Opwindend: lewensverhale en gebeurtenisse.

  • Maandag=Wasdag no 20: Eerste vir 2020. Eerste indruk/ke.

    Eerste indruk/ke Weer op die plaas. ‘n Ander een hierdie keer so daar is heelwat nuwe indrukke wat ek beleef. Kom ek op die plaas Donderdagmiddag. Ek pak uit en kyk na buite. Die huis het baie vensters wat uitkyk op die vallei. Dis heerlik rustig. Vroeg die volgende oggend gaan ek kombuis toe. Wat…

  • Maandag=Wasdag no 19 van 2019: Sintuie

    Dis weer Maandag en dit gaan die laaste Wasdag vir die jaar wees. Ek gaan vir tien dae weer plaas toe. Hierdie keer gaan dit beslis nie ‘n gejaag van skape wees nie want die plaas se kampe is behoorlik afgekamp. Daar is wel ‘n koei wat die eienaar nie vertrou nie, so, ek bly…

  • Maandag=Wasdag: No 18: Briewe

    Dis weer wasdag. Dis weer tyd vir lekker skryf. Almal wat lief is vir Afrikaans kan kom sit en saam skryf. Gaan lees gerus wat die volgende ouens geskryf het oor “Omgewing” https://kameel179438031.wordpress.com/2019/12/10/kameel-omgewing-en- My se asems en omtes AS jy geskryf het kan jy asseblief jou skakel in my kommentaar plak? Ander lesers sal ook…

  • Aandagafleibare kind. Eie ondervinding

    Na aanleiding van Toortsie se inskrywing oor ADHD , voel ek om te vertel oor die ondervinding wat ek hierdie week opgedoen het met ‘n seuntjie, wat ek J noem. Vooraf inligting: Hierdie kind is ‘n riller. As ‘n mens nie ‘n bietjie van omstandighede weet nie kan ‘n mens glo dat hy regtig die…

  • Maandag=Wasdag: no 17 Omgewing: Mense

    Hierdie week gesels ons oor ons eie omgewing. Die omgewing en sy mense waarmee ons te doen kry. Almal is welkom om saam te skryf. Ons skryf in Afrikaans. Ons is trots op ons taal en wil die taal laat voortleef. Hoe kan die taal voortleef? Skryf mense, skryf. As jy geskryf het kan jy…

  • Maandag=Wasdag: LOOP

    My nuwe laptop het gister al “gecrash”. Vandag het hy halfpad gewerk en toe weer “gecrash” volgens aanwysings. Ons het egter erge wind en weer gehad wat die internet met rukke uitgeruk het. Gelukkig werk my ou skootrekenaar toe nog. Hy is egter so stadig dat ek omtrent n halfuur moes wag voordat hy my…

  • Belangrikheid van neerpen (journaling)

    Ek het in Mei saam met HesterleyNel een-en-dertig dae, aantekeninge in ‘n dagboek gemaak. Om ‘n dagboek aan te hou help om ‘n skryfritme aan te leer, asook om jou gedagtes te ontleed en uit te sorteer. Drie redes hoekom neerpen(journaling) en ‘n dagboek so belangrik is. Eerste Rede:  Neerpen dien as ‘n vingerwysing  om…

  • Maandag=Wasdag: no 16; LOOP

    Goeie dag al die wasdag mense! Ek het ‘n stuk geskryf oor LOOP wat ek nêrens kan opspoor op die oomblik nie. LOOP kan as werklike menslike loop gebruik. as die loop van ‘n geweer as die loop van ‘n rivier as die loop van die lewe gebruik word. Hierdie week skryf iets waarin jy…

  • Kersfees musiekkonsert

    My vriendin het my so drie weke terug genooi om saam te gaan na n ons eie ‘Hutt Valley Orchestra’. Vandag was toe die dag van die konsert. ‘n Ander vriendin en haar man laai ons op by my vriendin se huis. Ons gaan Petone toe vir middagete, wat heerlik was.  Die konsert is in…

  • Ongeluk oppad skooltoe

    Vir n paar oomblikke sit ek doodstil in my motor na ek by die skool geparkeer het. Ek begin bewe van ontsteltenis. ‘n Paar snikke ontsnap oor my lippe. Ek klim uit en stap kantoor toe om in te teken. Ek kan die snikke nie keer nie. Sandra die sekretaresse kom bekommerd nader. Met rukke …

Got any book recommendations?