Kategorie: Mense

  • Pyne en skete. Dokter besoek. Bietjie kuns.

    Eers die kuns. Die volgende is wat ek vanoggend klaar geverf het. Dit neem my so twee tot drie dae om klaar te maak omdat dit droog word tyd tussenin nodig het. Ek het ook twee uitdagings waarmee ek besig is. Die eerste het 1 Februarie begin en eindig 28 Februarie. Die uitdaging is om…

  • Asemtoetse

    2024/11/25 Die afgelope twee jaar gaan haal ek elke Maandag oggend my klaargemaakte maaltye by EAT https://eat.co.nz/ EAT is in Lower Hutt, ‘n 25 minute(23.3km)  se ry van Mangaroa waar ek bly. Die besigheid lewer nie af by landelike plekke nie. Ek gaan haal dus die maaltye by hul hoofkantoor/kombuis wat in Lower Hutt is. …

  • Verneukspul(scam)

    Wil jy nou meer, ek het meer as ‘n maand laas geskryf. Die lewe hier op die plaas lewer so baie op dat daar skaars tyd is om asem te haal. Ook natuurlik nooit dieselfde ding of avontuur nie. Ek het my verkneukel aan die vertaling van die woord ‘scam’. Verneukspul.(presies wat die woord sê)…

  • Oompie en die Gym

    Oompie Doompie ‘n Gedagte het die afgelope tyd in my gedagtes bly draai. Wat gaan ek doen om my liggaam in rat te kry om gesonde bewegings en oefeninge te doen? Ek probeer om gereeld te loop. Die weer speel egter nie altyd saam nie. Om in die reën te stap is nou nie juis…

  • Daisy die koei

    Daisy is ‘n soort van Jersey koei wat langs ons bly. Die varkhok, inrypad en huis van bure is tussen ons plek en Daisy se kraamkamp. Sy het sommer skielik eendag daar opgedaag. Die buurman of eienaar van Daisy het nie besef sy is met kalf nie.  Dit daar gelaat. Na so twee maande van…

  • Featherston: Inkopies en Winkels

    Inkopies en winkels Ongemaklike gevoel by winkel. Ek het Woensdag?kan Dinsdag ook wees, gou gaan inkopies doen. Eerste keer wat ek na supermark gegaan het was laat Vrydag middag na ek ingeboek het by motel. Ek het teen ‘n heining geparkeer want al die ander plekke was vol. Hierdie keer was daar min mense want…

  • Hoe dit gekom het dat… 3 grondverskuiwing

    Grondverskuiwing(slip) Die natuur is wonderlik. Op die oomblik kry ons soveel reën  hierdie Desember dat die riviere uit hul nate bars. Die rivierbeddings word gedurig skoongemaak van klippe, stompe en opdrifsels. Ons het selfs ‘n jaar se reën in een dag gekry. Ongelooflik, die Huttrivier oorstroom toe so erg dat van die motors wat in…

  • Sommer net: Kommunikasie

    Na aanleiding van Hester se skrywe HesterLeyNel on 2021-11-14 Ek moet bieg – ek is ‘n baie stil op my eie mens, met klem op stil. Hoe het dit gekom dat ek nie my mond kan oopmaak nie? My laerskool jare was heerlike onbevange jare. ‘n Vierman plaasskool en ons was soos een groot familie. Ek het…

  • Week 3 en 4 oor bang wees

    Week drie: Eers moet jy ‘n ondervinding neerskryf waar jy in die derde persoon praat. Die tweede opdrag het ek nie gedoen nie want om gesegdes wat in my familie- kring gebruik is is in Afrikaans of Hollands. Om dit in Engels te vertaal is nie die moeite werd nie want dit kan nie in…

  • Maandag=Wasdag 19: Hardkoppig

    Hardkoppig/koppig/eie wys? Ek het so ses jaar gelede ‘n vrou ontmoet waarmee ek baie goeie vriende geword het met verloop van tyd. Sy is enig in haar soort. Ons het al heelwat sakke sout saam opgeëet. My eerste kennismaking met haar was by die skryfsessies in ons plaaslike biblioteek. Sy het my ook oorgehaal om…