Kategorie: Sommer net

  • Wilgerboom vir troue 3/01/2023

    Elke gas moes hul naam skryf en ‘n vingerafdruk daarby sit as blare vir die boom.

  • Varkies op hok?

    Varkies op hok? Regtig? Koe-koes! Wie? Ekke? Nou twyfel ek aan my vermoë om waar te neem. Dit was steeds ‘n mislikke dag van koue, reën en wind wat waai. Die weervoorspelling sê daar gaan sneeu wees tot op seevlak vannag. Die vrou van die enkelkamer help met tye uit as die eienaars(haar seun en…

  • Oggend lopie.

    Die lug is amper sonder wolke vanoggend vroeg. Steeds nog koel windjie wat waai. Ek besluit om vroeg in te gaan om ‘n koppie tee te maak en my pap met yogert te maak want hele week het ek soggens net ‘n “oats and apricot bar” geëet, en ook natuurlik die badkamer gou te gebruik.…

  • Oppad na Rebusfontein.

    Oppad Rebus toe Hierdie skrywe is totaal en al denkbeeldig. Die groep mense wat hier saam kuier is almal vriende en blogmaats. Seker so tien jaar gelede het ons begin as Towerinne wat heerlike vervolg verhale geskryf het. Elkeen het ‘n beurt gekry om ‘n hoofstuk te skryf en die storie te laat uitbrei tot…

  • Ritme en orde

    Ritme en orde 7/07/2022 Ritme en veral orde is ‘n baie belangrike deel van my leefwyse. Nadat ‘n  mens amper ‘n half eeu skool gehou het en met kinders gewerk het kan mens nie sonder ‘n mate van orde regkom nie. My ritme en orde het van Desember 2021 tot op hede  Julie 2022 in…

  • Hoe dit gekom het dat… ons pampoen eet

    Hoekom pampoen van alle dinge? Van huis uit, as ‘n Nederlander. het ek as kind nooit met pampoen te doen gekry nie. Ons het net nie pampoen gekry nie omdat dit onbekend was. In die koshuis het ek vir die eerste keer pampoen gekry. Dit was so-so vir my. Ek was nooit ‘n groot soettand…

  • Hoe dit gekom het… onsekerheid. Woordwarrel: Hoop

    Die besef, en wete ek moet positief bly kom gereeld by my op. Alles hang af hoe ‘n mens dinge om jou aanvaar en hanteer. Tog, ek is ook ‘n mens met gevoel en behoeftes. Op die oomblik voel ek afgesny van alles. Alles maak my benoud. Siekte, alleenheid en dan op die oomblik ouderdom…

  • Hoe dit gekom het…dat hier stilte was.

    Stilte op my blog Beslis stilte. Geen woord geskryf of selfs aan iets gedink om te skryf vir meer as twee maande. Vir meer as twee maande was hier woorddroogte in my gemoed. So baie het gebeur in daardie tyd dat ek net nie kon bybly met alles nie. My omstandighede het totaal en al…

  • Hoe dit gekom het dat… bekommerd oor Trompie.

    Ek het werklik meer as twee maande laas geskryf. Daar was net nie tyd en ek het ook nie behoefte gehad om te skryf nie. My laaste voorbereiding van skryfwerk het gegaan oor Trompie. Ek het die 28 Desember 2021 begin skryf. Terug gewerk na waar Trompie versleg en wou dit nie deel nie want…

  • Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing

    Grondverskuiwing(slip) Die natuur is wonderlik. Op die oomblik kry ons soveel reën  hierdie Desember dat die riviere uit hul nate bars. Die rivierbeddings word gedurig skoongemaak van klippe, stompe en opdrifsels. Ons het selfs ‘n jaar se reën in een dag gekry. Ongelooflik, die Huttrivier oorstroom toe so erg dat van die motors wat in…