Asemtoetse

2024/11/25

Die afgelope twee jaar gaan haal ek elke Maandag oggend my klaargemaakte maaltye by EAT https://eat.co.nz/ EAT is in Lower Hutt, ‘n 25 minute(23.3km)  se ry van Mangaroa waar ek bly. Die besigheid lewer nie af by landelike plekke nie. Ek gaan haal dus die maaltye by hul hoofkantoor/kombuis wat in Lower Hutt is. 

Dis vir my ‘n heerlike tydverdryf om Maandagoggende te ry om die bestelling te gaan haal. In die winter het ek so 11 uur se kant gery. Noudat dit somer word is dit te warm om mid oggend te ry. Ek maak nou so 9:30am klaar sodat ek so elf uur weer terug kan wees.

Vanoggend was geen uitsondering nie. Ek het klaargemaak, rustig en op my gemak gery. Rustig bekyk als in die verbygaan, dankbaar dat ek steeds kan bestuur en die omgewing geniet. Die haastige ryers kon na hartelus verby jaag. Hier mag mens net 100km p u ry. Ek hou so by 80km p u en gee hul kans om tog net verby te kom. Meestal ry ek ook maar 100km p u as dit nie te besig is nie.

By Avalon draai ek links af van snelweg. Die motors ry buffer teen buffer. 

“Mmmm, dit moet ‘n slegte ongeluk wees wat verkeer so ophou,” dink ek so in die stilligheid. 

Met ‘n gloei kom daar van agteraf ‘n verkeerspolisie motor. Die bus agter my gee pad na links. Ek ook.

Ek sien blou en rooi skynsels van polisie motors. Kom ek om die draai is daar twee polisiemotors met ligte aan en vyf polisiemanne is gespasiëer sodat vyf motors kan stop op die ryvlak van pad. 

Wat doen hulle?

Geen ongeluk nie!

Hul toets asems vir alkoholgebruik bestuurders. 

Wat ‘n interessante avontuur so in die middel van ‘n Maandag oggend.

Die jong polisie man by wie ek stop –

“Good morning, how are you? Please count to five.” Kom dit van die vriendelike man. Hy hou sy masjientjie voor my mond toe ek tel. 

“What are you up to this morning?” vra hy terwyl hy vir uitslag wag.

Ek vertel hom ek gaan my week se kos haal. 

“Sounds good. Enjoy it.”

Ek ry verder en gaan haal my bestelling, vertel ook aan die vriendelike dames in die oproepkantoor  van die vroëe avontuur.

Raai wat gebeur toe met die terugry?

Ja, jy raai reg. 

Die klomp polisiemanne staan toe aan die anderkant van pad waar ek vroëer was. Ek stop by die vriendelike beampte. 

“We tested you less than half an hour ago!” kom dit lagged van die man. 

Hy het my weer getoets en ek kon rustig terug huistoe ry.

“Never a dull moment in my life!”


Posted

in

, , ,

by

Comments

11 responses to “Asemtoetse”

  1.  Avatar
    Anoniem

    You go girl!

    Liked by 1 person

  2. Una se gedagtes Avatar
    Una se gedagtes

    My jinne, Scrapy, sommer twee keer binne ñ klein rukkie!😂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, was nogal heel grappig toe die ou my weer sien. Was nie die een wat my eerste keer getoets het nie.

      Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie Avatar

    Bwahahaa – ek kan darem nie glo dat jy so suspisieus lyk dat die man jou weer wou toets nie 😆

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, hy kon my nie laat verby ry nie. Dit was ‘n ander ou wat my moes toets.

      Liked by 1 person

  4. angelswhisper2011 Avatar

    MOL…you’re to funny, Ineke. Now don’t eat to much, we saw that you can eat unlimited…MOL..Extra Pawkisses just for you🐾😽💞

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      AS long as you pay you may eat as much as you want. I’m glad I do not need to cook for myself because I don’t have a kitchen. I use the microwave of my children.

      Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    Ja, jy moet maar ligloop en liewer by die huis drink 😁 Ek het gaan kyk na EAT se webtuiste en dis ‘n wonderlike inisiatief.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek kry eintlik lekker as motoriste getoets word op die onmoontlikste tye van die dag. Die matrieks het kan mens sê klaar geskryf en hul hou daarvan om stout te wees. EAT is beslis ‘n oplossing vir mense soos ek wat nie kookgeriewe het nie. Dis twee vriendinne wat dit begin het. Dit het nou so uitgebrei dat hul aan die hele NZ maaltye verskaf en stuur. Als van die kombuis hier in Lower Hutt.

      Liked by 1 person

  6. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag mens, ek het dit nou so geniet. Ek soumy vreeslik gewip het …

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee wat hul is regtig baie vriendelik. Dis deel van hul werk. Hul van beslis baie van die drink en bestuurders. Veiligheid is hier beslis baie belangrik.

      Like

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.