Uit my Dagboek: Vreugde en verdriet

Vreugde en verdriet

Ek hoef nie my verbeelding of diere kapperjolle in die diertuin te gebruik om myself te vermaak nie. Trompie, my mini Schnauzer, kon so snaaks wees dat ek net my kop kon skud en lê soos ek lag. Hy was so vermaaklik van aard. Gladnie nodig om eers te dink wat om te doen nie.

Die volgende was geen uitsondering nie. Trompie laat my nooit uit sy oog/sig nie. Gereeld soos klokslag kom kyk of hy my nog kan kry. Hy was besig saam met my in die tuin. Snuffel en jaag als wat beweeg. Hy was besig om op die mossies te fokus. Ek gaan in om skottelgoed te was.

‘Aha, wegkruipertjie, dis wat ek gaan doen.’ flits deur my gedagtes.

Eers gaan ek in die badkamer, dan in en uit my slaapkamer, in die tweede slaapkamer loop ek ook heen en weer. Ek kniel agter die een bed. Lê op my opgetrekte bene en arms. Ek sit my kop op ‘n blok Trompie gaan my soek.

Na so vyf minute hoor ek hom die kombuisdeur in storm. Die eenheid het blink gevryfde hout vloere. Hy skaats meer as wat hy hardloop.

Ek hoor hom kom. Eers kombuis, deur sitkamer, in my slaapkamer en na die badkamer. Vinnig weer kombuis toe en na buite. Ek moet my net inhou om nie ‘n geluid te maak nie. Doodse stilte vir ‘n paar secondes. Hy kom weer met ‘n vet spoed in. 

Stilte.

Trip-trip trip snuif-snuif, vinniger en vinniger. Eers weer in my slaapkamer, dan die badkamer. Terug in die gang. 

Stilte. “Oops” hy het tweede slaapkamer vergeet. Hy woerts die kamer binne. Op die bed. Boude in die lug, voete hang oor sykant van bed, nek uitgestrek, kop plat tussen hangende voorpote. Neus teen my neus. 

Kyk my reg in die oë. 

“Wat dink jy doen jy? Kruip weg vir my, nê? Nooit gesien nie. Jy kan my nie ontsnap nie,” en ‘n  nat slebber land  op my mond. Die voete trap-trap op bed, boude hoog, blaffies en halwe huile daag my uit om weer so iets te waag. Hy het mooi laat weet: “Stupid ou vrou wat agter die bed wegkruip, ga!” 

Ons was mal oor mekaar. Vir twaalf jaar het hy my ure se plesier verskaf.

Ongelukkig moes ek einde 2018 hom oor die reënboog stuur. Hy kon nie meer verder nie. Ek sal nooit daardie hartseer, moeë, pynvolle oë vergeet as hy na my gekyk het vir hulp nie.

Om alleen te wees is, is nie moeilik as ‘n mens die lewe deel met ‘n hond soos Trompie. Enige dier wat onvoorwaardelik net gee en niks van mens vra nie maak die lewe elke oomblik die moeite werd.

Die lewe het sy vreugdes en verdriet.

“Sending a dog over the rainbow” is a popular euphemism for when a pet dies. The phrase comes from the concept of the Rainbow Bridge, a poetic story about a place where deceased pets wait in a perfect, pain-free state, and are eventually reunited with their owners to cross into heaven together. It’s a way for grieving pet owners to cope with loss by finding comfort in a story that frames their pet’s death as a peaceful transition, not a final end. 


Posted

in

, , ,

by

Comments

16 reaksies op “Uit my Dagboek: Vreugde en verdriet”

  1. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Ai, ek onthou jou Trompie. Almiskie speel hy en my Ringo en Milo en Perdebytjie se Tinkie en Frankie nou saam in reënboogland. 🫂🌻💝

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis ja. Hul gaan mekaar se geselskap ten volle uitleef.

      Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel Avatar

    Het jy dit ooit weer oorweeg om ‘n toeteldier te kry Scrapy, of is is jou huidige woning en lewensomstandighede nie geskik daarvoor nie?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het in die begin nogal uitgekyk vir ‘n hond van ek in my kamer gebly het. Dis egter nie die moeite werd om ‘n hond in ‘n kamer te hê nie. Waar ek nou is mag mens nie troeteldiere aanhou nie, wat vir my logies is.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Mag jy pets in ‘n terrarium aanhou (varswaterslakkies, waterskilpadjies, isopods, bidsprinkane)? Of wat van vissies? My dogter het hissing Madagascar cockroaches en isopods in ‘n terrarium, en sy geniet hulle vreeslik.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Kon help om te glimlag oor Madagaskar cockroaches. Hiers sulke lekker groot swart Gisbourne kakkerlakke. Gril my morsdood. Ek het toe my seun nog op skool was dat hy visse kon aanhou. Dis nou nie juis my lyn nie. Ek’t vir jare altyd ‘n kanarie gehad waarvoor ek baie lief was. Hul is ook te dierbaar om te hê. Ek sal nog maar eers kyk hoe my inburgering hier verder verloop. As ek nie meer kan uitgaan vir ‘n lopie nie sal ek maar kyk vir iets om te vertroetel.

          Liked by 1 person

  3. Bondelsgedagtes Avatar

    Ai Scrapy, ek kan dink jy verlang. Ek stuur drukkies

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mis hom nog al die pad. Drukkie vir jou ook.

      Liked by 1 person

  4. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    Ek kan glo dat jou herinneringe aan Trompie jou steeds plesier verskaf, Ineke. Hopenlik is daar troeteldiere waar jy nou bly?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Geen troeteldiere toegelaat. My een nuwe vriendin wat ook van SA kom het ‘n kat. Sy het my sommer dadelik aangeneem as vriendin ook. Blykbaar is sy baie sku vir mense. As jy ‘n dier het mag jy hom hou tot hy dood gaan en dan geen dier meer hier nie. Dis beter so want dink net as almal ‘n hondjie of kat het wat se Babelse kabaal dit gaan afgee.

      Like

  5. Positief Avatar

    Ai hierdie skrywe is so mooi. My Stormie hond is 12 jare oud en het met tyd al blinder geword. Sy het gister in die swembad geval, gelukkig was ek naby. My kop is nog in die sand, want sy is gesond andersins. Die swembad is toe, maar ek is so bang sy kry seer en ly

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is ook half bekommerd oor Mollie die kinders se Yorkie. Sy is al 14 jaar Sien nie regtig meer en hoor is ook baie min. Sy is soos ‘n verskrikte klein brak want almal loop oor haar en maak haar deurmekaar met alles wat gedurig rondgeskuif word. Moet eintlik nie daaraan dink nie.

      Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie Avatar

    Jy was die BESTE nooi vir Trompie!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag Frannie, dankie vir jou mooi woorde. Kan steeds nie regtig glo dat mens so verknog aan ‘n hond kan wees nie. Liefde vir jou en ‘n drukkie ook.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Ek verstaan dit so goed – ek treur nog steeds, 13 jaar later, oor my liefkat Skoonlief.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek onthou en verlang steeds party dae na die hondekinders wat ons gehad het. Elk met hul eie unieke maniertjies. Was van kleins af diere georïenteerd.

          Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Bondelsgedagtes Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.