Kategorie: honde

  • Uit my Dagboek: Vreugde en verdriet

    Vreugde en verdriet Ek hoef nie my verbeelding of diere kapperjolle in die diertuin te gebruik om myself te vermaak nie. Trompie, my mini Schnauzer, kon so snaaks wees dat ek net my kop kon skud en lê soos ek lag. Hy was so vermaaklik van aard. Gladnie nodig om eers te dink wat om…

  • Bruce en Lucky.

    Whose the leader? Bruce ‘n Muscovy duck/ eend. Lucky ‘n Langbeen, tropjaer. As Bruce sy kuif so regop lig en blasend nader kom moet jy maar versigtig wees vir hom. Hy knyp wat hy ook al in die hande kry!

  • Naweek: hoenderstorie

    01/02/2026 Dis Saterdag oggend. Die hoenders loop rond om my kamer met ‘n: kêkê-kêkê-kêkê, die een haan kraai: koekelekoe by my oop deur. Hul is oppad huistoe om die oubaas of ounooi te roep vir ontbyt. Saterdagoggende is dit die oubaas van die plaas se beurt om te kom voer. Hy is een van die…

  • Drama op die plaas

    Dis vroeg Woensdagoggend. Mistig en nog skemer. Heel spookagtig. Moooooo, klink dit deur die mis. Nog ‘n ander antwoord met ‘n hoër toonhoogte van Mooooo. Dan kom die bul se diep uitgerekte mooo dat die berge antwoord gee. Het gehelp om kinders reg te kry vir skool. Pappa het Amelia weggevat. Ek en Beatrix het…

  • Hoe dit gekom het dat… Plaasopwinding

    Hoenders en beeste. Hie-ha, cowboys hier kom ons. Na die Paasnaweek se trekkery het ek gou oor gery om te gaan kyk hoe dit met die familie op die plaas gaan. Die trekkery was senutergend gewees. Eers is die groot masjiene waarmee my seun sy elektroniese bordjies gemaak en gebak het opgelaai. Hy het vir…

  • Hoe dit gekom het dat… bekommerd oor Trompie.

    Ek het werklik meer as twee maande laas geskryf. Daar was net nie tyd en ek het ook nie behoefte gehad om te skryf nie. My laaste voorbereiding van skryfwerk het gegaan oor Trompie. Ek het die 28 Desember 2021 begin skryf. Terug gewerk na waar Trompie versleg en wou dit nie deel nie want…

  • Woordwarrel: Alliterasie assonansie

    #WOORDWARREL, AFRIKAANS In die gees van die feesgety, warrel ‘n vrolike storie met ‘n warrelknoop. Die volgende moet alles ingesluit word in jou vrolike verhaal: Gunsteling dier Gunsteling blom of boom of natuurverskynsel (klippe, grasse, patrone) Gunsteling plek in die natuur (berg, rivier, see, vlaktes….) Gunsteling kleur Laastens, span alliterasie en assonansie in Mik vir 600 woorde of meer. Niks minder.…

  • Hoe dit gekom het dat…2: Bobbie mini Schnauzers

    Bobbie My tweede mini Schnauzer was Bobbie. Hy was ‘n macho mannetjie. Altyd vol bravade. Sy persoonlike opleier, of voorbeeld was ‘n langbeen boerboel genaamd Boesman. Boesman was altyd voorop as dit kom by rondloop. Bobbie, gladnie links nie het natuurlik ook baie kere die voortou geneem. Die twee het elke oggend of selfs laataand…

  • Hoe dit gekom het dat 1: Mini Schnauzers my betower het.

    Hoe het dit gekom dat ek verlief geraak het op mini Schnauzers? Almal weet dat ek ‘n diere mens is. Plante is nie my lyn van belangstelling nie. Aan die einde van die 1960 tiger jare het ek Alaskan Malamute geskou en geteel. Dis natuurlik ‘n storie vir ‘n ander keer.  Met die skouery van…

  • Angstigheid.

    Vandag 9/9/2021 geskryf en gebeur. Die lewe het drie weke terug radikaal verander. Die hele New Zealand is in ‘lock down’ in vlak vier geplaas weens een persoon wat buite in die gemeenskap in Auckland positief getoets is vir Delta virus. Ons was in twee weke van tuisbly. Geen kontak met mekaar. Daar word tuis…