Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor

17/11/2025 Eerste huurmotor huur

Noudat ek hier in die “Village” bly het ek nie meer ‘n motor nie. Ten eerste, het ek ‘n Nissan Leaf wat ‘n elektriese motor is. Hier is nie regtig parkeer plek nie en ook nie ‘n kragpunt om die battery te laai nie. Dit pas my aan die een kant. 

Ek is veronderstel om my rybewys te hernu op tagtig jaar wat Februarie komende jaar is. ‘n Mediese verslag moet van ingestuur word om te bewys dat ek nog vaardig genoeg is. Ongelukkig veroorsaak PD dat ek sommer skielik vries, soos hul dit noem. Dit het al gebeur en omdat dit onverwags gebeur kan dit ‘n ongeluk veroorsaak terwyl ek bestuur. Die dokter het saam gestem dat ons die bewys gaan laat verval. Dit is dus nou die einde van my sestig jare lange veilige bestuur, sonder enige ongelukke, waaroor ek baie dankbaar is.  

Sondag, laat namiddag, besluit ek om te kyk of ek ‘n huurmotor kan bespreek vir my rit na die Hutt Hospitaal, Maandag. My spraakterapie afspraak is 11-12 vm. Toe ek na die huurmotor se aanlyn bekendstelling blad gaan, sien ek tot my ontsteltenis dat mens 24 uur voor afspraak moet bespreek. Ek vul die aanlyn bespreking in en besluit om eers te bel sodat ek weet of dit gaan werk of nie.

Lui die nommer: 

antwoordmasjien: 

ons kan nie nou antwoord nie ons is besig om te bestuur. Na blied stuur jou boodskap en ons kom terug so gou ons kan.

Nou bly ek wonder? Gaan ek maar ‘n ander maatskappy probeer of wag? Ek raak bekommerd want, sê nou is ‘n lekker sê. Sê nou ek kry nie ‘n huurmotor vir more nie?

Ek staan nog so en twyfel toe lui my foon: 

trieng trieng, allo Moeko, trieng trieng(dis die wysie wat my seun ingesit het!). Haastig vou ek foon oop, druk luidspreker en antwoord. 

“Het u gebel? En ‘n aanlyn bespreking gedoen?”

Wat ‘n verligting. Die persoon sal my 10:35 am oplaai en hospitaal toe neem. 

Wat ‘n verligting. Ek slaap redelik goed. 

Vanoggend 10:35 vm kom hy aangery. Ewe hoflik, klim uit motor maak deur vir my oop en help my inklim. Ons gesels kortliks met mekaar. Hy is nuut en ek is sy tweede persoon wat hy aanry. Ek het ‘n spesiale “Total Mobility Card” wat ek moet scan voor ons ry sodat ek 75% korting op die koste kry. Ek het ook gereël dat hy my weer 12:15 nm kom oplaai en terug neem.

Dis die derde keer wat ek vir die spraakterapie gaan. Die terapeut doen dit in ‘n groep omdat daar nie genoeg ure en mense is om een een te help met spraak nie.

Ons is almal Parkinson-se-siekte-pasiënte. Elkeen op ‘n ander vlak van stem verlies. Ons doen groep oefeninge om die stembande te oefen en te rek sodat hul sterker kan word en bly.

Volgende het ons ‘n lysie gemaak, wat ons telkens saam bring, om hardop te lees. Dit help om hard en duidelik te praat omdat spraak met tyd versag en ook onduideliker word. 

Daarna het ons storie gebou. Begin met ‘n kort sinnetjie, volgende person sê: 

Ja en dan….  Gee sommer eninge iets wat in kop opduik. So gaan storie aan wat natuurlik skreeu snaaks word teen die einde. Dit is brein oefening wat ons doen.

Wat hierdie keer baie interessant was is dat, Kris, inplantings in sy brein gekry het wat met aanpasser wat in sy bors geplant is en ‘n kontroleerder seine vir brein stuur om meer dopamine af te skei wat help om die bewing van boonste ledemate te verminder tot amper geen nie. Hy kan dit beheer sodra hy voel die bewings is besig om te vereger, deur ‘n .1 aanpassing te maak. Hy kan bv net twee aanpassings in ‘n sekere tyd spasie maak. Hy kan nie oordoen nie want die elektroniese kontrole sluit outomaties af. 

Wat ook interessant is, is dat die inplantings nie hier gedoen word nie. Jy moet Australië toe gaan daarvoor. Hul doen wel die voor- en nasorg in Auckland. Kris het die brein inplanting operasie gekry en voor hy die aangeeër kon kry was dit die Covid uitbraak was. Hy het maklik ‘n jaar na die inplanting uiteindelik die pas aangeeër gekry. Hy is baie tevrede met die uitwerking wat dit op veral sy regter hand se bewing het omdat hy regshandig is.

Tegnologie verrig darem amper, kan mens sê, wonderwerke.


by

Comments

6 responses to “Uit my Dagboek 2025: Spraakterapie en huurmotor”

  1. seegogga Avatar

    Baie interessant. Die mediese tegnologie is regtig wonderlik. Julle stories klink soos Goue Vroue en Towerin stories. Ons het net meer woorde gebruik.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Is nogal so van Goue Vroue se skrywe. Dis ‘n hele avontuur elk op sy eie om veral sulke hospitaal besoeke te doen en deel te wees van dieselfde ondervindings.

      Liked by 1 person

  2. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Liewe moedige Scrapy, dankie dat jy jou ervarung so met ons deel. Jy inspireer my om beter te leef binne aanvaarding. Liefgroete.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir mooi woorde, ook dat jy my skryfsel gelees het. Jy inspireer my ook met jou pragtige vertellings, so uit die hart.

      Liked by 1 person

  3. Bondelsgedagtes Avatar

    Liefste Scrapy, ek is bly jy het hulp waar julle saam kan storie en lag. Ek stuur liefde

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Bondels. Dis heerlik om so te kan uitleef waarvan mens hou.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.