Uit my Dagboek. Mislukte dr besoek, 13/01/2026

Ek het die Disdag ‘n dokters besoek gehad wat eintlik ‘n aanlyn besoek was en nie persoonlike konsultasie soos wat ek wou nie. Toe genoeg geleentheid gehad om bietjie in die Mall in Upper Hutt ‘n teetjie met vriendin te geniet.

Die volgende is drie episodes wat Dinsdag die 13e plaas gevind het.

Eerste toneel.

Gister met die tee drink in die Mall het ek vergeet om die volgende te vertel.

Na Cynthia se vriendin weg is gesels ons verder. 

Daar is toe skielik ‘n voeltjie wat naby ons tjirp. (Mossies is nogal geneig om in te kom en krummeltjies op te pik) Ek kyk om en sien dat ‘n jong vroutjie, aan tafeltjie langs ons, ‘n  rugsak op die stoel oorkant haar gesit het. Dit lyk vir my soos ‘n outydse ‘jukebox’. Plasies aan voorkant, gaatjies aan sykant wat van materiaal gemaak is. Die geluid kom uit die sak. 

“My goeiste, dis wraggie ‘n lewendige koketiel wat in die koutjie/hok/sak is wat so gesels.” 

 Ek gesels met hom: “Hallo Pollie.” Hy antwoord my terug. 

So gesels ons ‘n rukkie. Dis te oulik. Ons kon ons oe nie glo nie. Daar is toe nog ‘n tweede een in die hokkie. Die een wat so lekker gesels is 

“Mollie, is die geselsende een.” se die vrou.

“Ek neem hul elke dag uit vir ‘n lopie en kuiertjie in die Mall.” 

Dis te dierbaar vir woorde. Die mense rondom was almaal verstom en het heerlik gelag oor die voeltjies wat so ewe rustig in die rugsak is. Hul kan wereld om hul bekyk en sommer vars lug ook kry. Vrou het na sy haar koeldrankie gedrink, die sak op haar rug gesit en geloop tot almal se vermaak. 

Tweede toneel

Ek het Dinsdag namiddag gaan loop. By die busstop sit twee meisies by die busstop diep in gesprek. Die een het die rooiste rooi hare.

“Ek hou baie van jou rooi hare. Hoe kry jy dit so rooi?” 

“Ek kleur dit so,” kom dit natuurlik van haar.

“Dankie, dat jy daarvan hou.” 

Kon myself met ‘n plank slaan. Sy verkneukel haar toe lekker vir die ou vrou wat so ‘n vraag vra.

 Die kind het wraggies rooi maskara onder haar oe en op ooglede gehad. Neus ring in en weet nie wat nog alles nie. Ander een is meer normaal ingekleur maar ook met ringe in die neus. Hul het op foon gesit en kyk en rustig gekuier. Die rooi haar een het later in bus verby gery, seker oppad huistoe.

Derde toneel. 

Ek loop verder. ‘n Huis vanaf waar die hond vorige keer ontsnap het is die stouter weer besig om weg te loop. Hy is net buite erf besig om aan bamboesheining te ruik. 

“O so, jy is weer uit, ne?” 

Hy vlieg om en kom blaffende na my toe . Boudhare staan pennetjie orent. Hy blaf weer baie aanvallend. Ek praat met hom. Huistoe jaag help ook nie. Hy bly telkens terug staan en kom dan weer met mening.

Ek hoor die mense rondskarrel. 

“Kom jul hom kry?” roep ek. 

Man kom om struike en hond dink weer, nou is dit sy kans om my te gryp. Ek steek my kierie uit sodat hy nie verby my gaan om my van agter by te kom nie. Die jong man wil hom gryp maar hond storm weer. Ou het hom gegryp, opgetel en ge- “sorry, sorry .” weer. Mens moet tog maar altyd bedag wees op sulke omstandighede. Die hond gaan beslis iemand byt as hul nie oppas nie. Hopenlik is dit nie vir my nie. 


Posted

in

, , , ,

by

Tags:

Comments

10 responses to “Uit my Dagboek. Mislukte dr besoek, 13/01/2026”

  1. seegogga Avatar

    Dit klink nie na n goeie hond nie. Bly jy kon hom afweer.

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hy is nog jonk en skrikkerig. Hy kry nie die regte opleiding om sy bang wees te hanteer nie. Gelukkig bly ek rustig en sal op einde hom oortuig om nie bang te wees nie. Dis egter as sy mense bykom dat hy regtig nie baie oulik is nie.

      Liked by 2 people

  2. seegogga Avatar

    gelukkig ken jy honde goed

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat, Mens bly maar kalm en kyk hoe dit afloop. Hou natuurlik nie daarvan as hul agter jou wil snuif nie. Sal nie sommer dit toelaat nie.

      Like

  3.  Avatar
    Anoniem

    Hier is streng reels oor diere maar dit bly ‘n probleem …

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hier is ook rgetig streng reels maar daars altyd mense wat maar net nie regtig verstaan of omgee hoekom die reels daar is nie.

      Like

  4. Tannie Frannie Avatar

    Ai, Scrapy, jy is waarlik ‘n hondevriend, om so mooi te vertel oor die “stouter” – ek sou ander woorde gebruik het! Baie bly jy het jou kierie byderhand gehad.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie, Ek gelukkig altyd nou my kierie by my. Dis ‘n jong hond wat nog ‘n sterk hand nodig het om hom reg te help.(natuurlik ‘n kruising bull terrier en nog wat ook al)

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai Avatar

    Ek het gister ‘n hondebesoeker gehad … gelukkig nie kwaai nie

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Meeste honde is nie kwaai nie. Is hoofsaaklik bangheid of vreemd wees.

      Like

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.