel te neem en n stukkie te skryf solank…
-
Maandag=Wasdag 29: Bou of maak iets.
Goeie dag op ‘n stormagtige Maandag hier in New Zealand. Wind tot 135 km p u, buie reën, donderweer en ook moontlik hael en sneeu. Dis amper einde September en nog is dit nie die einde van winterkoue nie. Kom ons kikker die dag ‘n bietjie op met ‘n paar vertellings. Bou of maak iets.…
-
Liewe Heksie
Wie onthou vir Liewe Heksie? Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap.
-
Maandag=Wasdag 28: Avontuur, ondervinding, Vertelling.
Maandag is weer hier. Dankie aan die volgende ouens wat saam gesels het verlede week: Appeltjie Maandag = Waskamer 27 Kamer Kameel Kameel – Kamers Lekkervurig Hier gaan ons dan. Almal wat Afrikaans is kan saam skryf. Gee asseblief vir my ‘n skakel of pieng-terug in my kommentaar sodat ek erkenning kan gee aan jou skrywe…
-
Maandag=Wasdag 27: Kamer
Welkom by nog n Maandag. Almal wat Afrikaans skryf kan kom saam skryf en deel in my wasgoedmandjie. Al die wasgoed is gesorteer vir die week. As jy so voel kan jy na my webtuiste n pieng-terug stuur of sommer net jou pos se skakel in my kommentaar plak sodat ander ook kan lees wat…
-
Maandag=Wasdag no 26: Skoene
Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder. Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker. Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan…
-
Maandag=Wasdag no 25: ALFABET
Alfabet Die alfabet het 26 letters. Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom. Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om…
-
Kouse, kouse,kouse
Crista: https://christavanstaden.com/2020/07/09/sykouse-in-qazaqstan/ skryf oor sykouse wat sy moes dra toe sy skoolgehou het vroeër jare. Hester: https://www.hesterleynel.co.za/2020/07/12/sykouse-tights-pantyhose-skinny-jeans-leggings-en-jeggings/ skryf ‘n hele interessante blog oor sykouse, broekiekouse en vandag se jeggings Ek kan die volgende byvoeg: Terwyl ek op kollege was het ons steeds sykouse gedra met skoene. Veral ook in die winter en as ons gaan…
-
Kinderprenteleesboek
Ek het vir 21 dae ‘n heerlike kursus gedoen om ‘n kinderstorie te skryf. Dit was ‘n nuwe ondervinding vir my. Ek het baie geleer. Dis vir kleintjies 3-5 jaar wat nog nie baie lank kan luister of aandag gee nie. Die illustrasies gaan natuurlik ook ‘n groot rol speel. Die storie is in Engels.…
Got any book recommendations?