Kategorie: Afrikaans
-
Maandag=Wasdag 27: Kamer
Welkom by nog n Maandag. Almal wat Afrikaans skryf kan kom saam skryf en deel in my wasgoedmandjie. Al die wasgoed is gesorteer vir die week. As jy so voel kan jy na my webtuiste n pieng-terug stuur of sommer net jou pos se skakel in my kommentaar plak sodat ander ook kan lees wat…
-
Maandag=Wasdag no 26: Skoene
Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder. Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker. Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan…
-
Maandag=Wasdag no 25: ALFABET
Alfabet Die alfabet het 26 letters. Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom. Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om…
-
Kouse, kouse,kouse
Crista: https://christavanstaden.com/2020/07/09/sykouse-in-qazaqstan/ skryf oor sykouse wat sy moes dra toe sy skoolgehou het vroeër jare. Hester: https://www.hesterleynel.co.za/2020/07/12/sykouse-tights-pantyhose-skinny-jeans-leggings-en-jeggings/ skryf ‘n hele interessante blog oor sykouse, broekiekouse en vandag se jeggings Ek kan die volgende byvoeg: Terwyl ek op kollege was het ons steeds sykouse gedra met skoene. Veral ook in die winter en as ons gaan…
-
Kinderprenteleesboek
Ek het vir 21 dae ‘n heerlike kursus gedoen om ‘n kinderstorie te skryf. Dit was ‘n nuwe ondervinding vir my. Ek het baie geleer. Dis vir kleintjies 3-5 jaar wat nog nie baie lank kan luister of aandag gee nie. Die illustrasies gaan natuurlik ook ‘n groot rol speel. Die storie is in Engels.…
-
‘n Tyd om te besin Mei 2020
‘n Tyd om te besin 15 Mei 2020 Prediker 3:1-11 Prediker 3:1-11 ABA Daar is ‘n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd. Daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om plante uit…
-
Dag 10 in my omgewing met ons Lock Down 03/2020
1 April. Dag 10 My plan was om ‘n ernstige stuk te skryf oor hoe my dag verloop maar het daarteen besluit. Ek gaan sommer los en vas skryf oor dinge wat gebeur waar ek hier in afsondering sit. Eerste is dankbaarheid dat ek nog gesond is en elke oggend kan gaan stap. Nie slenter…
-
Ek glo daar is…. Maart 2020
Ek glo daar is… Maak nie saak wat of in wie jy glo nie daar is beslis iets wat krag het om te beskerm en te help. Ek is ‘n Christen en glo dat God in beheer is en sal voorsien. Dit maak nie saak waaraan of waarin jy glo nie daar is beslis ‘n…
-
Griekeland in krisis 1974
Die groep van 120 is verkeerd ons was net 72 waarvan ons 36 in Griekeland. Terugblik op 1974 Ek besef hierdie “Lock Down” in Maart 2020 en Corona virus is baie ernstiger as die posisie waarin ek in 1974 beland het met die sluiting van Griekeland se grense. Tog het dit ‘n blywende indruk gemaak.…
-
Maandag=Wasdag no 24: Sport/s
Hierdie wasdag het so vinnig gekom dat ek skaars tyd het om my draaie behoorlik te loop. Die wind waai asof hy daarvoor betaal word. Dis kurk droog en daar is geen vooruitsig vir reën nie. Ek het weer die nuwe skooljaar aangepak en alles is weer volstoom aan die gang. Hierdie week se skrywe…