Ritme en orde

Ritme en orde 7/07/2022

Ritme en veral orde is ‘n baie belangrike deel van my leefwyse. Nadat ‘n  mens amper ‘n half eeu skool gehou het en met kinders gewerk het kan mens nie sonder ‘n mate van orde regkom nie.

My ritme en orde het van Desember 2021 tot op hede  Julie 2022 in duie gestort.

Dit het nie net my leefwyse omgekrap nie maar ook my gesondheid geestelik sowel as liggaamlik aangetas.

Van Desember af was dit in die pen dat my kinders die huis waarin ek amper drie jaar gebly het gaan verkoop. Hul het my bly aanmoedig om te begin inpak. Wat ek ook begin het. 

‘n Groot geestelike terugslag was dat Trompie se gesondheid vinnig agteruit gegaan het. Net voor nuwe jaar het ek die besluit geneem om hom uit sy pyn te verlos. My hart was oneindig seer. Ek mis hom nog steeds.

In die tussentyd pak ek toe maar soos wat ek kan. Die aankondiging kom dat die huis in die mark gesit gaan word. Gelukkig was baie goed reeds ingepak. Ons het ‘n  stoorplek gekry en my seun het stelselmatig my goed weggery. Ek raak toe ontslae van heel wat los goed. Die huis is toe opgetof en in die mark gesit. As ek so onthou dink ek daar was drie of vier ‘open homes’ waarna die huis toe verkoop is. Toe begin die werklik groot trek. In twee weke se tyd is die hele huis leeg en reg vir nuwe eienaar. 

Leë huis

My nodige klere is sommer in swart sak gepak, en my houer met kunsgoed is opgelaai en ek betrek Beatrix se slaapkamer. Daar het ek toe sommer dadelik ‘n maag virus en die naweek later toets Beatrix positief vir Covid. Ons almal is toe in afsondering/ ingeperk. Paar dae later is twee ouers ook positief en moes ons langer in kwarantyn bly. Ek is nooit getoets nie. Daar is maar aangeneem dat ek oké is omdat ek nie regtig sleg gevoel het nie. Bietjie krapperige keel aan en af. Niks ernstigs nie. My sewe dae van inperkings is verby en ek mag uitgaan mits ek toets of ek negatief is. Nou ja, daar “strike die pawpaw die fan”; ek toets toe positief. Nog ‘n ekstra week van afsondering. Was eintlik ‘n nagmerrie om so uit my daaglikse ritme en orde te kom in chaos.

Verder word die eenheid waarvan ek die deposito betaal het ook verkoop. Toe kom die trek plaas toe. My kinders en kleinkinders het eers plaas toe getrek. Ek het nog ‘n paar weke in huis aangebly met honde totdat die tuin honddig gemaak is.

Die eerste aand toe ek in my plaas kamer wou slaap het ek mag virus opgetel. Ek ry die aand terug na die ou huis omdat ek naby die badkamer moes wees. Met dit alles het ek nog ‘n week eers aangebly in ou huis. Uiteindelik kon ek toe my goedjies uitpak en my kamer leefbaar maak( dit was nou vier weke gelede)

Ek hou duime vas dat my ritme en orde nou weer kan terugkeer na (my) normaal. In die tussentyd het al die trekkery en drama sy tol begin eis. Al die spanning en veranderinge het my lighoofdig gemaak en my pols het heeltemaal te vinnig geklop. Op hierdie stadium sien ek nou ‘health improvement practitioner’ wat die verpleegster aanbeveel het wat my deeglik ondersoek het. Dis onmootlik om binne drie tot vier weke ‘n dr afspraak te kry, dis hoekom my dr aanbeveel het dat ek verpleegster sien as daar nie ‘n dr beskikbaar is nie. Ek moes aanlyn vir my dr ‘n skrywe rig om hom te verduidelik hoe ek voel. Gelukkig het hy dadelik die middag geantwoord en aanbevelings gemaak.

Dit dan so ‘n klein kykie in my onordelike en ritmelose paar maande. 

Dis wat ek sien as ek in my lazyboy sit en by venster uitkyk in my kamer. Alles nou winter kaal.

Posted

in

, , , , ,

by

Comments

56 reaksies op “Ritme en orde”

  1. Tannie Frannie Avatar

    Ek is so bly oor hierdie skrywe, want nou weet ek darem hoe dit met jou gaan. Gelukkig is jy ‘n verstandige mens, wat weer jou balans sal vind. Die uitsig deur jou venster is pragtig, winter ofte not!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek verlekker my telkens aan my uitsig as ek ‘n paar oomblikke in my stoel vertoef. Hierdie is maar net die ore van die seekoei wat ek beskryf het. Die werklike gaan ek nie hier op skrif stel nie. Nagmerrie se Moses. Amper ingekonk.

