Kategorie: Bea

  • Liewe Kleinkinders

    Vanoggend het ek beter gevoel as gister. Stella, gee honde net na ses kos. Sy ry hierdie keer net na sewe. Dis reënerig. Toe ek teen kwart voor agt  huis ingaan is Bertus besig om uit te suig. Ek het gaan stort en hy is werk toe.  Kinders is reg om skooltoe te gaan. Hul…

  • Twee heerlike dae saam 30/01/2025

    Parkinson D skop weer hard die afgelope week. My gedagtes het weer oortyd gewerk van voor die naweek af(dis nou Donderdag oggend). 4 Februarie, 10 uur,  het ek weer na ses maande ‘n afspraak met my spesialis by die hospitaal. Ek skryf al die dinge oor hoe ek voel en ondervind neer om terugvoer te…

  • Shop until you drop. 22/01/2025.

    Sjoe, mensig dit was ‘n warm dag Woensdag. Omdat dit droog is brand die son alles asvaal. Veral in die middag as die son op sy naaste aan ons is, is die son op sy hetigste.  Volgens die reëling het ek voorberei dat Beatrix na ‘n kuns dag gaan. Gelukkig vra ek Dinsdagaand of dit…

  • Melkskommels 14/01/2025

    Dis vakansietyd. Die skole, hier in New Zealand, het 17 Desember 2024 amptelik gesluit.  Dinsdag 14 Januarie werk Pappa en Mamma albei uithuisig. Ouma is gereed om Beatrix vir die dag op te pas. Sy gaan huis in om te kyk of Pappa en Amelia reg is om kleuterskool toe te gaan. Al drie, Pappa,…

  • Dannie die draak

    Dannie Draak Dannie die draak dans, Dartel, dobber, dribbel Da die doem doem === Donderdae dra Dannie dassies Duidelik dink Dannie draak Drome draai deur deure === Dannie Draak dans daagliks. Da die doem doem Dannie is ‘n ligblou gehekelde opgestopte draak. Op haar bors is ‘n rooi gehekelde hart en ook ‘n paar rooi…

  • Plaasstorie: Sondag namiddag

    Wat ‘n Sondagmiddag was dit nie?! Hierdie jaar het ek nie ingeskryf vir NaNoWriMo, wat ek al vier jaar na mekaar geskryf het nie want ek het ‘n heel ander leefstyl wat ek op die oomblik moet verwerk. Ek het wel ‘n week gelede klaar gemaak met ‘n intensiewe ses weke van skryf. Intensief, omdat…

  • Ouma en Beatrix gaan ‘petshop’toe.

    Dis Vrydagoggend. Laaste dag van die Oktober vakansie. Ouma wil ‘n omheining gaan koop om die hoenders en lammers weg te hou van haar paar plantjies wat buite in haar potte probeer om te oorleef. Met die koue sukkel die plante om te groei en tot blom te kom. Kom daar wel blomme het eers…

  • ‘n Middag in Beatrix se lewe.

    Maandagmiddag was daar ‘n tydjie dat dit nie gereën het nie. Ouma probeer elke middag om so vier uur se kant in te gaan, in die hoof huis, om Beatrix uit te nooi om buite toe te gaan vir bietjie vars lug. Dit is ons oefen tyd volgens Bea. Sy organiseer haar Ouma sodat daar…

  • Hoe dit gekom het dat… Plaasopwinding

    Hoenders en beeste. Hie-ha, cowboys hier kom ons. Na die Paasnaweek se trekkery het ek gou oor gery om te gaan kyk hoe dit met die familie op die plaas gaan. Die trekkery was senutergend gewees. Eers is die groot masjiene waarmee my seun sy elektroniese bordjies gemaak en gebak het opgelaai. Hy het vir…

  • Hoe dit gekom het…Positiewe toets

      Liewe Covid Amper twee weke terug, Dinsdagoggend nadat ek klaar aangetrek was, en reg was om Beatrix skool toe te vat, tref ‘n onverwagse aankondiging my vol tussen die oë. Bea toets positief vir Covid en ons, as naaste kontak, moet vir tien dae afsonder. Goed en wel, dis ‘n hele omwenteling vir almal.…