‘n Tyd om te besin 15 Mei 2020
Prediker 3:1-11
Prediker 3:1-11 ABA
Daar is ‘n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd.
ABA: Bybel vir almal
Ek het Toortsie nou al van Woensdag 13 Mei af in spanning laat wag oor iets goeds en opwindends wat met my gebeur het of eintlik iets wat besig is om te gebeur.
Na agt weke van eensame inperking het ek besluit om ‘n streep onder my jare lange bemoeienis met leerders te trek. Ek is voluit vanaf 1968 besig om kinders op te voed. Dis nou darem lank genoeg.
Die uitbreek van die pandemie het my laat besef dat dit tyd is om te laat los.
Ek het Woensdag, 13 Mei my hoof gaan spreek om te hoor hoe dinge gaan wees as die skool Maandag 18 Mei weer begin. Daar is net nie ‘n manier dat die omstandighede veilig is om myself in n posisie te plaas om siek te word nie. Ek het my bedanking ingegee.
EK IS NOU ‘n AFGETREDENE. Dis waaroor al my opwinding gaan.
Nou gaan ek alles wat ek geplant het deur die jare oes, dit oopsluit en die versameling van ondervindings uitsorteer en neerskryf. Ek het die afgelope tien jaar hier in NZ al baie geskryf maar hierdie gaan nou ‘n invul of aanvul van inligting wees wat orals in dagboeke en lêers gebêre is. Reg om te gebruik.
Ek kan van nou af:
Skryf wanneer, en hoe lank ek wil.
Masjienwerk doen wat vir ‘n paar jaar opgedroog het.
Brei en hekel.
Aandag aan fotografie gee.
Sommer gaan stap wanneer ek so voel.
Na hartelus sit en lees of blokraaisels invul.
Bak en brou soos my behoefte kom.
En nog vele meer waarby ek nooit gekom het nie.
Dankie COVID-19 dat jy hier ingetrek het om die mensdom weer perspektief en waardering vir die lewe te gee, wat te kosbaar is om te versmaai.
Sterkte aan almal wat wroeg en bekommer, dit sal weer beter gaan.
Jy het die opsluitings tydperk gebruik om ooder andere te besin, Ineke, en dit werp vrugte af. Ek self het nog nie tot op daardie vlak gevorder nie, maar noudat my kinders terug is, wil ek ook stilraak en dink. Besin. Geniet jou nuwe losgemaakte-vryheid, dit kan heerlik wees.
LikeLike
Ja wat Una, mens gaan maar voort in n rigting sonder om werklik stil te staan om dinge teen mekaar op te weeg. Daar is tog maar n doel met alles al verstaan mense dit nie op daardie/hierdie stadium nie.
LikeLike
Inderdaad.
LikeLiked by 1 person
You go girl! Dis goed dat jy die afsonderingstydperk gebruik en tot ‘n positiewe besluit gekom het.
LikeLike
Dankie jong. Dit gaan n aanpassing wees om nie voort te jaag na volgende plek nie. Vandag is eerste dag vir terug skooltoe gaan vir kinders. Gaan nie eers daaraan dink nie!
LikeLiked by 1 person