      Liked by 1 person

  2. Una Avatar

    Sulke onsekerheid wat gepaard gaan met ñ trek en dan boonop covid! Dit sal menigte van ons omgooi, Ineke. Jy sal jou balans binnekort terugvind, wees sag op jouself. Die jongeres kry hierdie makliker reg so jy het al my simpatie. Mag jou nuwe blyplek vir jou vrede en rustigheid bring.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daardie sagwees op myself is op oomblik steeds onmoontlik. Daar is steeds baie versperrings wat dit onmoontlik maak om myself te laat ontspan en tot rus te kom. Ek gaan vir terapie om myself weer rigting te laat kry. Alleen kan ek nie meer verder nie.

      Liked by 1 person

      1. appeltjie Avatar

        Terapie is die beste wat jy kan doen. Dit het vir my gewerk na covid

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dankie, ek weet dis goed om hulp te kry. Klaar al begin rigting kry na eerste sessie.

          Like

  3. seegogga Avatar

    Trekkery is senutergend en Trompie se leemte kan nie vevul word nie, en dan nog gesondheids issues…. sterkte Scrapy! Ek is bly jy doen iets aan die saak en sien die terapeute. Kom kuier op Rebus!

    Liked by 1 person

    1. Toortsie Avatar

      Ja! Kom kuier op Rebus! Waarvoor is jy lief om te eet? Sê net, dan maak ek dit of anders besrel ek dit sommer iewers vir jou!

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Koekstruif wat nie te soet is nie. Ek gaan binnekort probeer wegkom Rebusfontein toe. Moet eers ‘n paspoort kry want my SA paspoort het verval(wat ook een van my probleme is) Elon se laaste vuurpyl het uitgebrand. Hy is nou eers besig om ander dinge uit te dink. Sal nog plan maak.

        Liked by 1 person

        1. Toortsie Avatar

          Right. Ek sal solank dink oor daardie koekstruif wat nie te soet moet wees nie …

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Mooi man, sien uit daarna.

            Liked by 1 person

        2. appeltjie Avatar

          Ek maak vir jou gesonde sjokolade. Dark chocolate met lemoenskil

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Heelik ek is mal oor dark chocolate.

            Like

      2. seegogga Avatar

        Ek dink hoeka ek moet weer n etw rewl op rebus.

        Liked by 1 person

        1. Toortsie Avatar

          Jaaa! Ek het nou sommer op die internet ‘n keto trifle gaan soek. 😁

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Awesome soos die spul ierso sê.

            Liked by 1 person

        2. Toortsie Avatar

          En dan jan ons solank aan ‘n manier dink om Scrapy vinnig en maklik op Rhebusfontein te kry. Wat van ‘n lugballon? Of ‘n groot voël? Of ‘n duikboot? Dan hoef sy glad nie eers deur doeanes te sukkel nie.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Gaan nog ‘n plan maak.

            Liked by 1 person

            1. Toortsie Avatar

              Ek weet jy gaan.

              Liked by 1 person

            2. Toortsie Avatar

              Al kan jy in iemand se koffer wegkruip wat hiernatoe kom.

              Like

              1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                My plannetjies is amper agtermekaar.

                Liked by 1 person

                1. Toortsie Avatar

                  O en jou planne klink wonderlik!

                  Like

                2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Haha, ek sit nou reg in my bobslee maar die weer is so sleg ek sal sommer verdwaal. Daars ook nie veel daglig hier nie. Gelukkig het ouens hier ‘n plan gemaak om my vinnig na die anderkant toe te “stuur.”

                  Liked by 1 person

                3. Toortsie Avatar

                  Jy gaan ‘n avontuur beleef soos nog nooit tevore nie. Maak vas jou gordel 😁

                  Like

                4. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Daar broei reeds erge probleme op oomblik om die reis voort te sit. Daar is ongewone slegte weer wat hier rond is.

                  Liked by 1 person

                5. Toortsie Avatar

                  Toemaar, die Goue Vroue sal jou deurkry!

                  Like

                6. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dankie, sit nog steeds vas.

                  Liked by 1 person

                7. Toortsie Avatar

                  Seegogga is die eerste wat jou gaan help.

                  Like

                8. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dankie tog uiteindelik kom daar uitkoms.

