Vreugde en verdriet
Ek hoef nie my verbeelding of diere kapperjolle in die diertuin te gebruik om myself te vermaak nie. Trompie, my mini Schnauzer, kon so snaaks wees dat ek net my kop kon skud en lê soos ek lag. Hy was so vermaaklik van aard. Gladnie nodig om eers te dink wat om te doen nie.
Die volgende was geen uitsondering nie. Trompie laat my nooit uit sy oog/sig nie. Gereeld soos klokslag kom kyk of hy my nog kan kry. Hy was besig saam met my in die tuin. Snuffel en jaag als wat beweeg. Hy was besig om op die mossies te fokus. Ek gaan in om skottelgoed te was.
‘Aha, wegkruipertjie, dis wat ek gaan doen.’ flits deur my gedagtes.
Eers gaan ek in die badkamer, dan in en uit my slaapkamer, in die tweede slaapkamer loop ek ook heen en weer. Ek kniel agter die een bed. Lê op my opgetrekte bene en arms. Ek sit my kop op ‘n blok Trompie gaan my soek.
Na so vyf minute hoor ek hom die kombuisdeur in storm. Die eenheid het blink gevryfde hout vloere. Hy skaats meer as wat hy hardloop.
Ek hoor hom kom. Eers kombuis, deur sitkamer, in my slaapkamer en na die badkamer. Vinnig weer kombuis toe en na buite. Ek moet my net inhou om nie ‘n geluid te maak nie. Doodse stilte vir ‘n paar secondes. Hy kom weer met ‘n vet spoed in.
Stilte.
Trip-trip trip snuif-snuif, vinniger en vinniger. Eers weer in my slaapkamer, dan die badkamer. Terug in die gang.
Stilte. “Oops” hy het tweede slaapkamer vergeet. Hy woerts die kamer binne. Op die bed. Boude in die lug, voete hang oor sykant van bed, nek uitgestrek, kop plat tussen hangende voorpote. Neus teen my neus.
Kyk my reg in die oë.
“Wat dink jy doen jy? Kruip weg vir my, nê? Nooit gesien nie. Jy kan my nie ontsnap nie,” en ‘n nat slebber land op my mond. Die voete trap-trap op bed, boude hoog, blaffies en halwe huile daag my uit om weer so iets te waag. Hy het mooi laat weet: “Stupid ou vrou wat agter die bed wegkruip, ga!”
Ons was mal oor mekaar. Vir twaalf jaar het hy my ure se plesier verskaf.
Ongelukkig moes ek einde 2018 hom oor die reënboog stuur. Hy kon nie meer verder nie. Ek sal nooit daardie hartseer, moeë, pynvolle oë vergeet as hy na my gekyk het vir hulp nie.
Om alleen te wees is, is nie moeilik as ‘n mens die lewe deel met ‘n hond soos Trompie. Enige dier wat onvoorwaardelik net gee en niks van mens vra nie maak die lewe elke oomblik die moeite werd.
Die lewe het sy vreugdes en verdriet.
“Sending a dog over the rainbow” is a popular euphemism for when a pet dies. The phrase comes from the concept of the Rainbow Bridge, a poetic story about a place where deceased pets wait in a perfect, pain-free state, and are eventually reunited with their owners to cross into heaven together. It’s a way for grieving pet owners to cope with loss by finding comfort in a story that frames their pet’s death as a peaceful transition, not a final end.
Lewer kommentaar