Groot avontuur (Pukeko) 1/07/2022
Die oomblik het aangbreek dat ek my pen opneem en begin om avonture neer te skryf. Dit het meer as drie maande geneem om weer te begin belangstel en om tyd in te ruim om te skryf.
Party oggende as my skoondogter ingaan na haar kantoor in Wellington staan ek reg om Beatrix skooltoe te neem soggens. Pappa laai kleinsus af oppad na sy werk. Die skool is so vyf minute se loop van ons plaashek af.
Sommige oggende lewer nogal groot avonture op. Alles in die omgewing is nog vreemd vir Beatrix wat nou vyf is en vir eerste jaar groot skool toe is. Terwyl ons loop sien ons telkens nuwe dinge raak.
So was dit ook Vrydagoggend toe ons skooltoe stap. Die bure het ‘n massiewe vark. Beatrix bly telkens sê: “It stinks, Ouma.”
Gelukkig ruik Ouma nie so goed nie en kan ek dit nie ruik nie. Die buurman kry vragte met afval groente by winkels wat hy vir Nr 1 voer. Nr 1 is die beer se naam, die sog is Nr 2. Vrydagoggend lê Nr 1 met sy rug teen die kampdraad. Heerlik in die wintersonnetjie. Hy kreun van plesier oor die bietjie hitte want dit het goed geryp die oggend.
“Wil jy aan hom vat Beatrix?”
“Nee, Ouma hy’s yakky! Mamma het al aan hom gevat.”
Ek raak aan die spekvet vark. Sy hare is kliphard en stokkerig. Hy og-og van plesier toe ek aan hom raak.
Ons stap aan.
“Beatrix, kyk doerdie perd het ’n pienk jas aan!” (regte koelie pink)
“Wow, Ouma ek lief die kleur dis beautiful.” antwoord pinkmal Bea.
‘n Hele entjie verder is daar ‘n swart ding wat langs die kant van die pad beweeg.
“Ek wonder wat die swart ding is? Is dit ‘n stuk plastiek wat opwaai as ‘n motor verby ry, of is dit iets lewendigs? Wat dink jy Beatrix?”
“Ouma, ek dink dis ‘n voël! Lyk soos sy vlerk wat so waai.”
“Ja, ek dink dis ‘n Pukeko. Hy lyk siek of het seer gekry.”
Dit is toe waarlik waar ‘n Pukeko. Hy hardloop of vlieg nie weg nie. Hy bly inmekaar langs die pad sit.
https://nzbirdsonline.org.nz/species/pukeko
“Ek gaan vir jou skoolhoof vra om te kom kyk en dan om dalk die SPCA te bel om hom te kom haal.”
Teen die tyd dat ek Beatrix by haar klas gebring het, het sy al vergeet van die Pukeko. Ek het alleen kantoor toe gegaan.
Lang storie kort. Ek beduie vir die hoof van die Pukeko. Hy verduidelik dat hy binnekort ‘n vergadering het(of te wel hy het nie rerig lus om te gaan kyk nie) Wel, hy besluit om tog te gaan kyk. Die Pukeko het steeds inmekaar langs die pad gesit. Ek stel toe voor dat die hoof hom vang sodat ons hom tenminste weg kry uit die pad uit.
‘n Baie interessante toneeltjie speel hom toe voor my oë af:
Die hoof gaan nader na die Pukeko. Pukeko besluit om op te staan of eintlik te fladder met sy vlerke wyd uitgesprei. Die hoof staan verskrik ‘n tree terug. Ek keer die Pukeko weg uit die pad uit want ouers kom en gaan om kinders af te laai. Die hoof probeer weer maar wil nie regtig aan die voël vat nie. Ek beduie hy moet sy twee hande om die vlerke sit en hom so vasvat. Haha, dit was ‘n fout, die hoof is nog meer skrikkerig as wat die Pukeko vir hom is. Ek spring toe in en gesels met Pukeko terwyl ek sy twee vlerke netjies oor sy lyf vasvat. Sit die Pukeko toe ‘n keel op dat hoor en sien vergaan!
Wat nou gemaak? Die hoof is besluiteloos. Die voël se been of bene het seergekry. Hy kannie behoorlik loop nie. Ek stel voor dat ons hom solank oor my buurman se heining gooi sodat hy nie in die pad kom terwyl daar so baie verkeer is nie. So gesê so gedaan. Sal die Pukeko nou wraggies dwing om weer deur die draad te klim. Ek moes eintlik hom in die kamp aan die oorkant van die pad gesit het want ander Pukekos het daardie kant geroep.
My buurman se dogter en hul seuntjie was net oppad skool toe.
Die hoof stel toe voor dat hy met die vrou praat en verduidelik wat ons gedoen het. Nou moet ek ook byvoeg die buurman is ‘n moeilike ou kalant. Gelukkig het ek nie nodig gehad om te verduidelik nie.
Die einde van die storie was dat toe ek vanoggend (Saterdag) verby die plek ry waar Pukeko was, was ‘n valk besig om hom uitmekaar te skeur. Einde was dus nie te goed nie maar ek is bly hy is dood en dat hy nie verder gelei het nie.

Laat ‘n boodskap