                  Like

        3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dink ek gaan baie binnekort ‘n draai maak in Rebusfontein en lekker ontspan.

          Like

          1. seegogga Avatar

            Ons sien uit!

            Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hopelik gaan ek kansie kry om Rebus toe te gaan. Ek twyfel egter want dit is weer babysitting hele naweek hoor ek nou eers, sug.

      Like

      1. seegogga Avatar

        Ai tog, Scrapy! Babysitting vir n mens se kleinkinders is lekker- net tot op n punt.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Netso, tot op ‘n punt.

          Like

  4. Aletta - nowathome Avatar

    Liewe Ineke, ek kan net dink dat na al die dinge van die afgelope 6 maande dit beslis nie maklik kan wees nie. Sterkte vir jou ❤ pas jouself op en ek is bly dat jy die terapeute ook sien!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Aletta, iewers moet ek ‘n verandering maak of kry want so kan ek nie meer volhou nie.

      Like

  5. daisyopdiestoep Avatar

    Ai man, sit soveel as jy kan in daardie lazyboy en bekyk daardie bome en bloue lug en hou vas aan die God daarbo in daardie bloue lug. Jy het dit omtrent in triplikaat maal 2 of 3 getref. Dit kan nou net beter gaan. Werk sagkens met jouself en alle sterkte vir ‘n flatervrye probleemlose toekoms.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie dausy maar ek sien nog nie regtig lig in die tonnel nie. Probeer om my soveel as moontlik te onttrek van die bedrywighede. Tog geniet ek met tye die vry wees en net buite wees in die omgewing.

      Liked by 1 person

  6. Dr Christa van Staden Avatar

    Sjoe, dit is ‘n mooi uitsig, sit sommer die hele dag daar om prente in die wolke te sien. Ek wens ek kon dit sien as ek by my venster uitkyk.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, as ek my bietjie oplig in stoel sien ek Ben (perd van iemand wat weiveld huur) ook en met tye gallop hy met volle vaart om sy litte los te maak.

      Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis uit boonste rakke.

          Liked by 1 person

  7. elsabeskryf Avatar

    Bly geplant op daardie lazyboy en wees goed vir jouself. Met al die holderstebolder goete en ‘n lyf wat voos is… kan ek glo jou gees het ook cuddling nodig. Hoop alles val weer gou in ritme, tot dan… geniet jou lazyboy vir die lazygirl.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die lazyboy wat bo aan my lysie van wat ek wou hê en ‘n nuwe driekwart bed. Verder bekommer ek my nie oor dinge nie. Ek probeer om weg te bly van alles maar die werk nie so nie. Hopelik gaan dit een of ander tyd rustiger gaan.

      Liked by 1 person

  8. Toortsie Avatar

    Liefste Scrapy. Ek is so jammer oor al die wanorde wat sommer so ongevraagd in jou lewe gekom het. Ek hoop die ou siektes los jou sommer gou en dat jy weer jou ou self sal wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Toorts, gaan maar swaar. Ek wen myself te veel op omdat ek maar ou is wat wil weet hoe dinge werk en wat van my verwag word.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ek verstaan. Die onsekerheid vang jou ‘n bietjie?

        Like

  9. Kameel Avatar

    Ai Ineke ‘n stywe drukkie vir jou daar in die poskaart. ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Kameel, het dit so nodig. Drukkie vir jou ook daar in jou voëlhok.

      Liked by 1 person

  10. HesterLeyNel Avatar

    Sjoe Scrapy, so ‘n omwenteling kan ‘n mens laat voel dat jy heeltemal beheer oor jou eie lewe verloor. Jy sal moet sterk staan en jou eie lewe uitgrawe in die nuwe omgewing – dis lekker om kinders en kleinkinders rondom jou te hê, maar dis noodsaaklik om ook jou eie privaatheid en roetine te hê. Sterkte met alles en ek hoop jy voel gou beter.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Hester, omdat ek afhanklik van badkamer is maak dit met tye omstandighede baie ongemaklik.

      Liked by 1 person

  11. Positief Avatar

    En nog ‘n drukkie hier van my kant af, al die mense se raad is goed maar tot mens self dit begin doen help dit niks. Ek lees by iemand van daai swart hond en ek dink ons het dit almal so nou en dan. Moeilik om die vreksel te herken en dan nog moeiliker om van hom ontslae te raak. Sterkte

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Positief, daardie brak steek gereeld sy kop uit en dan moker ek hom weer terug in sy hok in.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.