Kategorie: Plaas
-
Plaaslewe no1.
Groot avontuur (Pukeko) 1/07/2022 Die oomblik het aangbreek dat ek my pen opneem en begin om avonture neer te skryf. Dit het meer as drie maande geneem om weer te begin belangstel en om tyd in te ruim om te skryf. Party oggende as my skoondogter ingaan na haar kantoor in Wellington staan ek reg …
-
Hoe dit gekom het dat… Plaasopwinding
Hoenders en beeste. Hie-ha, cowboys hier kom ons. Na die Paasnaweek se trekkery het ek gou oor gery om te gaan kyk hoe dit met die familie op die plaas gaan. Die trekkery was senutergend gewees. Eers is die groot masjiene waarmee my seun sy elektroniese bordjies gemaak en gebak het opgelaai. Hy het vir…
-
Hoe dit gekom het… Verhuising/trek
Verhuising of trek. Wat ‘n opwinding is daar op die oomblik in die Kruger huishouding! Ons gaan (moontlik binnekort) na ‘n plasie toe trek. Dis al ‘n geruime tyd dat dit in die pen is dat daar gesoek word na die regte stukkie grond en dan natuurlik ‘n huis om in te bly ook. Op…
-
Sommer net: Kommunikasie
Na aanleiding van Hester se skrywe HesterLeyNel on 2021-11-14 Ek moet bieg – ek is ‘n baie stil op my eie mens, met klem op stil. Hoe het dit gekom dat ek nie my mond kan oopmaak nie? My laerskool jare was heerlike onbevange jare. ‘n Vierman plaasskool en ons was soos een groot familie. Ek het…
-
Maandag=Wasdag no 19 van 2019: Sintuie
Dis weer Maandag en dit gaan die laaste Wasdag vir die jaar wees. Ek gaan vir tien dae weer plaas toe. Hierdie keer gaan dit beslis nie ‘n gejaag van skape wees nie want die plaas se kampe is behoorlik afgekamp. Daar is wel ‘n koei wat die eienaar nie vertrou nie, so, ek bly…
-
Avontuur op die plaas deel 5
Vrydag Dis bibber koud vanoggend. Die ryp lê spierwit op die gras dit lyk of dit gesneeu het. Trompie gaan uit vir eerste pieps en kom weer in. Ek stort en trek aan . Eet my pap. In die tussentyd is daar geen skaap te sien nie. Trompie bly rusteloos. Ek laat hom agter uit…
-
Avontuur op die plaas deel 4
More, Maandag, is dit weer terug hok toe na twee weke se vakansie. Die laaste skof vir 2019. Deel 4 van die avontuur op die plaas.Ek is vanoggend nou al weer by Vrydag en het nie gister se stories vertel nie. Donderdag oggend hoor ek weer skape blêr op ‘n afstand. Ek het besluit om…
-
Avontuur op die plaas deel 2 en 3
Deel 2 Die tyd vlieg verby en ek moet eintlik daagliks skryf oor al die mannewalise. Ek kan nie meer so goed onthou wanneer wat gebeur het nie. Ek het Dinsdag more betyds opgestaan omdat ek dorptoe wou gaan. Ek het my goeie vriendin belowe dat ek haar steeds vir ‘n koppie tee gaan ontmoet. …